Kruispad. Deon Opperman

Читать онлайн.
Название Kruispad
Автор произведения Deon Opperman
Жанр Контркультура
Серия
Издательство Контркультура
Год выпуска 0
isbn 9780624071433



Скачать книгу

het al self vir Frik gesê sy vrees is verstaanbaar. Vir iemand wat met niks begin het nie en deur harde werk en slim beplanning een van die stad se voorste sakelui geword het, is die gedagte van rustende vennote inneem heeltemal onaanvaarbaar. Hoe meer ’n mens het, hoe banger is jy dat jy dit gaan verloor.

      Frik wou van kleins af sakeman word. Dit was sy rigting by Tukkies, en ná hy klaar geswot het, het hy in die sakelewe verder studeer. Hoe om mense te motiveer sodat hulle harder vir jou werk. Hoe om kontrakte te beding deur ’n aktiewe sosiale lewe te lei. Dít alles was effens vreemd vir die kind van Hoedspruit, seun van ’n slagter wat sy enigste seun laat studeer het omdat hy bang was Frik raak verstrik in die plattelandse rustigheid. Nie dat hy baie te vrese gehad het nie. Frik wou wegkom, stad toe, sakewêreld toe.

      Sophia was die ideale lewensmaat vir iemand wat die amptenary van staatsdepartemente en die Pretoriase munisipaliteit moet trakteer. Frik was nooit iemand wat ander sou omkoop nie en hy het ook nie nodig gehad om die politici ter wille te wees nie.

      As Sophia hulle eers aan tafel kon oorweldig met swier en spyse van die heel boonste rakke, het hulle Frik van den Berg nie vergeet wanneer tenders geëvalueer moes word nie.

      Frik het Maximus met harde werk opgebou en het ’n jaloerse besorgdheid oor alles wat sy maatskappy aangaan. Hy sien nie vir drastiese verandering kans nie, en tog gee hy, wanneer hy met sy skoonpa daaroor praat, toe dat die pad wat hy in die verlede geloop het om sy rykdomme te vergader, nie meer so duidelik vorentoe sigbaar is nie.

      “Ek gaan my nie laat vertel dat ’n ANC-regering ewe skielik nie meer my maatskappy se vaardigheid en ervaring gaan nodig hê nie,” sê Frik nou aan Albert. Hulle sit by ’n groot raadstafel wat Frik laat indra het. Albert het ’n gerf dokumente in die hand. “Kom nou, Albert, draad is draad en ’n heining is ’n heining, of jy nou die NNP of die ANC is.”

      “Al wat ek sê, is dat die maatskappy baie regeringskontrakte het en niemand weet vir seker wat die nuwe beleid gaan wees as die ANC eers aan bewind is nie.” Albert se stem is rustig, rustiger as wat die kommerplooie op sy voorkop ’n mens sou laat vermoed. “In die lig daarvan dink ek jou projeksies vir toekomstige omset is té optimisities.”

      “Ons het getekende kontrakte vir die volgende twee, drie jaar.” ’n Kontrak is immers ’n geskrewe belofte, dink Frik. Mense skeur dit nie sommer op nie.

      “ ’n Kontrak is nie die papier werd waarop hy geskryf staan nie,” sê Albert. Hy het meer ondervinding van hierdie soort dinge. ’n Topouditeur met vriende in alle strata van die Pretoriase gemeenskap. ’n Man met sy oor op die grond – en wat baie goed weet wie het spaargeld en wie nie. Wanneer hy nie op ondervinding kan terugval nie, steun hy op die kollektiewe inligting wat versprei word onder sy mede-ouditeurs. “Veral nie as die een party wat hom geteken het, nie meer bestaan nie.”

      “Ek is miskien ’n optimis, Albert, maar jy’s ’n bleddie pessimis.”

      “Mm … iets wat ek by jou skoonpa geleer het en waarvoor jý my betaal.”

      Die band tussen Albert en Frik kom al jare aan, maar is nog ’n vulletjie in vergelyking met dié tussen Soois van Rooyen en Albert. Albert het Soois gehelp om ’n vermoënde boer te word – en vir Frik om ’n skatryk sakeman te word. En Albert self? Soois spot hom altyd dat die onnoselhede van ander al Albert se plooie en sakke onder sy oë veroorsaak het, en Albert weet voor sy heilige siel dat Frik hom die volgende paar jaar nóg plooie en grys hare gaan besorg. Hy wéét Frik gaan sy kop stamp as hy nie gou leer nie.

      “As my skoonpa so ’n pessimis soos jy was, het hy lankal nie meer daai plaas gehad nie.”

      “Inteendeel, dis juis omdat hy ’n pessimis is dat hy die plaas nog het.”

      Albert weet hoekom Frik en Soois van Rooyen so goed oor die weg kom. Albei glo in hulself, en dit verg harde woorde om hulle tot ander insigte te bring.

      Sy gedagtegang word onderbreek deur ’n jongeling wat die kamer binnekom. FG lyk nie baie soos sy pa nie – dieselfde kortgeskeerde hare om vroeg al die blesheid tegemoet te kom, maar FG is lank en skraal terwyl Frik sigbaar korter is as sy seun. FG is agttien, argeloos en selfversekerd, ’n kind wat grootgeword het met weelde en oorvloed. Hy is op pad rugby toe, het nes Henk reeds sy trui aan.

      “Jammer om te pla, Pa. Kan Pa vir my van …?”

      “Groet jy nie?”

      “Skuus. Dag, oom Albert.”

      “Dag, seun.”

      “Pa, kan Pa vir my van volgende maand se sakgeld voorskiet?”

      “Jy weet wat my antwoord gaan wees.”

      “Ek en ’n paar pelle wil ná die wedstryd ’n bietjie celebrate en my geld is op.”

      “Eerstens, julle’t nog nie gewen nie; tweedens, jy gaan moet leer om jou sakgeld behoorlik te begroot; en derdens, om nie geld te blaas wat jy nog nie het nie. Ek is nie ’n bank nie en jy het nie ’n oortrokke fasiliteit nie.”

      FG draai vies om, gretig om van sy pa se betigting weg te kom. Wie soek nou preke dié tyd van die dag?

      “En, FG,” sê Frik agterna, “dis feesvier, nie celebrate nie. Wat gaan deesdae met hierdie Afrikaanse outjies aan?” Hy wys ergerlik na die stapel papiere voor Albert. “Ons het groter dinge om ons oor te bekommer as hierdie kontrakte.”

      Die ding met Frik is dat hy alles behoorlik snap, maar dat hy nie glo dat hy dit wat hy het, kan verloor nie. Albert stem met alles saam wat Frik sy seun nou toegevoeg het – wens net hy wil ook na ander se vermanings luister.

      FG weet waar sy heil lê.

      Sophia lê uitgestrek op die stoep se bank, ’n lappie oor haar oë sodat hulle kan rus – sy het nie nou die energie om nog komkommerskyfies voor te berei om oor haar ooglede te drapeer nie. Haar een arm lê uitgestrek sodat die skoonheidsterapeut, ’n jong wit vrou met ’n diploma agter haar naam – net die beste is goed genoeg vir Sophia – haar vingernaels kan versorg. Dis ’n beslommernis, maar Sophia geniet die kans om te ontspan en iets aan haar voorkoms gedoen te kry sonder dat sy self hoef te swoeg om elke nael en stukkie vleis eksie-perfeksie te kry. Dit is nie ’n proses wat sonder pyn is nie: Sophia lê nie altyd heeltemal stil nie en dan glip die naelvyl.

      “Eina!” roep Sophia uit sonder om die lappie oor haar oë en voorkop te versteur. “Versigtig!”

      “Ekskuus.” Die skoonheidsterapeut klink bedremmeld, maar gelukkig het sy opgehou om Sophia voor en agter te tannie.

      “Jy doen nou my hande al lank genoeg om te weet dat daardie nael altyd sensitief is.”

      “Jammer … mevrou.”

      “En jy moet gou maak, ek moet netnou ry.” Die middag se inkopies by die nuwe mall kan nie sonder goed versorgde hande aangepak word nie. Dit weet almal tog.

      “Amper klaar.”

      Die skoonheidsterapeut wip waar sy op die teetafeltjie se rand sit wanneer Sophia onverwags uitroep: “Netta! Nettaaaaaa. Hoekom is dit dat ’n bediende nooit daar is wanneer jy hulle nodig het en altyd daar is wanneer jy hulle nié nodig het nie? Netta!”

      Netta kom uit die kombuis aangedraf. In haar silwerskoon uniform. “Miesies het geroep.”

      “Meer as een keer. Die tee is koud. Maak gou vir my nog ’n koppie voor ek ry.”

      Netta raap die skinkbord op net wanneer FG daar aankom. “Ma, ek het geld nodig …” FG raap haar handsak van een van die stoepstoele af op, begin daarin krap. “Vir ná die wedstryd.”

      Sophia lig die lappie lui van haar oë af op. “Vra vir jou pa.”

      “Hy’t gesê ek moet Ma vra.”

      “Kyk in my beursie.”

      FG se vingers beur die beursie se voue oop sodat hy die note beter kan sien.

      “Nie meer as honderd rand nie.”

      “Ja,