Название | Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal |
---|---|
Автор произведения | Henk Viljoen |
Жанр | Учебная литература |
Серия | Piekfyn Afrikaans |
Издательство | Учебная литература |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9781770029477 |
c. eienskappe (wenk 2)
d. skinderpraatjies (wenk 4)
3. Skryf die verkleinwoorde van die woorde tussen hakies neer.
a. Elke klein positiewe (opmerking) kan ’n goeie invloed hê.
b. Elke idee, hoe nietig die klein (idee) ook al is, kan baie beteken.
c. Elke nuwe dag in jou lewe is nie ’n geringe (dag) nie.
d. Mense dink dikwels hulle voorbeeld is ’n klein (voorbeeld).
e. Deel elke klein positiewe (gedagte) met ander.
4. Kies die regte spelling van die woord wat tussen hakies gebruik is.
Sorg dat jy ’n (navolgingswaardige/navolgenswaardige/navolgendswaardige/navolgindswaardige) voorbeeld stel.
5. Verander die woordorde van die onderstaande sinne deur met die woorde tussen hakies te begin.
a. Hou op om negatiewe opmerkings oor jouself te maak. (Moenie . . .)
b. Sê elke dag mooi goed oor jouself. (Elke dag . . .)
c. Moenie skinder nie. (Jy . . .)
d. Probeer om positief na omstandighede te kyk. (Kyk . . .)
6. Kies die regte skryfwyse in die volgende sinne.
a. Hulle wil altyd (hulleself/hulle self) help.
b. Jy sal (agter bly/agterbly) as jy nie nou vinniger loop nie.
c. Ek hou van (perd ry/perdry), want dit maak my altyd positief.
d. (Ys skaats/Ysskaats) laat ’n mens so vry en gelukkig voel.
e. Sorg dat jy (jouself/jou self) altyd met positiewe gedagtes (besighou/besig hou).
f. Die persoon wil ’n goeie (indruk/in druk) op die onderhoudvoerder maak.
g. Hou spelreëls altyd (in gedagte/ingedagte) wanneer jy skryf.
7. Skryf die regte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.
a. Ons voel (baie gelukkig) oor die omstandighede, terwyl ander weer (baie ongelukkig) daaroor voel.
b. Hy eet ’n (baie ryp) piesang om beter te voel.
c. Hy is minder vatbaar vir kritiek, maar sy is die (min) vatbaar daarvoor.
d. Een negatiewe mens is (slu) as baie ander mense.
Verryking: Joernaalinskrywing
Skryf nou ’n joernaalinskrywing vir aktiwiteit 2. Die volgende vrae kan jou help.
Wat het jy uit die teks “Wat is jou selfbeeld?” geleer?
Hoe kan jy dit wat jy in die teks geleer het, met jou eie ervaring in verband bring?
In hierdie aktiwiteit gaan jy
stellings in groepe bespreek en na mekaar se menings luister
’n tydskrifartikel lees en vrae beantwoord
werkwoorde en voegwoorde in sinne gebruik
voortgaan met jou joernaalinskrywings.
Daar is baie mense wat nie daarin slaag om positief oor hulleself te voel en te dink nie. Dit lei dan daartoe dat hulle in depressie verval. Dit is daarom ook nodig dat ’n mens bewus moet wees van hierdie probleem wat dikwels as die “siekte van die moderne tyd” beskou word.
Daar bestaan soms verkeerde opvattings by mense oor wat depressie is. Gesels in julle groepe oor die moontlike verkeerde idees wat ’n mens oor hierdie probleem het. Gebruik die onderstaande tabel met vrae en kyk of jou siening verander nadat jy die teks gelees het. Gaan soos volg te werk:
Groepbespreking
Bespreek eers die stellings in groepe.
Besluit of julle as groep met die stellings saamstem of verskil. Gee redes waarom julle so sê.
Luister na mekaar se menings en neem dan julle finale besluit.
Lees dan die teks “Daar is hulp vir depressie”.
Bespreek nou weer die stellings en kyk of julle van opinie verander. Gee redes waarom jul nou verskil/nie verskil nie.
Voordat jy begin lees | Stelling | Nadat jy gelees het |
Stem saam./Stem nie saam nie. | Daar is nie werklik hulp vir depressie nie. | Stem saam./Stem nie saam nie. |
Stem saam./Stem nie saam nie. | Neerslagtigheid en depressie is dieselfde. | Stem saam./Stem nie saam nie. |
Stem saam./Stem nie saam nie. | Almal raak een of ander tyd neerslagtig of terneergedruk. | Stem saam./Stem nie saam nie. |
Stem saam./Stem nie saam nie. | Depressie is oorerflik. | Stem saam./Stem nie saam nie. |
Stem saam./Stem nie saam nie. | ’n Positiewe mens kan nie depressief raak nie. | Stem saam./Stem nie saam nie. |
Stem saam./Stem nie saam nie. | Slegs volwassenes raak depressief. | Stem saam./Stem nie saam nie. |
Stem saam./Stem nie saam nie. | Depressie kan aan sekere simptome uitgeken word. | Stem saam./Stem nie saam nie. |
Stem saam./Stem nie saam nie. | Dokters weet presies hoe om depressie te hanteer. | Stem saam./Stem nie saam nie. |
Stem saam./Stem nie saam nie. | Mense is soms bang om depressie te erken en hulp te vra. | Stem saam./Stem nie saam nie. |
Stem saam./Stem nie saam nie. | Daar bestaan dikwels verkeerde idees oor depressie. | Stem saam./Stem nie saam nie. |
Lees die tydskrifartikel aandagtig deur. Skryf die woorde in skuinsdruk in jou persoonlike woordelys. Slaan die betekenis na in ’n woordeboek.
Daar is hulp vir depressie
1Depressie moet nie met terneerge-druktheid verwar word nie. Volgens Health24 se kuberkopdokter, prof. Michael Simpson, is dit heeltemal normaal om soms neerslagtig te voel. Dit moet net nie te lank aanhou en met jou alledaagse leefwyse inmeng nie. Wanneer slaapversteurings en eetlusveranderings voorkom, kan dit op depressie dui.
2Die presiese oorsaak van depressie is nog nie heeltemal duidelik nie. Wanneer die werking van breinoordragstowwe versteur word, kan depressie ontstaan. Breinoordragstowwe is chemikalieë in die brein wat die oordrag van boodskappe tussen senuselle beheer. Persone wat ’n nabye familielid met dié probleem het, is soms meer vatbaar vir depressie. Onhanteerbare omstandighede in ’n mens se lewe kan hierdie probleem ook verder aanhelp. Jou eie persoonlikheid kan jou ook vatbaar vir depressie maak. Daarom is dit belangrik om van vroeg af te leer om ’n positiewe lewensuitkyk te handhaaf en om vaardighede te ontwikkel om stres te beheer.
3Ontstellende statistiek toon aan dat twee persent van 12-jariges en agt tot veertien persent van 15- tot 18-jariges aan depressie ly, volgens dr. Graham Emslie van die Universiteit van Texas in Amerika. Die simptome is partykeer anders as by volwassenes. Kleintjies is soms buitengewoon traag om skool toe te gaan, terwyl tieners weer swak vaar op skool, dwelms gebruik, begin rondslaap of van die huis af wegloop.
4’n Traumatiese gebeurtenis is dikwels die oorsaak van ’n eerste aanval van depressie. ’n Volgende stresvoorval kan ’n verdere aanval veroorsaak. Volgens prof. Piet Oosthuizen van die Universiteit van Stellenbosch word depressie dikwels deur ’n stresvolle gebeurtenis soos die dood van ’n geliefde veroorsaak. Hulp is dus dringend nodig.
5Met die regte behandeling sal tagtig persent van depressielyers verbeter en sestig persent sal ten volle herstel. Die regte medikasie en terapie sal die oplossing vir die probleem wees. In sekere gevalle is antidepressante nodig. Dié middels lewer ’n bydrae dat die breinoordragstowwe langer hou of doeltreffender werk. Dit is baie noodsaaklik dat die medikasie vir die regte tydperk gebruik word. Daarom is dit noodsaaklik