Die einde van die wêreld. Johannes Bertus de Villiers

Читать онлайн.
Название Die einde van die wêreld
Автор произведения Johannes Bertus de Villiers
Жанр Юриспруденция, право
Серия
Издательство Юриспруденция, право
Год выпуска 0
isbn 9780624057963



Скачать книгу

sy grot wou woon, hom die meeste van die tyd in die stad vir ’n salaris af. Maar al is hy nou die meeste van die tyd in die stad, sê hy een ding is seker. Op 21 Desember 2012 gaan hy al sy verpligtings laat staan en in sy grot gaan wag.

      Die einde van 2012 is ’n datum wat pal opduik as mense oor die eindtye gesels. Party dink dit is die dag waarop die aarde deur ’n ongekende katastrofe verswelg gaan word. Ander meen dit is die afskop van ’n era waarin dinge stelselmatig agteruit sal gaan totdat die bekende wêreld weldra tot sy einde kom.

      Jakkals het dié datum die eerste keer gehoor toe sy dogter, destyds ’n tiener, hom ses jaar gelede uit die bloute gevra het of hy weet dit is die datum van die apokalips. Nee, het hy geantwoord, maar hy sal kyk of hy op die internet meer kan uitvind. En soos enigeen sal kan getuig wat al die woorde “end times 2012” in ’n soekenjin ingetik het, was hy binne minute vasgevang in ’n bisarre kultuur van rampvoorspellings en oorlewingswenke.

      Op of ná 21 Desember 2012, voorspel sommige webwerwe, gaan enorme sonstorms die meeste van ons kommunikasiesatelliete en kragnetwerke uitskop en die beskawing tot ’n einde bring. Ander doemprofete gaan verder en voorspel dié sonstorms gaan die aarde se magneetveld laat omswaai en byna alle lewe uitwis. Daar is bespiegelings oor die misterieuse Planeet X wat in sy verbyswaai naby ons amok op aarde gaan saai. En selfs erger, sommige webwerwe voorspel dat Planeet X ’n klomp gevaarlike inwoners het wat na die aarde gaan oorspring om die mensdom af te maai.

      21 Desember 2012 is nie noodwendig die presiese datum van die einde nie, maar dit gaan wel ’n nuwe era inlei, sê die doemprofete, en dié oorgang sal met gewelddadige ontwrigtings gepaard gaan. Die ontwrigtings kan in 2012 gebeur, maar ook in die jare wat op die oorgang volg.

      Maar hoekom presies 2012? Die antwoord lê baie ver terug, aan die ander kant van die wêreld.

      Is die wêreld in sy Maja?

      Ben is nie noodwendig my beste vriend nie, maar hy is beslis een van my interessantstes. Ek ken hom van ’n ateljee waar ons albei joga doen en ek hou daarvan om na sy stories te luister omdat hy altyd met een of ander eksentrieke projek besig is. ’n Ruk gelede het hy hom tot rou vegetariër verklaar en opgehou om enige kos te eet wat verhit is toe dit voorberei is. ’n Ander keer het hy by ’n beweging aangesluit wat die meeste van die tyd net wit klere dra.

      Eendag, terwyl ons in ’n koffiewinkel in Roodepoort sit en tee drink, vertel hy my hy het besluit om sy plaas in ’n selfonderhoudende vesting te omskep waar hy sy eie krag gaan opwek, al die kos wat hy nodig kry, self gaan kweek, en ’n skuilplek gaan inrig sodat hy 2012 kan oorleef.

      2012 oorleef? vra ek.

      Talle mense doen dit, vertel hy. Hy ken ’n miljoenêr van die Wesrand wat onlangs op ’n plot ’n bunker van oor die R6 miljoen laat bou en dit vol kos en ander oorlewingsmiddele gestop het.

      Dit was nie die eerste keer dat ek van die 2012-fenomeen gehoor het nie. Enigeen wat TV kyk of tydskrifte lees, sal al iewers verwysings daarna teëgekom het. Ek het selfs eenkeer deur ’n rolprent genaamd 2012 gesit waarin die wêreld deur aardbewings en groot tsoenami’s verwoes word, maar ek kon nie mooi onthou wat die oorsaak van al die verwoesting in dié fliek was nie.

      Wat presies glo julle klomp gaan met die aarde gebeur? het ek Ben gevra.

      Dit sal eintlik ’n sameloop van ’n klomp katastrofes wees, eerder as net een, het hy geantwoord. Maar as jy regtig wil weet wat alles in 2012 en die daaropvolgende jare op die aarde wag, is die beste beginpunt die geskiedenis van die Majas.

      En só moes ek, soos almal wat die 2012-fenomeen wil verstaan, in die geskiedenis van Sentraal-Amerika gaan grawe.

      * * *

      Selfs al het hulle niks met die einde van die wêreld te make gehad nie, sou die Majas steeds fassinerend gewees het. Dié beskawing, wat sy hoogtepunt tussen die derde en tiende eeu in Sentraal-Amerika bereik het, het nou wel nooit die wiel uitgevind nie, maar hulle het daarvoor vergoed deur voor enigiemand anders tamaties, skorsies en aartappels te kweek. Hul lekkerste uitvinding was sjokolade.

      Baie mense ken die Majas danksy prentjies in Kuifie en ander storieboeke uit aan hul bont hooftooisels en klippiramides. Diegene wat Mel Gibson se rolprent Apocalypto gesien het, sal ook weet die Majas was lief daarvoor om menslike offerandes aan hul gode te bring. Maar wat bitter min mense hier in Suid-Afrika weet, is dat hulle ’n besonder gevorderde samelewing in Mexiko se oerwoude opgerig het. Ter illustrasie: Hul een stad, Teotihuacán, het tot 200 000 inwoners gehad, met groot boulevards wat dit deurkruis het en twee piramides. Oral was kleurvolle muurskilderye met uitbeeldings van oorloë, jagtogte en monsters. Die uitspattigste plek in die stad was ’n groot paleis waar die koning op ’n troon met jaguarvel-oortreksels gesit het terwyl ’n orkes op fluite, skulpe, tromme en skilpaddoppe musiek gemaak het. In die middel van die stad was die Tempel van die Geveerde Slang, een van die mees indrukwekkende piramides in hul ryk.

      Dit is belangrik om van dié dinge kennis te neem, omdat dit illustreer dat die Majas nie ’n klomp primitiewe hierjys was nie, maar ’n hoogs gevorderde kultuur. Hulle het waarskynlik veel meer van wiskunde, sterrekunde en ingenieurswese geweet as ek of jy (tensy jy baie ver in die wetenskappe gestudeer het).

      En tog, as ’n mens aan die geskiedenis reg wil laat geskied, moet jy ook noem dat die Majas allerlei onheilspellende gewoontes gehad het wat jou snags sal laat wakker lê as jy vandag te veel daaraan dink.

      Een of twee illustrasies: Die Majas was besonder erg daaroor om bloed te vergiet. Hul moderne aanhangers is dikwels New Age-erig en pasifisties, en sal nie daarvan hou om te hoor dat die Majas gedurig besig was om oorlog te maak nie, maar die realiteit is dat hul muurskilderye wys hoe hulle mense se koppe afkap en hul vingernaels uittrek. Menslike offerandes was ’n algemene verskynsel. Toe die Tempel van die Geveerde Slang byvoorbeeld gewy is, het hulle 200 krygsgevangenes se koppe by dié een geleentheid afgekap. En asof dit nie erg genoeg was nie, was dit ’n algemene praktyk vir mans om voor feesdae met ’n skerp beentjie van ’n pylstertvis gate in hul ore, wange, lippe, tong en penis te boor, bloed daaruit te tap en dan die beeld van een van hul gode met dié bloed te salf. Sies.

      Nog ’n gruwelike gewoonte: Op prente wat die eerste Spaanse invallers van hulle geteken het, sien mens dikwels dat hul koppe buitengewoon plat lyk. Dit is nie die gevolg van inteling of so iets nie; die Majas het hul pasgebore babas se koppe vir hul eerste paar dae tussen planke vasgebind om dit te omvorm, want hulle het gedink dit lyk mooi.

      En laastens: Hoewel hulle ’n indrukwekkende kennis van die sterrekunde gehad het, het hulle soos die meeste ou volke geglo die aarde is plat. Soms het die Majas mekaar vertel die aarde rus op die rug van ’n groot krokodil wat op ’n dam vol waterlelies dryf.

      So voordat mens jou toekomsverwagtings heeltemal op die Majas se voorspellings wil baseer, moet jy dalk in ag neem dat hulle soms ook effens primitief kon wees.

      In die tiende eeu het die Maja-beskawing meteens verdwyn. Een dag het hul stede nog gefloreer, en ’n paar jaar later was hulle skoonveld. Argeoloë vermoed dat hulle hul grond oorbenut het, dat dit tot ’n droogte gelei het en dat die Majas ’n reeks vernietigende oorloë teen mekaar gevoer het om die al skaarser voedselvoorrade in hul gebiede te bekom. Enkele klein groepies het aan die lewe vasgeklou, maar toe die Spanjaarde in die 1400’s in die Nuwe Wêreld aanland, het ook 90% van dié groepie hul lewens verloor as gevolg van koloniale oorloë en ingevoerde kieme.

      Die raaisel oor hul skielike verdwyning en die ruïnes wat hulle oral in Sentraal-Amerika se woude agtergelaat het, het daarvoor gesorg dat ’n aura van misterie hulle omgewe en het van vroeg af daartoe gelei dat nuuskierige Westerlinge oor die Majas se spiritualiteit en moontlike bonatuurlike ervarings bespiegel het. Vandag weet ons dat die Majas se spiritualiteit inderdaad een van hul mees indrukwekkende erflatings was. En ’n sentrale deel van dié spiritualiteit was die Majas se indrukwekkende kalender, bekend as die Lang Telling.

      * * *

      Die Lang Telling kan in baie breë trekke as volg opgesom word:

      Soos wat ons tyd in dae, weke, maande, jare, eeue en millennia opdeel, was die eenhede van die Lang Telling kin (1 dag), oeinal (20 dae), toen (360 dae),