Alles wat blink. Melissa Scharneck

Читать онлайн.
Название Alles wat blink
Автор произведения Melissa Scharneck
Жанр Контркультура
Серия
Издательство Контркультура
Год выпуска 0
isbn 9780795800375



Скачать книгу

Janine. Dit kom nie net vanself soos in flieks en boeke nie, mens moet werk daaraan. Dinge opgee en dinge prysgee en die sleg saam met die goed vat,” was haar antwoord die dag toe ek die moed bymekaargeskraap het om vir haar te sê ek dink haar man is ’n vieslike slymgat-luis.

      Wat Madie se huwelik betref: Sy werk heeltemal te hard daaraan, sy gee te veel op en nog meer prys en ek dink alles is sleg. Ek dink Madie wil net weet wat liefde is. Onvoorwaardelike, maklike, heerlike liefde. Dis daarom dat ’n kleinding vir haar so ongelooflik belangrik geword het. Iemand om lief te hê. En nog meer as dit: iemand wat háár sal liefhê, maak nie saak wat nie.

      Sy leef nou al dertig jaar lank met die idee dat sy nie liefde verdien nie, dat sy moet werk daarvoor en haarself bewys. Sy wil net weet sy is genoeg, selfs in die seldsame oomblikke wanneer sy nie perfek voorkom nie. Ek dink daar’s niks wat Madel Dreyer meer wil hê as liefde terwyl sy haar toonnaels sny nie. Ek is seker die mense wat haar net oppervlakkig ken, dink haar toonnaels groei glad nie.

      Madie het deur die jare so hard daaraan gewerk om haarself perfek te kry, dat die grootste probleem met haar karakter juis daardie perfeksie is. Voor mý kon sy haar toonnaels sny en in haar neus grou, maar voor niemand anders nie. En mense hou nie van ander mense wat perfek is nie. Van tyd tot tyd wil jy ’n kreukel sien, ’n haar wat uit plek is of ’n slegte humeur. Madie gun haarself nie sulke luukshede nie. Alles moet reg wees. Altyd.

      Sy was die tipe dogtertjie wat lyk of sy wag vir ’n helse pak slae, en sy het grootgeword om die tipe vrou te wees wat lyk of sy – relatief rustig – sit en wag vir die wêreld om te vergaan. Toe ek haar ontmoet het, was ons drie, dalk vier, ek’s nie seker nie, maar ons was nog bitter klein. Sy’t my so nodig gehad daai tyd, ek kon nie anders as om haar vriend te wees nie.

      Op daai heel eerste dag het ek ’n vyfjarige seun met die vuis in die gesig geslaan omdat hy sout in Madie se gunsteling-gravy gegooi het. Hulle huishulp het spesiaal vir haar ekstra daarvan oor haar rys gegee omdat sy so lief was daarvoor en daai klein kak gooi toe wragtig amper ’n hele pot sout daarin. Ek kon net nie verduur hoe haar onderlip bewe nie. Dit het alles van haar geverg om die trane terug te hou en dit was vir my so erg dat ek hom moes moer. Sy neus het gebloei en ek was bly daaroor. Daar was so ’n trotse adrenalienontploffing in my bors en as ons ma’s nie ingespring het nie, het hy seker meer skade gely.

      Deur die jare het dinge verander, en onlangs was Madie meer my beskermer as ek hare. Sy kon my nie teen veel beskerm nie, maar sy het hard probeer.

      Ek het nooit besef Madie het dit in haar om ’n beskermer te wees nie. Tog het sy fierce geword toe ek siek word. As sy kon, sou sy haar tande wys vir enigiets of -iemand wat my wou ontstel. Met hierdie gewaarwording besluit ek toe: Die wêreld kan doen met ’n fierce Madie – op ’n permanente basis. Sy het nodig om dié gewoonte aan te leer. Anders mis sy my dalk meer as wat ek wil hê sy moet. Ek wil hê sy moet mense – of haar man – in die gesig kan slaan as hulle neuk met haar gravy.

      Vandat ek die donkerman ontmoet het, het Madie ’n sielkundige begin sien. Sommer drie maal ’n week. Ek dink as sy kon, sou sy intrek by Doreen.

      Die dinge waaroor hulle praat, fassineer my. Madie praat selde oor haar hart se goed; sy bottel en bottel en bottel alles op tot sy op ’n dag uitslaan in hives. Maar met Doreen gesels sy land en sand. Daar kom verstommende goed uit haar mond uit.

      “Wanneer ek wakker word, kyk ek na my man. Dis hoe ek elke dag my dag begin: Ek kyk na Willem Dreyer wat langs my lê en snork. Elke oggend besef ek opnuut hy is die mooiste man op die hele aardbol. Lank, slank en koperbruin. Om nie te praat van sy brein nie! My lewe lank is ek nie trots op veel van myself nie, maar tot ek met Willem getrou het, het ek darem gedink ek is slim. Langs hóm lyk niemand slim nie,” sê Madie vir Doreen.

      My vriendin lê soos ’n reusecliché op haar sielkundige se bank. Binne dié vier mure is sy meer dramaties as wat ek haar ooit in meer as twee dekades gesien het.

      Doreen sê niks. Ek’s seker dis ’n module wat alle sielkundiges moet doen: The art of shutting the fuck up and looking bored.

      As Madie ooit hierdie dinge vir my sou sê, sou ek nie verveeld gelyk het nie. My hart sou natuurlik ook baie vroeër gaan staan het.

      “Ek wens dit was vir my makliker om hom so te verafgod wanneer hy wakker is. Dan het ek dalk nie vandag gesit met die oudste huweliksprobleem in die geskiedenis nie. As ek tog net kon ophou aangaan asof alles wat hy doen doodgewoon is. As ek net soms kon maak of hy my beïndruk, was hy dalk nie nou besig om op ander plekke indrukwekkend te wees nie.”

      As ek nog een laaste aksie kon neem, sou dit nie seks of ’n appel-bong of skydiving wees nie. Ek sou vir Willem Dreyer donner.

      “Ek voel so vaal en eenvoudig langs Willem. Sommer net soos enige ander gemiddelde vrou. Nie beeldskoon nie, nie lelik nie, nie vet nie, nie maer nie, net een van daardie gesiglose wesens wat die strate bewandel sonder om te veel uit te staan. ’n Ekstra akteur op die stel van ’n kunsfliek wat mense laat gril. Willem stem nie saam nie. Hy dink glo ek is mooi, kan glo nie wag om ná ’n dag van koppe oopsny huis toe te kom nie. Maar ek dink nie regtig die probleem is hoe ek lyk nie. Die probleem is hoe ek ís. Vervelig. Vervelige Madie Dreyer wat verveeldheid en verveligheid verpersoonlik.”

      Doreen doen nog steeds niks. Sy kan darem sê Madie is nie vervelig nie. Genugtig.

      “As ek vir Willem kon sê ek dink hy is fantasties en briljant, was daar dalk nie vandag twee vliegtuigkaartjies na Bali weggesteek in sy lessenaar se onderste laai nie. As ek my vervelige swart en beige snyerspakke kon opsny, as ek kon end kry met al my vervelige roetines en organisering en oud wees voor my tyd, was ek dalk nie so oortuig hy loop rond nie.”

      Ek weet. Die jong verpleegsters by die hospitaal waar Willem werk, val oor hulle voete om met hom te gesels. Hy’s ’n móói man. Die kere wat ek saam met Madie daar was, kon ek sien hulle dink sy is die gelukkigste vrou op aarde.

      Eendag het een van die meer waaghalsiges vir haar gesê: “As ek jý was, het ek dokter Willem nie uit die huis laat gaan nie.”

      Toe die verpleegster wegloop, het Madie vir my gefluister: “Asof ek so afskuwelik is dat die arme man sy bene stompies sal hardloop as ek die voordeur vir hom oopsluit.”

      Madie sug. Doreen wag.

      “Enige ander vrou sal deur vuur loop om haar huwelik met ’n beeldskone breinchirurg te laat werk, maar ek het dit in minder as twee jaar opgemors. Ek het ’n maand gelede al die vliegkaartjies gekry. Dis wat gebeur as mens in jou man se goed rondkrap vir bewyse van iets wat jy in jou verbeelding opgemaak het. Jy krý dit.”

      Madie kyk na haar voete. “Ek weet deesdae nie meer of hy laat werk en of hy aan ’n ander vrou se tepels suig nie.”

      “Die kaartjies kan moontlik vir die twee van julle wees.” Doreen het uiteindelik gespreek.

      “Dis wat ek ook aanvanklik gedink het. Ek het my kalm probeer hou. Ons vakansies word gewoonlik so lank voor die tyd beplan . . . ons praat dit dood voor ons daarop gaan. Met die laaste een het ek gesê dit sal lekker wees om sommer op die ingewing van die oomblik ’n tassie te pak en weg te glip. So, ek het ook gedink die kaartjies is vir ons. ’n Verrassing vir my. Ek was verkeerd. Hy het nog niks gesê nie en die vertrekdatum is oor twee weke. Hy sal darem nie tot op die laaste nippertjie wag om my daarvan te sê nie. Ek moet verlof insit, alles pak en regkry, vir Lettie en die tuinier laat weet. Iemand kry om na die honde te kyk . . .”

      Madie lyk of sy gaan naar word en wonder bo wonder: Doreen let dit op!

      “Vertel my van jou honde,” sê Doreen.

      “Die dekselse honde. Honde kan nie kinders wees nie, al probeer mens hoe hard. Ons het twee jaar gelede getrou en besluit ons wil dadelik kinders hê, baie van hulle ook. Ek het my voorraad van die Pil met groot seremonie in die toilet gestrooi, die toilet gespoel en gekyk hoe hulle verdwyn. Niks het gebeur nie. Nie daardie maand of enige van die maande wat daarop gevolg het nie. Deesdae probeer ons ook nie juis vreeslik nie.

      “Die honde – Tessa en Charlie – was Willem se idee. Toe ek die hoeveelste swangerskaptoets doen en ophou bid