Wit terroriste. Albert Blake

Читать онлайн.
Название Wit terroriste
Автор произведения Albert Blake
Жанр Социальная психология
Серия
Издательство Социальная психология
Год выпуска 0
isbn 9780624081593



Скачать книгу

deur die hof onskuldig bevind is en onmiddellik ná vrylating weer gearresteer is om geïnterneer te word. Die meeste verhoorafwagtendes het op ’n spoedige verhoor gehoop, maar in talle gevalle is hulle maande lank aangehou sonder om aangekla en verhoor te word. Daar was ’n reg op appèl, maar dié prosedure is as ’n klug beskou omdat nie ’n enkele appèl geslaag het nie.34 Sommige redes wat vir internering gegee is, het aan die absurde gegrens. Kowie Marais (’n latere regter), wat gehelp het om appèlaansoeke vir mede-geïnterneerdes op te stel, vertel van dié rede wat die owerhede gegee het vir die internering van ’n pa en sy seun wat in Swaziland geboer het: “Die bewering teen die twee mense was dat hulle in die Pongolarivier dromme brandstof laat afdryf het see toe, vermoedelik vir die gebruik van Duitse duikbote wat aan die Ooskus op en neer sou vaar om die Geallieerdes se vlote voor te lê.”35

      Die name van lede van die Waarheidslegioen wat inligting verskaf het wat tot die internering van ’n persoon gelei het, is streng vertroulik gehou. Om hul identiteit te beskerm was dit veiliger om ’n hofsaak te vermy en die persoon eerder te interneer.36 Die Stormjaers sou daardie inligting graag wou bekom om wraak te neem – wat inderdaad op wrede wyse plaasgevind het wanneer hulle sulke inligting gekry het.37

      Menings oor die omstandighede in die interneringskampe is uiteenlopend en verklap meestal aan watter kant van die draad die waarnemer is. Die direkteur van militêre intelligensie, E.G. Malherbe, beweer in sy gepubliseerde memoires nog in 1981 dat die geïnterneerdes ’n “heavenly time” gehad het.38 Malherbe se mening is kenmerkend van die kante se onbegrip vir mekaar se lot, wat lank ná die oorlog voortgeduur het.

      Die geïnterneerdes gee ’n heel ander weergawe van geestelike en liggaamlike swaarkry, ongevoeligheid van ’n hardvogtige owerheid en soms onmenslike behandeling aan die hand van dié met gesag by die kampe. Die Bond van Oud-geïnterneerdes en Politieke Gevangenes se lywige gedenkboek bevat vertellings van swak gesondheidsorg in die kampe, karige voedselrantsoene, weerhouding van en onredelikheid wat betref kontak met familielede en hardvogtige behandeling deur sekere bevelvoerders.39

      Weens die hardhandige behandeling van geïnterneerdes was daar vroeg in Junie 1940 reeds ’n opstand in die Baviaanspoort-interneringskamp.40 In die kamp by Koffiefontein het ’n amperse bloedbad in November 1942 plaasgevind, wat katastrofiese gevolge vir die land kon ingehou het. ’n Geïnterneerde wat ’n wag ná ’n onderonsie platgeslaan het, het met die samewerking van die ander geïnterneerdes geweier om homself oor te gee. Terwyl drie pantserkarre by die hoofhek van die kamp gestaan het en masjiengewere op strategiese plekke op die kamp gerig is, het ’n afdeling wagte die kamp binnegegaan en stelling ingeneem om die hut waar die belhamels was. Dié het hulle gereed gemaak om die wagte storm te loop.

      Juis toe het die Vrystaatse Stormjaerleier, Chris de Jager, opgedaag en die situasie tydelik ontlont deur te onderneem om die man saam met hom te neem om uitgelewer te word. Die man is egter op die skouers van sy kamerade na die hek geneem. ’n Woeste geveg het uitgebreek tussen die geïnterneerdes en die wagte, wat nie gou genoeg teruggeval het nie. Met ’n gesukkel het De Jager en ander die wagte by die hek uitgeboender. Die wagte het hulle masjiengewere oorgehaal en gereed gemaak om te skiet. Die kampbevelvoerder het hulle beveel om nie te skiet nie en daarmee ’n bloedbad verhoed. Só ’n tragedie sou martelare geskep het en kon op groot anargie uitgeloop het.41

      Die noodregulasies en die beleid van internering was op kort termyn ’n doeltreffende manier om die ondermynende veldtog teen te werk. Maar onderdrukkende maatreëls het nie altyd op die lang duur die uitwerking wat die onderdrukker wil hê nie. Dit kan boemerang, soos herhaaldelik in die geskiedenis van Suid-Afrika gebeur het.

      Die samevoeging van ’n klomp mense met sterk gemeenskaplike politieke oortuigings in interneringskampe skep ’n broeiplek vir verdere idees. Baie geïnterneerdes het later suksesvolle hoogtes bereik en sou ’n belangrike rol in die toekoms van die land speel, ook wat nasionale beleidvorming betref. Benewens John Vorster en Lang Hendrik van den Berg, wat later die hoof van die omstrede Buro vir Staatsveiligheid was, is verskeie latere dekane en professors saam geïnterneer. Hul ervaring van aanhouding sonder verhoor het ’n bepaalde nalatenskap vir die land gelaat.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4SFcRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTggKE1hY2ludG9zaCkAMjAxODowODox MyAxMjoyNToyMgAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAIB4AAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwDAzMH18gGW tlvJrY86fyrEJnS5E+oNDECmrx/qLSI/StPxTVx6hZEBusjjlZ4yS4dOgejly8DMkj5pEbyaWH9X M/rGZ9j6aWvta1zi+7ZVWdkCxtfpV77NrnqzZ9UM7D6jR0nLaR1DIaHUsre1zHAlzdzbTWz6Dmfp P9Gtf6jvNHXOnNeY/naHz4+nY7/pvYxdx1Lp5v8ArV0XMDZGLVlve/tq2qmth/8AYhzv7CsQ9UTr tLhsdnPzEYswsXGWP3OGX7/q9P8AzXzTL+qmbg5lGDk1OZk5MChgex24ud6Tfc32N97vz0a36mdZ oupx7MSwX5G70WC2ol2wb7dWv2t2N/fXonV8BuR9ZeiXlstoGS55+DWGr/wT3Js64P8Arl0vH/0O LkWn/rmytv8A55ckY6n1H5oxH14URzWIVCGuLJlnvp7fucP6X+rfObfqn1erIZiuwr/tFjXWMrDm GWMLW2Pljiz2OsZ+f+eh/wDNPr4uc1/TcoVhoLXBoOv9hzl3/wBY+s/sf6wYeUaTkNdiXVbA7bG+ yh+8SHf6FbvSOot6n06nOZWaRcHEVuIJG1zq+W/vbUYxiZGPEeILcmTJHHjynFH259f63q9Pzf1X x7J+r+TitD8vFycdhO0Pta5jS7naHvZt3e1VndOxpj3f53+xdl9Z/rZgdc6dRjYtV9T2XNucbQwN LQyxm1rq7LPdusb+auYJE/lKilKj6ZcQbmPGJQvJjGOV/K0XdNxyDAd/nKvd0yh72017mOI3PeST tb/V/OdY76C1DxMqs5wZlv3+1t7G+mexczcHV/1vdvToyPdbkxQFaDdzf2G3fPrnZPGkx/W/eSWr D4nX8fFJHiLH7MO3i//QxOoZFlFuMKyB6tnpuO3cQD3aFJhsD3E2O76+mP