Эротическая литература

Различные книги в жанре Эротическая литература

Terug na Kolkbaai

Ena Murray

In Terug na Kolkbaai keer Hannelore ná elf jaar na dié vissersdorpie terug. Baie van haar ou kennisse is nog daar… tot haar spyt. Dit sluit in die een mens wat sy nié wil sien nie: Oloff Bernardi, aan wie haar hart behoort het in hul teerder jeug.

Tango met ʼn chirurg

Rykie Roux

In Tango met ʼn chirurg is mediese student Salome keelvol vir alles en almal by Chirurgie: Hoekom is die briljante maar befoeterde dr. Bart de Lange, haar studieleier, so snaaks met haar – en dit terwyl sy net oë het vir hom? En professor Tjaart Dekker? Wat voer hy in die mou met al sy bedekte insinuasies? Daarom wend sy haar tot die een ding wat sy kán doen – tango.

Hoe kwesbaar die hart

Malene Breytenbach

In Hoe kwesbaar die hart vertrou dokter Brenda Wiechers nie aantreklike mans nie. Daarom onderdruk sy die gevoelens wat die dodelik aantreklike dokter Charl Naudé in haar wakker maak. Hy is boonop getroud, des te meer rede vir Brenda om hom te vermy. Tog kom sy mettertyd agter dat daar ʼn ánder storie agter sy suksesvolle uiterlike lê.

Dokter van drome

Kristel Loots

In Dokter van drome moet Anastasia de Wit desnoods vir die plastiese chirurg dokter Juan Harmse werk. Wat haar betref, is hy bloot ʼn aantreklike geldwolf wat vroue se ydelheid uitbuit en al die pad bank toe lag. Daar is ʼn gedrewe passie in hom wat haar bang – en ook opgewonde – maak…

Die einde van die reënboog

Annelize Morgan

In Die einde van die reënboog kom Colette en haar oupa in die Kaap aan nadat hulle gedwing was om Frankryk te verlaat. Hulle kry werk by die Goue Kat: Colette as kelnerin en oupatjie Jerome as groenteskiller. Colette raak verlief op ʼn edelman wat die herberg besoek, maar sy mors konjak op hom en word afgedank. Dis egter die begin van ʼn nuwe lewe vol avontuur en liefde…

Goue horisonne

Annelize Morgan

In Goue horisonne probeer Gert Bezuidenhout om ná sy broer se dood Langlaagte teen ʼn belaglike prys by sy skoonsuster Hendrieka te koop. Boonop word goud op die plaas ontdek. En na die besoek van Christiaan van den Heever voel dit vir Carolien, Hendrieka se mooi dogter, asof haar lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie.

Skat van onheil

Annelize Morgan

In Skat van onheil land die Franse edelmeisie Véronique aan die Kaap om haar aan te sluit by haar vader, die graaf van Sévigné. Hy en die familie-juwele het egter spoorloos verdwyn. ʼn Spaanse seekaptein, Don Diego Fernandez, help haar om na haar vader te soek.

Rots van Stormbaai

Elza Rademeyer

In Rots van Stormbaai besluit Melanie Walters impulsief om saam met haar seuntjie op die verafgeleë kusdorpie Stormbaai vakansie te hou. Maar sy het nie rekening gehou met die eksentrieke inwoners nie. Oom Jors, dierbare Thys en die sjarmante plaasboer Giel trap haar drumpel plat. Maar dis die enigmatiese Lafras Retief wat haar fassineer.

Drome van gister

Elza Rademeyer

In Drome van gister sien Alet Britz uit om saam met vriende in die Richtersveld te kampeer – weg van die stadsrumoer, haar verpleegsuniform en haar sieklike ma. Maar ná skaars ʼn dag is haar vriendin Bets se broer oortuig Alet is die vrou vir hom. Hoe kan sy aan Jan verduidelik dat haar hart steeds aan iemand anders behoort?

Wewenaar van Groene Weide

Ena Murray

In Wewenaar van Groene Weide lei Manda Maree se raad aan die verwende Jeanette de la Rey daartoe dat Rocco de la Rey beweer sy pleegkind se verdwyning is háár skuld. Nou is dit haar plig om Jeanette op te spoor en so word Manda betrek by die weë van miljoenêrs en speurders. Selfs die liefde word versuur deur die haas perfekte Lucille Herbst.