Kan ek maar aan jou selluliet vat?. André le Roux

Читать онлайн.
Название Kan ek maar aan jou selluliet vat?
Автор произведения André le Roux
Жанр Здоровье
Серия
Издательство Здоровье
Год выпуска 0
isbn 9780624050773



Скачать книгу

in die limbiese stelsel, lê ook jou emosies. Van vrees tot woede tot blydskap en hartseer. En jou geheue. En reuk.

      Binne-in die limbiese stelsel skuil die amigdala, twee kolle, een in elk van die twee hemisfere van jou brein. Die amigdala “sorteer” jou geheue uit en besluit wat jy gaan onthou en wat nie, waar dit in die brein gebêre gaan word sodat jy dit later kan terugroep. Dan neem die hippokampus oor – ook deel van die limbiese stelsel – en voer alles wat jy gaan onthou verder tot in jou langtermyngeheue, waar dit gebêre word totdat jy dit weer nodig kry.

      Die amigdala bewaar ook jou sagte eienskappe, soos liefdevolheid en omgee vir mense, jou vriendskappe. Dit bepaal dus sosiale gedrag, ook seksueel.

      In die amigdala lê ook vrees en kwaad word. Dit sê: Pasop, wees bang, daar’s gevaar! Dis wanneer jou veg-of-vlug-instink op aandag spring, jy raak kwaad om te kan baklei.

      Dit lyk of die brein homself balanseer met teenoorgesteldes wat op presies dieselfde plek gebeur: liefde/haat, plesier/pyn, vriendelikheid/woede, selfs humor/woede. Wat nie ’n goeie gedagte is nie, want dit sou beteken liefde kan maklik omswaai na haat, humor na woede, lag na huil. Al dié emosies ontlok dieselfde passie, terwyl dit gewoonlik as teenpole ervaar word. En dit gebeur in jou hipotalamus, ’n ander deel van die limbiese stelsel.

      Maar daar is ’n verskil: Groot gedeeltes van die serebrale korteks, geassosieer met gesonde oordeel en logika, sny uit wanneer jy verlief is, maar net ’n klein gedeelte sny uit wanneer jy iemand haat. Wanneer jy verlief is, het jy dus nie meer so ’n gesonde oordeel of logika nie. Wanneer jy haat weet jy presies hoekom.

      Die hipotalamus reguleer ook die outonome senuweestelsel en bloeddruk, hartklop, honger en dors, en dit plaas jou in die bui vir seks – en die drang om onbeheersd en hardop te lag. Dit beheer ook die pituïtêre klier in jou brein.

      Dié klier sit aan ’n “steeltjie” net onder die einste hipotalamus. Dis maar so groot soos ’n ertjie, maar skei die lekkerste hormone af en is in beheer van belangrike funksies soos jou groei, bloeddruk, kontraksies tydens geboorte, melkvorming tydens borsvoeding, seksorgane se werking, ensovoorts.

      ’n Vrou se limbiese stelsel is ietwat groter as ’n man s’n en boonop beter ontwikkel. En omdat dit beter ontwikkel is, verstaan jy hom beter as hy vir jou.

      Wat ’n romantiese gedagte: Julle is twee limbiese stelsels op soek na begrip. Soms gaan julle mekaar verstaan, soms nie. Dit maak jul verhouding soms moeilik, soms maklik.

      Maar altyd lewendig.

      Al die dele van die limbiese stelsel is soos in ’n legkaart verweef en funksioneer as ’n gladde, geoefende eenheid. Jy dink met jou hormone sonder dat jy dit weet, op soek na beloning. Só word jy halsoorkop verlief, want jou limbiese stelsel laat dinge outomaties gebeur. As jy jou weer kom kry, is jy verlief sonder dat iemand (of jou brein) jou daarin geken het.

      Mans, het Britse navorsers (2009) vasgestel, word meer verlief met die eerste oogopslag as vroue. Een uit drie mans. Dit duur gemiddeld 8,2 sekondes vir hom om met die eerste oogopslag verlief te raak! As hy minder as 4,5 sekondes na jou kyk, gaan hy nie vir jou val nie, jy’s nie aantreklik genoeg nie. Terwyl vroue ewe lank na mans kyk waarin hulle belangstel of nie belangstel nie, en net een uit tien sê hulle het al liefde met die eerste oogopslag ervaar.

      En hy raak meer as een keer verlief met die eerste oogopslag … dan trou hy.

      Vroue trou op hul beurt makliker vir ander dinge as liefde, soos geld of status. Sy’t die geld of status nodig om te sorg dat haar kinders orraait is.

      Omdat die beloningstelsel in jou brein ook jou motivering bepaal, is dit die dryfveer agter alles wat jy doen. Dit laat jou wonderlik voel, maar kan jou ook oor die afgrond lei, want dit beloon jou op allerhande maniere om jou eie voortbestaan te verseker. Daarom eet jy wanneer jy honger is en drink jy water wanneer jy dors is. Daarom wil jy voortplant (seks hê).

      Maar belangriker: Jy doen dit omdat die beloningsentrum in die limbiese brein jou verseker jy gaan goed voel as jy dit of dat doen. Dit sê vir jou: Hou aan eet, dis lekker. Dis wanneer jy te veel eet sonder om aan die gevolge te dink. Jou honger-hormoon genaamd ghrelien beaam dit: Eet nóg, al is jy reeds versadig. Ná ’n groot ete is daar altyd nog plek vir poeding.

      Kry nog ’n drankie, nog ’n sigaret … al sê die rasionele gedeelte van jou brein: Genoeg, moenie!

      Als ter wille van vinnige bevrediging. Jou beloningsentrum is selfsugtig en ingestel op kortstondige plesier, ongeag wat met jou gesondheid op die lange duur kan gebeur.

      Maar uiteindelik het jy rasionele denke waarmee jy die limbiese stelsel kan veto. Jy’t dus nie ’n verskoning vir enige vergrype nie …

      Die ding is net: Jy sal verby ’n paar verleidelike hormone (komplimente van jou pituïtêre klier) en neuro-oordragstowwe moet kom. Soos vasopressien, oksitosien, dopamien en ’n hele paar ander.

      Mmm, jy weet nie wat op jou wag nie …

      2. Monogamie of nie?

      Die storie van die woelmuis (en die gifpaddatjie van Peru)

      Bigamy is having one husband or wife too many. Monogamy is the same.

      – Oscar Wilde

      There is so little difference between husbands

      you might as well keep the first.

      – Adela Rogers St. Johns

      Hy’s klein en oulik. En baie lieftallig. En woelig.

      Die woelmuis.

      Woelmuise (voles) lyk baie soos ons eie veldmuise, maar met ’n kort stertjie, klein oortjies, ronde koppie en stomp snoet. Doodbang vir uile.

      Party bronne sê daar’s 155 van dié Microtus-spesie (microtus = “klein oortjies”). Maar net die prêrie-woelmuis is lewenslank getrou aan sy wyfie. Hy help selfs om die kinders groot te maak en is baie besitlik en beskermend teenoor die wyfie. Asof hy weet dis beter vir ’n kind om ’n ma en ’n pa te hê. Twee mense wat die kind beskerm en grootmaak, is immers beter as een.

      Vra enige enkelouer.

      Hormone word afgeskei deur endokriene kliere. Wanneer die mannetjie en wyfie mekaar ontmoet, word die hormoon vasopressien in die mannetjie se brein afgeskei en oksitosien by die wyfie, nes by vroue wanneer hulle geboorte skenk. Dit help met die kontraksies en borsvoeding en maak die ma – en pa – onmiddellik lief vir die baba al is hy hoe lelik.

      Dis die vasopressien en oksitosien wat woelmuise – en mans en vroue – aan mekaar “bind”. Oksitosien bind ook ouers en kinders, en vriende, aan mekaar. Dit maak jou lief vir jou kat of hond. Dis die rede waarom mense met troeteldiere gouer gesond word wanneer hulle siek is, waarom getroude mense langer lewe en waarom ondersteuningsgroepe inderdaad help. Daar’s oksitosien in ondersteuningsgroepe.

      Oksitosien laat jou ook terugdink aan positiewe ervarings, en navorsers (2007) het agtergekom hoë dosisse daarvan laat jou sommer 80% meer geld weggee aan vreemdelinge. Jy vertrou makliker en raak vrygewig.

      In dié stadium is die woelmuis en sy wyfie nog net vriende. Daar’s oksitosien, maar nog nie vasopressien nie. Tot hulle begin paar, dan vloei die vasopressien. Woelmuise paar driftig, feitlik sonder ophou vir 24 tot 36 uur.

      (“Herklaas sal dit nooit in der ewigheid so lank uithou nie! Sy hart …”)

      G’n wonder die woelwater-woelmuise woel so nie – hul lewensverwagting is maar drie tot ses maande. Die bittereinders kan dalk twaalf maande haal. Dis eers ná paring dat die prêrie-woelmuis besluit hy bly by daardie wyfie wat hom so gelukkig gemaak het.

      Hoekom?

      Op soek na ’n antwoord het wetenskaplikes in 2004 die grasland-woelmuis nader geroep, een van die oorblywende 154 spesies wat soos skarrelende klein hoertjies die hele veld dek van Europa, Asië, Noord-Amerika tot Noord-Afrika. Die wetenskaplikes het ingemeng met een van die grasland-woelmuis se breinhormone, einste vasopressien.

      Toe