MREADZ.COM - много разных книг на любой вкус

Скачивание или чтение онлайн электронных книг.

Whatever, Mom

Dr Linda Friedland

Could the horror stories about teenagers really be true? Is there a right way and a wrong way of raising a teen?
As parents we want to raise our children well. We want to keep them safe, and at the same time equip them for life. This book is a practical guide from a doctor and mother of five, with sound advice on issues that have parents of teenagers tearing their hair out, including:
How to communicate with your child Alcohol and drugs Spoilt children Teenagers and sex Rudeness and bad manners Poor marks at school Eating disorders Pornography Cell phones and the internet

Ag, Ma, whatever!

Dr. Linda Friedland

Is die bangmaakstories oor jou kind se tienerjare waar? Is daar 'n regte en verkeerde manier om 'n tiener groot te maak?
As ouers wil ons ons goed van ons taak kwyt. Ons wil ons kind veilig hou, maar ook toerus vir die lewe. Hierdie boek is 'n praktiese gids van 'n dokter en ma van vyf, vol nuttige inligting oor kwessies waaroor baie ouers kopkrap, soos:
Hoe jy met jou kind kommunikeer Alkohol en dwelms Bedorwe brokkies Tieners en seks Slegte maniere en ongeskiktheid Swak prestasie op skool Eetversteurings Pornografie en die internet

Kosblik

Группа авторов

Kosblik is ’n heerlike boek wat gemik is op sowel die leser van ernstige Afrikaanse literatuur as die liefhebber van stories oor kos en wyn, en dit sluit smulpape en gastronome in. Die bydraers is Wilna Adriaanse, Christine Barkhuizen le Roux, Zandra Bezuidenhout, M.C. Botha, Kerneels Breytenbach, Willemien Brummer, Izak de Vries, EKM Dido, Isobel Dixon, Rachelle Greeff, Helena Gunter, Joan Hambidge, Marie Heese, Nicole Jaekel Strauss (ook die samesteller), Louis Jansen van Vuuren, Emile Joubert, Irma Joubert, Maureen Joubert, Pearlie Joubert, Murray La Vita, Melvyn Minnaar, Reinet Nagtegaal, Johan Nel, Willem Pretorius, Johannes Prins, Gerrit Rautenbach, Martie Retief Meiring, Leon Rousseau en Marie-Louise Rousseau, Gerard Scholtz, Francois Smith, Marlene van der Westhuizen, Marlene van Niekerk, Nanette van Rooyen en Dine van Zyl.

Maar Tintin in Tibet

Annelie Ferreira

Dit net heeltemal way out buite die kwessie dat jou dominee-pa by jou flat opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat ’n messias daar gesien is. Of liewer, normaalweg is dit. Maar as jy pas met jou Golfie agter in ’n karretjie van die Jack and Jill Driving School vasgery het en jou girlfriend kom daarna met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe kan gaan nie . . . dan, ja . . . Dan klim jy maar in jou pa se ou Merc in; luister maar na Radio Kansel en sy gemoun oor wat alles fout is met die land en wag maar geduldig dat die selfoon in jou sak vibreer met ’n SMS van jou girlfriend. Die ding is net dat jy dan ook agterkom dat dinge baie vinnig baie ingewikkeld kan raak. Jy kom byvoorbeeld agter jou pa het ’n pistool in die cubbyhole, dat jou doodgoeie ma – predikantsvrou! – uithang met ’n vrou wat nie bra dra nie, jou girlfriend vir ’n ruk net wil wegkom van alles, veral van jou, en dat die messias waarna jy en jou pa op pad is – wag hiervoor! – ’n swart seun is. Hop op. Die trip op die N1 van Stellenbosch na Beaufort-Wes was nog nooit so weird and wonderful soos dié een saam met Annelie Ferreira nie. Dit is soos om van die betaalfoon van ’n B&B op Laingsburg in die donker in te bel en . . . by jouself uit te kom. En in die middel van nêrens, kom jy agter, sien jy óf jou gat, óf ’n wonderwerk.

Elke dogter het 'n ma

Madeleine Volschenk

’n Plesierige, meesleurende debuutroman oor ’n eksentrieke familie. Dit boei die leser van bladsy een met die besluit van die jong hoofkarakter, Bibi, om haar verlowing te breek, haar lang hare af te sny en Europa toe te verkas – met die seën van haar enkelma Frieda. Die tempo is energiek, die karakters interessant en geloofwaardig. Bibi soek haar familie in Italië en Nederland op, vind nuwe belangstellings en insigte, kom uiteindelik ’n bietjie ouer en wyser terug Suid-Afrika toe. Tussen familiefeeste en konfrontasies deur maak sy vrede met baie dinge. Te midde van die leesbare en ligte aanslag skuil die versoenende, positiewe gedagte van die saamkom van familielede uit ’n klein diaspora. “’n Kleurryke familiesage wat moeilik is om neer te sit!” – Margot Luyt

Klara

Mariel le Roux

Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die Witlokasie moes gaan woon, toe was alles verby. Boplaas het hulle afgeskud. Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom – Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met ’n halwe Duitser te trou en landuit te vlug – maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry. Eers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede. En ná hoeveel jaar ook los van Hannes aan wie haar hart verbind geraak het soos ’n lusernland aan ’n leivoor. Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat Klara agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense. Klara is ’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Onheilig snaaks maar ook hartverskeurend. Dis nie aldag dat ’n mens jou só kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie.

Nuwe stemme 5

Группа авторов

Die Nuwe stemme-reeks is ’n visoenêre projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters. Dink maar aan die sukses wat debutante soos Danie Marais, Ronelda Kamfer en Loftus Marais gehad het nadat hulle aanvanklik in Nuwe stemme gedebuteer het. Daarby het ook bekroonde joernaliste Erns Grundling en Toast Coetzer sowel as die dramaturg, Tertius Kapp, en die musikant Hunter Kennedy in hierdie reeks hul kniebuiging gemaak. Vanjaar is daar opnuut bekende én opwindende name waaronder Desmond Painter, Fanie Viljoen en Pieter Odendaal. Die samestellers vir Nuwe stemme 5 is Heilna du Plooy en Loftus Marais.

Nie van hoorsê nie, Here

Frits Gaum

Waar die dood gewoontlik vir ons iets is wat ons ten alle koste probeer vermy, word dit vir die skrywer ’n baie groot werklikheid wanneer hy deur sy dokter meegedeel word dat hy ’n siekte het wat sy lewe kan kos. Skielik word al die klein dingetjies wat jy jou altyd oor bekommer baie klein. En met dit kom ’n hele lot vrae en vertwyfelinge. Waarom word ons siek? Is dit omdat ons sondaars is en God ons so wil straf? Is dit miskien makliker vir ’n gelowige as vir ’n ongelowige om met die dood gekonfronteer te word? Waarom gryp God nie in as ons om hulp smeek nie? Aan die hand van die Bybelverhale van mense soos Job, Elia, Johannes en Jesus, asook ervarings met mense wat hy persoonlik ken, beredineer Frits sy lot. Hy kom dan tot die besef dat, hoewel hy ook wanhopig kan wees en hy maar mag huil, dit nie tevergeefs sal wees om groot dinge van God te verwag nie. In hierdie boek vertel Frits hoe die nuus van sy siekte hom en sy naastes geraak het. Van sy worsteling om tot berusting te kom. Hy skryf ook oor die Christen se benadering tot die dood, en oor die nuwe insigte wat hierdie tyd hom in die Woord van God gegee het. Hierdie is ’n nuwe uitgawe (met ’n nawoord) van hierdie boek wat in 1975 verskyn het.

Die Kerk

Mark Dever

Daar heers vandag groeiende verskille in kerke se verkondiging van wat kerklewe behoort te wees, die grondbeginsels van die Christelike geloof en die wyses waarop God aanbid moet word. Te midde van verdere antagonisme jeens die kerk, mag die gelowige miskien begin wonder wat die kerk se rol nou eintlik is? Hoe leef ons in ’n gemeenskap van gelowiges waar die Woord van God sigbaar in ons lewens is? Volgens Mark Dever behoort ons ons tot die Woord van God te beroep om ons te lei in hierdie vrae. Hoe beter ons God verstaan, hoe beter is ons raamwerk vir kerklewe, geloof en aanbidding. Die kerk speel ’n essensiële rol in God se planne. Dit is die waarneembare gedeelte van Christelike teologie. Christelike lewe kan net gerealiseer word in ons verhoudings met ander. Die eenheid waarin Christene tot mekaar leef verteenwoordig die lewe van ’n nuwe samelewing: een van liefde en vrede tussen mense. God roep mense om sy take op aarde te verrig en Hom op aarde te verteenwoordig. Mark Dever verduidelik in Die kerk dat die kerk ’n eenheid kan wees wanneer gelowiges verenig is in God se waarheid wat in die Bybel gevind kan word.

Ontmoetings met die lewende God

Coenie Burger

Van die aangrypendste Bybelverhale gaan oor die roeping van mense, en hoe hulle daarop reageer. Wie sy/haar roeping wil hoor en dit voor die Here wil leef, besef: ’n Bewustheid van die Here se teenwoordigheid en werk maak al die verskil. Dit maak van ’n opdrag ’n genadevoorreg en ’n geleentheid.