Die einde van die wêreld. Johannes Bertus de Villiers

Читать онлайн.
Название Die einde van die wêreld
Автор произведения Johannes Bertus de Villiers
Жанр Юриспруденция, право
Серия
Издательство Юриспруденция, право
Год выпуска 0
isbn 9780624057963



Скачать книгу

toen, 1 oeinal en 1 kin. Oorhoofs is baktoens in groepe van 13 saamgevoeg om wêreld-eras te maak, die langste eenheid van die kalender. Die Katolieke, wat dié kalender met hul eie wou laat klop, het uitgewerk dat die Maja-era waarbinne hulle hulle bevind het, op 13 Augustus 3114 v.C. afgeskop het en dat die datum waarop dit sou eindig 21 Desember 2012 sou wees.

      Is die feit dat ’n kalender op 21 Desember gaan eindig rede tot kommer? Baie mense sal sê nee. Hulle wys daarop dat ’n menigte kerkkalenders en lessenaar-almanakke oor die wêreld heen elke jaar op 31 Desember ten einde loop en dat dit selde met ’n ramp gepaard gaan. Net so, argumenteer hulle, gaan die Maja-kalender bloot afloop sodat ’n nuwe Lang Telling kan afskop.

      Dié sonnige uitkyk hou egter nie rekening met die Maja-bloeddorstigheid waarna ek vroeër verwys het nie. Die Majas het geglo dat die aarde ná afloop van elke siklus verwoes sou word, waarna hul skeppergod, Xpiyacoc, dit aan die begin van die volgende siklus van voor af sou herskep. Siklusse het volgens hulle in die verlede geëindig met groot vloede, die hemel wat op die aarde val, en die son, maan en sterre wat geblus word.

      Die eerste Westerlinge het al eeue gelede die Lang Telling ontsyfer, toe 2012 nog veels te ver in die toekoms gelê het om enigiemand te ontstel. Vir lang jare het dié inligting byna in die vergetelheid verdwyn en het niemand hulle daaraan gesteur nie. In 1966 het dit egter verander toe die historikus Michael Coe ’n boek genaamd The Maya gepubliseer het, wat later die standaardnaslaanwerk oor die Majas se geskiedenis sou word. Weggesteek op die binnebladsye van sy boek het Coe ’n hoofstuk aan die Majas se kalender afgestaan en daarop gewys dat die Lang Telling op 21 Desember 2012 tot ’n einde gaan kom. Dit was die eerste keer in die moderne tyd dat iemand die einde van die Majas se jongste wêreld-era weer onder die publiek se aandag gebring het, en dié datum het die aandag van ’n klein, maar invloedryke, groepie getrek.

      * * *

      Soos die toeval dit wou hê, was daar op ongeveer dieselfde tydstip as die publikasie van Coe se boek ’n hippie genaamd Terence McKenna wat in Kalifornië besig was om op sampioene hoog te raak. McKenna was ’n charismatiese jong man met baie volgelinge, wat geglo het as jy dwelms soos LSD gebruik, kan jy verhewe en heilige insigte beleef. Op soek na ’n middel wat hom hoog genoeg kan maak om God, die Boeddha en nirwana gelyktydig te belewe, het McKenna en ’n groep volgelinge in 1971 na Colombië gereis om ’n legendariese dwelmmiddel genaamd oo-hoo-ké te probeer vind. Nog voordat hulle egter enige oo-hoo-ké kon opspoor, het McKenna op sampioene gebom geraak en ’n visioen beleef waarin die wêreld, die heelal en die toekoms volgens hom alles gelyktydig duidelik geword het. Hy het dié visioen later in ’n boek opgeteken en dit sy “tydgolf”-teorie genoem. Volgens dié teorie, waarvoor hy ook begronding in die Chinese wiggelsisteem die I Ching gevind het, het tyd ’n neiging om elke 67 jaar op ’n klimaktiese ramp uit te loop. Toe die atoombom in 1945 ontplof het, was dit so ’n ramp. Die volgende ramp sou 67 jaar later, in 2012, afspeel.

      Toe McKenna later hoor dat die Majas se kalender in 2012 doodloop, was die toeval vir hom en sy aanhangers net te groot. Die esoteriese subkultuur het stadigaan met al meer sekerheid begin bespiegel dat een of ander enorme ontwrigting in of kort ná 2012 gaan plaasvind.

      Die pseudo-argeoloog Graham Hancock het in 1995 ’n boek genaamd Fingerprints of the Gods gepubliseer waarin hy ’n teorie gewild gemaak het dat die Majas hul gevorderde tegnologie en sterrekundige kennis oorgeërf het van ’n vroeëre beskawing wat saam met die eiland Atlantis ondergegaan het. Hoewel ernstige historici hulle nie veel aan sy idees gesteur het nie, is miljoene eksemplare van die boek verkoop en het die idee posgevat dat die Majas se kalender gebaseer is op kennis wat veel meer gevorderd as ons moderne sterrekunde is. Hulle sou dus maklik ’n galaktiese ramp kon voorspel wat ons nog miskyk.

      Sedert 2000 het die eindtydverwagtings rondom 2012 die hoofstroom bereik en tot ’n magdom boeke aanleiding gegee. Kort voor lank is die term “2012-fenomeen” uitgedink as versamelnaam vir die losse groep filosofieë en profesieë wat ’n wêreldkatastrofe voorspel vir die tyd wat ná Desember 2012 gaan volg. Sekerlik die mees invloedryke was die boeke van ’n Belgiese skrywer, Patrick Geryl: World Cataclysm in 2012 (in 2005 gepubliseer) en How to Survive 2012 (2006). Geryl se voorspellings, wat volgens hom wetenskaplik begrond was, was meer kataklismies as enige van die voorafgaandes. Volgens hom sal die aarde onder meer op 21 Desember 2012 eensklaps in die teenoorgestelde rigting begin draai, hele vastelande sal oopskeur en ’n hemelhoë vloedgolf sal oor al die vastelande van die aarde spoel. Net mense wat hulle in die Drakensberge en op een of twee ander hoë pieke in Afrika bevind, sal ’n kans hê om te oorleef. Die rolprentmaker Roland Emmerich (bekend vir rampflieks soos The Day after Tomorrow) het van Geryl se idees gehoor en dadelik besef dit sal baie goed lyk op die silwerdoek – en só is die rolprent 2012 in 2009 uitgereik en het selfs die mees on-esoteriese Jan Rap en sy maat van die naderende apokalips te wete gekom.

      * * *

      Dít alles het ek nie by my vriend Ben gehoor terwyl ons nog ons tee in ’n Roodepoortse koffiewinkel sit en drink het nie. Ek moes dit later in boeke gaan uitsnuffel. Wat Ben my vertel het oor wat in die tyd ná 2012 gaan gebeur, was effens minder skouspelagtig as Emmerich se rolprent, maar uiteindelik nie minder kommerwekkend nie.

      Ek wou by hom weet presies watter einde hy en sy mede-2012-

      fundi’s meen in die nabye toekoms op die wêreld wag.

      “Hier is wat jy in gedagte moet hou,” het Ben vertel. “Ons het die wêreld oor die laaste vyftig jaar só ingerig dat al ons masjiene en netwerke aan mekaar gekoppel is. Neem net een skakel soos kommunikasiesatelliete weg en skielik kan niemand meer kommunikeer nie, die nooddienste werk nie meer nie, kos kan skielik nie meer by jou plaaslike supermark afgelewer word nie, niemand kan hul geliefdes opspoor nie. Koppel dit nou aan ’n natuurramp wat wêreldwyd paniek veroorsaak . . . Niemand weet hoe om hulp te kry, waarheen om te vlug, hoe om te oorleef nie. Die samelewing stort in duie. Ons vererger die impak van die rampe deur teen mekaar te draai. Mense word weerloos gelaat vir die verdere reeks rampe wat noodwendig op die voriges volg.

      “Al wat jy nodig het, is een groot sneller wat kommunikasiesatelliete en kragnetwerke vernietig, dan volg dié hele reeks rampgebeure. Een groot sneller wat ’n reeks rampspoedige gebeure aan die gang kan sit. Vat byvoorbeeld ’n groot sonstorm. Verbeel jou daar is ’n ongekende, vernietigende groot storm op die son. Dink ’n bietjie wat gebeur dan . . .”

      Ek het Ben se raad gevolg en probeer vasstel wat sal gebeur as daar op of ná 21 Desember 2012 ’n ongekende storm op die son sou losbars. En hy was reg; dit is inderdaad nie ’n mooi prentjie nie.

      Sonde met die son

      Enorme storms op die oppervlak van die son stuur uitstralings

      in ons rigting wat die beskawing verwoes.

      Om 05:59 op die oggend van Maandag 23 Januarie 2012 het die son gehoes. En soos wat dikwels met ’n hoes gebeur, sou dit heel verskoonbaar gewees het as dit nie was vir die feit dat iemand anders – in dié geval die aarde – reg in die pad daarvan gestaan het nie.

      Die enorme bol vuur, gas en aanhoudende kernontploffings wat ons die son noem, is in sommige opsigte bietjie soos ’n pastei in jou oond. Soos wat die binnekant warmer word, word die drukking al hoe meer en meer, met die gevolg dat die hele ding eendag sal bars as daar nie van tyd tot tyd ’n klein gaatjie in sy kors vorm om van die drukking te laat ontsnap nie. In die son se geval is die drukking wat deur dié klein gaatjies uitgelaat word massiewe uitbarstings van elektromagnetiese bestraling en plasma wat dikwels groter as die aarde self is. Op 23 Januarie het die son een van dié gebruiklike uitbarstings gehad en dit teen 2 000 km/sekonde uitgespoeg – ongelukkig reguit in die rigting van die aarde.

      Op aarde het ’n ligte histerie posgevat. Lugdienste soos Delta en United Airlines in die Noordelike Halfrond, waar die son se uitstralings die aarde reguit sou tref, het hul roetes gewysig. Alarmiste het bespiegel dat satelliete en kragnetwerke ontwrig sou word. Maar toe die son se uitstralings die aarde die volgende dag, op 24 Januarie, tref, was dit ’n antiklimaks. Satelliete het ongestoord in hul wentelbane om die aarde getol, kragnetwerke het aangehou om elektrisiteit na huise te gelei en selfs in die hoogste vliegtuie het niemand bestraling opgedoen nie. Teen Woensdag het die uitstralings Mars getref, waar daar geen