Suster Leanie se groot hart. Naretha Franken

Читать онлайн.
Название Suster Leanie se groot hart
Автор произведения Naretha Franken
Жанр Эротическая литература
Серия
Издательство Эротическая литература
Год выпуска 0
isbn 9780624079866



Скачать книгу

weet nie.”

      Hy kyk skuldig anderpad. “Ek het haar diep binne-in my eintlik lankal vergewe, besef hoe moeilik dit vir haar moes gewees het. Haar familie het haar afgeskryf, sy is alleen oorsee …”

      Leanie gooi suiker in haar koffie en begin dit stadig roer. Miskien sal die soetigheid die hol kol op haar maag wegstreel. “Wanneer presies het julle weer kontak gemaak?”

      “Sy het my net na Nuwejaar uit die bloute gebel. Ek moes seker die oproep afgesny het, maar ek was so stomgeslaan dat ek net met die foon teen my oor bly staan het. Sy het die geleentheid aangegryp om te praat. Sy het gehuil en gesmeek dat ek haar moet vergewe, gesê dat sy grootgeword het en elke dag moet saamleef met wat sy aangevang het. Daarna het ons nog ’n paar keer oor die foon gepraat en verlede week het ek haar vir die eerste keer gaan sien – daardie dag by die hospitaal … Die res weet jy.”

      Leanie skud haar kop stadig heen en weer. “Ek kan nie glo dat jy dit alles vir my weggesteek het nie. Ek weet regtig nie of ek jou ooit weer sal kan vertrou nie, Henk.”

      “Ek is regtig jammer, lief. Asseblief. Dis nie dat ek dit vir jou wou wegsteek nie, die tyd was net nooit reg nie. Daar is niks meer as vriendskap tussen my en Liz nie. Ek belowe.”

      Sy ken hom lank genoeg om te weet dat hy opreg jammer is. Tog weet sy nie wat om te doen nie. Sy weet nie hoe hulle van hier af vorentoe moet beweeg nie. Daar haper reeds soveel in hulle verhouding en nou dít: geheime en leuens en ’n eksverloofde.

      Haar lyf bewe liggies.

      Die klomp kleintjies aan hul linkerkant het blykbaar klaar partytjie gehou en storm almal gillend by hulle verby. Leanie wag totdat dit stiller is voordat sy sê: “Miskien moet ons weer nadink, Henk. Hierdie verlowing van ons … Ek dink ons … Ek dink dit het tyd geword om eerlik met mekaar te wees. Om verloof te wees beteken veel meer as waarin ons verlowing verval het. Ek dink eerlikwaar dat ons dit moet verbreek.”

      Sy oë rek en hy gryp haar hand. “Nee, hoe kan jy dit sê? Net omdat ek een fout gemaak het?”

      “Geen verhouding of huwelik kan gesond wees as mens jou maat nie kan vertrou nie. Geheime is net so goed soos leuens en jy weet baie goed hoe ek dit haat. Ek sal moet leer om jou weer te vertrou en dit gaan beslis nie oornag gebeur nie. Buitendien, ons is al drie jaar verloof en tog is daar geen trouplanne nie. Daar is net altyd ’n ander verskoning. Miskien is daar ’n rede daarvoor.” Sy vee ’n lastige traan met die agterkant van haar hand af. “Kom ons stel die verlowing af tot ons beter weet hoe om vorentoe te beweeg.”

      “Breek jy nou met my op?”

      Sy huiwer. Sy wil hulle verhouding nie sommer so weggooi nie. Sy het immers drie jaar van haar lewe daarin belê. “Nee, maar as daar iets tussen ons gaan wees, moet dit uit meer as net pligsgevoel en gewoonte bestaan. Kom ons leer mekaar van voor af ken, gaan uit, bring tyd saam deur en probeer om ons verhouding op ’n sterker fondasie te bou.”

      Hy knik stadig. “As dit is wat jy wil hê, goed. Dan maak ons so.”

      Sy gebruik die servet op die tafel en vee haar trane af. Hy stem darem bitter maklik in om die verlowing te beëindig. Maar dis tog wat sy wou hê, nie waar nie?

      “Nog ’n ding, Henk. Moet my nie saamsleep as jy voel jy wil jou verhouding met Elizna weer ’n kans gee nie. Dan moet dinge tussen ons sommer nou finaal tot ’n einde kom. Ek kan sien sy wil jou terughê – daarom het sy haar mes in vir my.”

      Hy skud sy kop. “Ek en Liz kan nie meer as vriende wees nie.”

      Kán nie? Maar hy sê nie wat hy wíl doen nie … Nee, sy is sommer oorgevoelig. Sy kyk hoe hy ’n paar skyfies in sy mond sit en begin dan aan hare peusel.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RZURXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAmAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAmIdpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUuNSAoTWFjaW50b3NoKQAyMDE2OjEw OjExIDE0OjQwOjQ5AAADoAEAAwAAAAEAAQAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAFRYAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwDTfyY8T+VC cJKI/knzKGXtlNS859dM6wMxemsJFYJyngd3n9BR/wBttbd/24sDAtLXei47fzdeBH7y383plvXf rLfjNsNNeLVUHPFfqGXDcxra91X/AAr977PoMWLm9NuwM63Gsc31aXCHjhzSN9djN217d7HJcQuu rJwSERKvSerPIFbfogwOHO0n+yPftVnJaRgYdtmj5dV6YAJdXPqb/p+1+92zbZ/1xAx8d2VY2qqt z7HQNxXYn6rOs6OcNzwbDD2aaB8RCEpC10IEgvCWSx+4w4E6hpkfBv0d+1an1eyHerZ010Fjw62h 0xDmj3s/ts/6ap30ZWLc7HyGmpzNCDoT/a/8gl0gPHWcVrT6n6QHngR7na/yU7QhYdDq7T7WMmSq 1mTJ9oRc3H9PIcOQdQgbfJQk9F8QN2BfY7kptvjqiQlCC5htSUoSSU//0L7zM69yoe0aqld1Cpj3 NB3EE6fNCGbbY8ACAo7C+i2sKsO6zm0sO12Xi05DSRIJx3Px30u/kWb6FV+uHSW2jBy6mOfm3u+z uA1c6B6jHODfZ+h/mt62elMa6o3OaC73sDj+6Szc3/PYnvYLMyi3cZxwQ3vIJCinICdht4wTijE+ LX6L9Xv2e1jrHh10e4Ad/DetsufEfghXMudUTU8sd4t0M/1ljjq3VvX2UB+UWuIupyKxWGj+Rl0t b/0q7ULtkEa2Da6tg4vUaHMya/ePoWfnD5rmcXp3Tel5xvddtdtLGmxwHP0tq3OqdaOE6ih2O+zN ywTjYogkx+dZaPZXX/LVLH+puPbOX1i0vybzush2xonX06p