Эротическая литература

Различные книги в жанре Эротическая литература

Sy was ’n somerdeel

Louisa du Toit

Jonathan Bergman kom op Isaacsdal aan om ʼn stuk dorpsbeplanning vir sy firma te doen. Is dit te veel gehoop dat sy werkgewer en dié se pragtige dogter Jeannie nie alles omtrent sy verlede uitvind nie?

Sluiers van die nag

Ena Murray

Dokter Ralph Weideman sluit ʼn bitter verlede vir Maryke Linde oop. Sy wend haar tot die wildvreemde professor Paul de Vries, en intuïtief kom hy tot haar redding. Maar is hul maskerade oortuigend genoeg om te keer dat Maryke haar laaste waardevolle besitting verloor?

Die kluisenaar van Abendruhe

Ena Murray

Thero van Zyl, die beeldskone sosiale vlinder met ʼn geheimsinnige kwaal, moet teen wil en dank die pad vat in haar rooi sportmotor na die eksentrieke kluisenaarsdokter Emile Fraser se hospitaal in die Drakensberge. Abendruhe word vir Thero nog ʼn speelveld om in rond te dartel en van haar hart weg te vlug, maar Emile duld nie speletjies nie…

’n Vrou vir Herman

Sarah du Pisanie

Beesboer Herman van Rensburg soek ʼn vrou soos sy ouboet sʼn – Magriet wat sy voete onder hom uitgeslaan het. In die Boland leer hy die jong perde-afrigter Estie ken en geniet haar geselskap, maar dis die toekomstige eienares van die plaas waarop hy tydelik werk kry, Leana met die gesofistikeerde maniertjies en wulpse vroulikheid, wat sy hart wild in sy borskas laat tamboer slaan…

Lamplig teen die seile

Louisa du Toit

Kinnie Rigter, wat as weeskind grootgeword het, vergesel vir Rudolf Viljee en sy ma delwerye toe. Sy is jare al verlief op Rudolf, maar hy is haar niggie se kêrel. Kinnie ontmoet vir Sephton Butler, ʼn speelmaat uit haar kinderjare. Kan daar uit die harde delwerslewe ʼn sprokie groei?

Dan kom die eensaamheid

Louisa du Toit

Daar bestaan vir Hantie Hasper geen twyfel dat sy en Manus Bruwer binnekort sal trou nie. Maar dan gebeur daar iets wat haar totaal teen Manus en sy mense laat draai. Hantie word slegs staande gehou deur Billy de Meyer, haar werkgewer wat self met verdriet worstel.

Sag ruis die nagwind

Susanna M Lingua

Miljoenêrsdogter Alta van Eden besluit om ʼn verpleegster te word ná haar pa in ʼn ernstige motorongeluk betrokke was. Wanneer sy oom Petrus Conradie op Saaiplaas gaan verpleeg, leer sy ook sy kinders ken – en dít is nie altyd aangenaam nie. En oom Petrus se testament bevat ʼn eienaardige bepaling wat vir Alta baie pyn, maar ook uiteindelik ongekende vreugde meebring.

Ver bo korale

Susanna M Lingua

Dokter Elaine Enslin hoor die ontstellende nuus dat haar pa verplig word om die familieplaas te verkoop – aan Niel Durandt van alle mense! Sy kon die Durandts nog nooit verdra nie. En dan begin Niel boonop by haar aanlê… maar sy sal haar nie só maklik laat tem nie.

Soos ’n silwer droom

Susanna M Lingua

Rina Verhoef het pas haar onderwysstudie voltooi en vertrek op ʼn reis na Lissabon. Rina het ʼn wil van haar eie, maar dan ontmoet sy die markies Conzalo de Valcada, wat gewoond is aan absolute gehoorsaamheid en onderdanigheid. Kort voor lank begin die vonke spat.

Waar die Suiderkruis hang

Sarah du Pisanie

Die agtienjarige weesmeisie Katrien Kruger pak die lang, gevaarlike pad Duitswes toe saam met die Liebenberg-gesin aan. Vandat sy vir hulle begin werk het, het die Liebenbergs soos familie geword. Dis net aan Faan, die middelste Liebenberg-seun, wat Katrien nie as ʼn broer wil dink nie. Maar hy het net oë vir Helena Pretorius met haar verfynde afrondingskoolmaniertjies.