Эротическая литература

Различные книги в жанре Эротическая литература

Te eenders, te anders

Elsa Winckler

Aileen het lank rondgeval tussen beroepe en oorsee rondgerits, maar nou is sy terug op Stellenbosch en sy weet wat sy wil hê: haar eie pâtisserie wat Stellenbossers sal wys hoe fyngebak nou eintlik lyk. Sy’t reeds die perfekte perseel gevind, ook. Maar . . . die eienaar van die gebou is absoluut, heeltemal onmoontlik! Allen Muir is alles wat Aileen verfoei: eiewys, humeurig, vinnig om kwaad te word – inderdaad ’n rooikop, nes sy self, maar sowaar, sý ken darem maniere! Wanneer sy saam met ’n vriendin ’n lesing oor persoonlikheidstipes bywoon, weet sy dit vir seker: Sy en Allen sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie. En tog . . . Sy’s al baie gesoen, onder meer deur ’n Fransman, en niemand se soene is naastenby so opwindend soos wanneer Allen selfs net naby haar kom nie . . .

Locum vir liefde

Malene Breytenbach

Laura het onlangs weduwee geword, en die Russiese skeepsreis na St. Petersburg was veronderstel om haar wonde te help heel. In plaas daarvan is daar die sjarmante dog lastige skeepsdokter Andrei en haar ontstemmende Ierse reisgenote, en veral Kyle Barrymore met sy bloubloed-verloofde. Maar ná die kort reis is dit alles iets van die verlede; sy sal Kyle nooit weer sien nie. Tot sy ’n locum-pos in Ierland aanvaar om van haar hartseer te probeer ontvlug. Ten spyte van al haar reëlings, wat ontwerp was om Kyle te vermy in sy tuisland, beland sy tog in sy dampkring. Binnekort leer sy hoe die omstandighede in Ierland met menselewens kan werk wanneer bomme in Derry ontplof en die Barrymore-familie, wat sy intussen leer ken het, ook onder skoot kom. In die vreemde stad en tussen mediese mense van allerlei lande – maar ook die Suid-Afrikaanse dokter Ertjies du Plessis, wat sy belangstelling in Laura baie duidelik maak – moet sy haar hart oppas en haarself gedurig herinner aan die ander vroue in Kyle se lewe. Dan kom haar eie lewe boonop in gevaar, en sy leer die krag van vrouejaloesie . . . maar ook van ware liefde.

Bella se skaduwee

Amelia Strydom

Toe Bella du Toit haar “skaduwee” sien, sak haar moed in haar tekkies. Sy het so gehoop dokter Markus Cameron van die Kaap is ’n gawe, vaal omie met ’n boepens en ’n bril. Dis erg genoeg dat sy hom vir die volgende maand moet saamsleep na al die geboortes wat sy hanteer en dat sy hom moet mentor in die kuns van natuurlike bevallings. Moes hy nou boonop so ’n aantreklike blikskottel wees? Bella vertrou mooi mans net so ver as wat sy hulle kan gooi. Haar ma het met ’n mooi man getrou, en kyk net waar dít hulle gebring het. Renier, Bella se universiteitsliefde, was ’n beeld van ’n man, en sy sit nou nog met die letsels. Nee, van Markus wil Bella niks weet nie. Maar omstandighede dwing haar om nou saam met haar skaduwee te werk en sy begin dieper kyk as die modelmooi uiterlike wat haar so ontstem. Is dit waar dat mens nie ’n man op sy baadjie moet takseer nie? Of was haar eerste instink tog reg: Moet sy vlug van Markus en van die gevoelens wat hy in haar wakker maak? Bella moet die donker plekke van haar siel ondersoek om einde ten laaste lig van skaduwee te kan onderskei.

Troukoek maak nie vet nie

Kristel Loots

Dixie speel wedding planner, maar eintlik dink sy die huwelik is ’n siek grap. Mans is flippen useless. Selfs haar pa blowdry sy hare en verbeel hom hy speel in The Bold and the Beautiful. Dixie het gedink Kurt sal met haar trou as sy lank genoeg sy sokkies onder die bed uit grawe, maar vir “tot die dood ons skei” was hy toe so bang soos die duiwel vir ’n skoot yswater in die gesig. Nou is sy single en selibaat, en so sal dit bly. Swinging from the chandeliers is nie vir haar nie. Dis bedoel vir supermodelle soos Vicky Vermaak – so vol botox en silikoon dat sy nie oornag sal vergaan nie. Sý gaan met ’n watertand-hunk trou, soos die een wat Dixie soveel jare gelede net daardie één keer vuurwarm gesoen het. Vir haar organise Dixie ’n wondermooie trourok en ’n toringhoë troukoek, die ene dekadensie met hope room en sjokolade en ander sondige bestanddele. Want troukoek maak mos gelukkig nie vet nie . . . Maar Dixie loop rond met ’n geheim en kan juis maklik ’n boggheroppie van ’n ding maak. Is daar enige kans dat die regte man met die regte vrou getroud gaan raak?

'n Hap van die appel

Kristel Loots

Maxie van der Merwe is van die lipstiek-en-stiletto-generasie. Sy was ’n Facebook-flerrie van formaat, en ’n groot feminis, maar toe ontmoet sy vir vervelige Gustav. En al is sy nie ’n domestic goddess se watsenaam nie, wil sy vreeslik graag trou, al vandat sy ontdek het daar is kinders wat ’n ma én ’n pa het. Want na ’n pa verlang sy met haar hele hart. Wanneer Maxie se politikus-ma haar New York toe pos saam met ’n spin doctor omdat Gustav, ’n rugbyskeidsregter, die hele land in die skande gesteek het, voel sy hoe die Facebook-flerrie in haar weer wakker word en haar Jimmy Choo’s aantrek. Maar New York is snikheet warm, daar’s ’n stalker oorkant haar woonstel en sy voel soos ’n valerige muffin tussen al die blinkversierde New Yorkse cupcakes.Haar ma kom op besoek en Maxie leer skokkende dinge oor die pa wat sy nooit geken het nie. Hy is dalk nader as wat sy kon droom . . . En wat van die man met die groot hande en die sagtheid in sy oë – gaan hy Gustav se plek langs haar kom vol staan? En gaan sy ooit tyd hê om genoeg happe van hierdie groot appel te neem?

Die boek van Ester

Wilna Adriaanse

As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, ‘n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van ‘n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede wat ‘n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is. Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy ‘n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie. Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika vir ‘n mode-artikel wat in die Laeveld geskiet word. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor, ‘n veearts van beroep, maar ook betrokke by ‘n verskeidenheid bewaringsorganisasies. Hy is ‘n gewilde spreker by kongresse en is raadgewer vir heelwat regerings- en nie-organisasies oor die onderwerp van bewaring. Hy is uitgesproke teen groot korporasies wat ekologies en humanitêr stompsinnig is en net na die balansstaat van hulle maatskappye kyk en regeringsamptenare wat hulle self verryk deur te maak of hulle nie bewus is van sekere vergrype wat aan die gang is nie. Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat ‘n verskil wil maak. Wanneer Ester hom leer ken, beskuldig sy hom daarvan dat hy naïef is en nie wil sien dat hy met ‘n hopelose poging besig is nie. Terselfdertyd fassineer sy geloof in die proses waarmee hy besig is haar en kan sy nie help om haar eie verbondenheid met hierdie land en sy mense te evalueer nie. Haar Joodse herkoms herken en verstaan die onlosmaaklike verbondenheid aan ‘n landstreek wat hard op sy inwoners is. Die pad wat sy moet loop om by aanvaarding uit te kom, is nie so maklik nie en in die proses verklaar sy eers oorlog teen ‘n kontinent en sy mense, haar ouers en broer en teen ‘n man wat nie wil aanvaar dat hy met ‘n verlore saak besig is nie. Maar Afrika is rooi grond word ook nie maklik uit ‘n mens se skoene geskud nie.

Vier seisoene kind

Wilna Adriaanse

Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Marcus en Helen net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk. Of dit so ’n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van ’n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek ’n bang vreemdeling gevind.In Stellenbosch wag nie net haar vriende op haar nie, maar ook die gewilde Big Pink-teaterrestaurant. Hoe sy kans gesien het om dié onderneming te koop, weet sy nie, en wens dis net ’n nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die vliegtuig vir haar sê daar bestaan nie iets soos beter dae nie…

The Duck Pond Incident

Charlie Humphries

Focusing on non-binary genders and people of the LGBTQIA+ community, this is a collection of twelve short stories crossing a wide spectrum of genres and different sub themes, such as the reuniting of a same-sex couple through a failed cadaver-finding German Shepherd, a bookshop haunted by a deceased non-binary customer and a gruesome discovery made by a gay couple after their new cat pees on the floor.

Невеста Цербера

Лора Вайс

Думала ли юная фея, что в один прекрасный день ее жизнь окажется в руках Дакара Завоевателя – темного мага и беспощадного захватчика? Нет, конечно. Но это случилось. Думал ли Дакар, что вместо послушной и на все согласной девы ему достанется дерзкая и свободолюбивая гордячка? Тоже нет, но это тоже случилось. Теперь им предстоит или покориться друг другу, или сгинуть во мраке ненависти.

The Lesbian Pulp MEGAPACK ™: Three Complete Novels

Fletcher Flora

Fletcher Flora enjoyed a long career as a pulp fiction and mystery writer, and among his works we discovered a number of «daring» (for the time – they are quite modest by modern standards) novels of lesbian love (some with crime elements). All were published as paperback originals from somewhat-less-than-respectable publishing companies – Strange Sisters in 1954 and Desperate Asylum in 1955 from Lion Books, and Take Me Home in 1959 from Monarch. If you like your pulp fiction on the steamier side, this is the ebook for you. Included are:<P> Strange Sisters (1954)<BR> Desperate Asylum (1955)<BR> Take Me Home (1959)<P> If you enjoy this book, search your favorite ebook store for «Wildside Press Megapack» to see the 200+ other entries in the series, covering science fiction, fantasy, mysteries, westerns, classics, adventure stories, and much, much more!