Название | Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal |
---|---|
Автор произведения | Henk Viljoen |
Жанр | Учебная литература |
Серия | Piekfyn Afrikaans |
Издательство | Учебная литература |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9781770029354 |
Totaal: 15 punte
Formele assessering: Jou onderwyser kan jou antwoorde formeel assesseer vir Taak 1 in kwartaal 1.
Vertel die berig oor
Gebruik nou jou notas en antwoorde en vertel die berig in jou eie woorde oor.
In hierdie aktiwiteit gaan jy
’n drama lees
vrae oor die drama beantwoord
taalkennis toepas en hersien.
Prelees: Kyk na die illustrasie en die titel van die kort drama op die volgende bladsy.
Gesels met jou maat oor die volgende vrae.
Beskryf wat jy in die illustrasie sien.
Watter werk dink jy doen die man met die hoed op?
Tydens lees: ’n Drama verskil van ’n storie. Lees die kenmerke van ’n drama in Pitkos.
Drama
’n Drama word gelees en op die verhoog opgevoer.
Die gehoor moet uit die karakter se optrede op die verhoog agterkom watter tipe persoon dit is. Byvoorbeeld: kwaai, eensaam, aggressief.
’n Drama bestaan slegs uit dialoog (die karakters se woorde).
’n Mens moet goed luister en kyk wat die karakters sê en doen, want daar is geen verduideliking op die verhoog nie.
Die geskrewe teks van ’n drama bevat die karakter wat praat se naam en dan volg die dialoog langsaan.
Dit wat die karakter doen, word in skuinsdruk tussen hakies gegee, omdat die leser moet weet wat op die verhoog gebeur.
Intrige: Die gebeure in die verhaal.
Konflik: Dit waaroor die karakter(s) “baklei” of waaroor die storie gaan.
Agtergrond: Die plek/ruimte/omstandighede waar/waarin die verhaal/drama afspeel.
Tema: Die boodskap wat die verhaal/drama probeer oordra.
Lees die volgende kort drama oor ’n reisiger en ’n bakker.
Bakker se brood
Karakterlys
Reisiger: Ongeveer 25 jaar oud. Baie moeg van die stap. Dra net ’n rugsak (backpack).
Bakker: Ongeveer 35 jaar oud. Lyk baie nors.
Reisiger stap verby ’n bakkery waar hy heerlike, varsgebakte (home-baked) brode ruik. Die bakker is besig om iets op ’n bord buite die bakkery te skryf.
REISIGER: Sjoe, wat ruik so lekker? My maag raas eintlik so honger is ek.
BAKKER: (Sien vir Reisiger en roep vrolik uit.) Heerlike vars gebak te koop! Dit het nou net uit die oond gekom!
REISIGER: Hoeveel kos ’n brood? (Hy haal ’n R5,00 uit sy sak.)
BAKKER: (Sien die geleentheid om geld te maak.) Tien rand, Meneer.
REISIGER: (Laat sak sy kop.) Jammer, ek het net vyf rand. Gee my dan ’n halwe brood.
BAKKER: (Omgekrap) Ek verkoop nie halwe brode nie.
REISIGER: Dit is jammer.
BAKKER: (Baie verbaas) Wat bedoel jy?
REISIGER: (Baie sarkasties) Ek sal dan maar voor jou winkel staan en my vyf rand in die straat gooi. Ek sal die heerlike brood ruik en steeds honger wees. Jy sal net die vyf rand se klank hoor. En geen geld in jou sak hê nie.
BAKKER: Wat bedoel jy?
REISIGER: (Draai om, gooi sy geld in straat en ruik die brood.)
BAKKER: (Kyk hom verbaas aan en besef skielik hy het tog besigheid verloor.)
(Henry October. Ongepubliseer)
Postlees: Beantwoord die volgende vrae oor die drama.
1. Wat dink jy is dit wat Reisiger geruik het?
2. Wie is die karakters?
3. Waar speel die verhaal af?
4. Waaroor gaan die drama? (Watter les kan uit die drama geleer word?)
5. Watter soort werk doen ’n bakker?
6. Kies die regte antwoord: In spreekbeurt 1 “raas” Reisiger se maag; dit beteken . . .
a. dat sy maag baie kwaad is.
b. dat Reisiger baie honger is.
c. dat dit eintlik ’n hond is wat raas.
7. Skryf of die volgende waar of onwaar is. Gee ’n rede vir jou antwoord.
Die bakker kan meer geld maak as hy halwe brode ook verkoop.
8. Skryf ’n woord uit die spreekbeurt 2 neer met die teenoorgestelde beteken as “nie lekker nie”.
9. Sê in jou eie woorde wat met die titel van die drama bedoel word.
10. Het jy van die drama gehou? Gee ’n rede vir jou antwoord.
11. Wie se kant sal jy kies: Reisiger of Bakker? Gee ’n rede vir jou antwoord.
12. Watter raad kan jy vir Bakker gee om meer geld te maak?
Taal in konteks
Jy kan ook die Taalgids gebruik vir ekstra voorbeelde.
Woordvorming
Stam/basisvorm
Dit is die deel van ’n woord wat die betekenis aan die woord gee. Byvoorbeeld: gesondheid, tweede, bedelaar, oefening, beïndruk.
Wanneer ’n woorddeel voor die basis/stam gevoeg word, word dit ’n voorvoegsel genoem. Byvoorbeeld: ontken.
Wanneer ’n woorddeel agter aan die basis/stam gevoeg word, word dit ’n agtervoegsel genoem. Byvoorbeeld: kennetjie.
Afleidings
Dit is wanneer nuwe woorde gevorm word deur agtervoegsels en voorvoegsels by een woord of basisvorm te las, byvoorbeeld: bou – bouer, ken – herken, soek – soeker, versoek, besoek.
Samestellings
Wanneer twee basisvorme gebruik word om een woord te vorm, noem ons dit ’n samestelling, byvoorbeeld: hart + seer = hartseer, hospitaal + bed = hospitaalbed.
Soms word ’n verbindingsklank tussen die twee basisvorme gebruik sodat die woord makliker lees/sê.
Samestellende afleiding
Wanneer twee basisvorme en voor- en/of agtervoegsels gebruik word, word dit ’n samestellende afleiding genoem. Byvoorbeeld: tenktrokke; skoolbroeke.
Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.
1. Skryf die regte vorm van die woord tussen hakies.
a. Die brood se reuk laat almal se (maag) grom.
b. Die bakker bak nie klein (brood) nie.
2. Vorm