Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal. Henk Viljoen

Читать онлайн.
Название Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal
Автор произведения Henk Viljoen
Жанр Учебная литература
Серия Piekfyn Afrikaans
Издательство Учебная литература
Год выпуска 0
isbn 9781770029477



Скачать книгу

colspan="2">buffel – ’n onbeskofte persoonlamsak – iemand wat ’n papbroek is, ’n ruggraatlose mensremskoen – iemand wat ’n saak vertraagvoorbok – iemand wat die aanvoorwerk doen by kwaaddoeneryVaste verbindings (Slaan die betekenisse na in die woordeboek)dan en wanpimpel en persdie kroon spanplagiaat pleeghand op die hartskalkse glimlagklinkklare bewysstank vir dankmag en geweldwis en onwispaal en perk aan iets stelWisselvormeaanbiedinge; aanbiedingsaartappel; ertappelbedankings; bedankingegare; garingsgimnasiums; gimnasiamaats; matersSelfstandige naamwoorde met meer as twee meervoudsvorme (die betekenis verskil)maat – mate (wat jy meet); maats (vriende)kus – kusse (soene); kuste (by die see)skof – skowwe (rugkant van osse); skofte (werktye)Leer die volgendeToneelspelers repeteer (oefen) ’n stuk wat hul instudeer. Hierdie repetisies is baie belangrik.Die onbekende akteur debuteer vanaand in die Staatsteater saam met die bekende virtuoos. 75937.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n vriendskaplike brief skryf

       die stappe van prosesskryf toepas.

      Skryf ’n informele brief.

      Julle skool het ’n toneelaand gehad, wat ’n groot sukses was. Jy was ook deel daarvan en het die aand pootuit by die huis gekom. Jy is so lus om dit met iemand te deel. Skryf ’n brief aan jou vriend/vriendin om hulle van die aand te vertel. Maak gebruik van die stappe van prosesskryf. Jou brief moet 140-160 woorde lank wees.

      Gebruik hierdie formaat wanneer jy jou brief skryf:

brief.jpg

      Maatassessering

      Gee jou brief vir jou maat om deur te gaan en al die foute vir jou reg te maak. Gebruik die volgende kontrolelys:

Die vriendskaplike brief het . . .JaNee
Die vorm
Die adres staan regs bo.
Die straatnaam is reg gespel/“Posbus” is reg gespel.
Die straatnommer staan na die straatnaam/ Die posbusnommer staan na die posbus.
Die poskode is ingevul.
Die datum staan direk onder die adres.
Die aanhef staan links.
Daar is ’n reël oop tussen die aanhef en die inleidingsparagraaf.
Daar is ’n reël oop tussen elke opeenvolgende paragraaf.
Na die woord “Liefde/Groete/Liefdegroete” is ’n punt.
Daar is ’n reël oop voor die slotgedeelte.
Daar is geen punt of komma in die slotgedeelte nie.
Die inhoud en taalgebruik
Interessante, lekker geselstrant.
Inhoud konsentreer op die onderwerp en wyk nie af nie.
Goeie sinsgebruik. Wissel lang en kort sinne af. Elke sin begin met ’n hoofletter en eindig met ’n punt.
Paragrawe is nie te lank nie. Elke paragraaf gaan oor een onderwerp.
Goeie woordeskat. Gebruik interessante lekkersê-woorde. Wissel woorde af en gebruik nie dieselfde woorde oor en oor nie.
Taalgebruik is suiwer.
76398.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n visuele teks (spotprent) bestudeer en interpreteer

       ’n informatiewe teks bestudeer

       geïntegreerde taalvrae beantwoord.

      Leesbegrip: Visuele teks – spotprent

      Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae.

76559.jpg

      1. Karakters:

      a. Beskryf die karakters wat in die spotprent voorkom. (3)

      b. Is hulle karakters in eie reg of verteenwoordig hulle stereotipes of karikature? Gee ’n rede. (2)

      c. Dink jy die ma is regtig blind? Motiveer jou antwoord. (1)

      d. Watter karakter is vir jou die snaaksste? Hoekom? (2)

      2. Agtergrond/omgewing:

      a. Waar vind die gebeure plaas? (1)

      b. Is die situasie op feite of fiksie gebaseer? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)

      c. Ironie is wanneer dit wat gebeur die teenoorgestelde is van wat jy verwag. Kan jy ’n voorbeeld van ironie in die spotprent raaksien? Verduidelik hoekom dit ironies is. (2)

      d. Dink jy hierdie is ’n tipiese toneel in een van Suid-Afrika se stede? Hoekom?/Hoekom nie? (1)

      3. Taalgebruik:

      a.Aan wie is die kennisgewing op Beeld se plakkaat gerig? (1)

      b. Hoe beïnvloed leestekengebruik en hooflettergebruik die atmosfeer of stemming van die spotprent? (2)

      4. Handeling/aksie:

      a. Hoe versterk die karakters se handgebare en gesigsuitdrukkings die spotprent se boodskap? (1)

      b. Hoekom dink jy is daar ’n voertuig waaruit skote gevuur word in die agtergrond? Wie is hulle? (1)

      c. Hou jy van hierdie spotprent? Hoekom?/Hoekom nie? (1)

      Totaal: 20 punte

      Taalstrukture en -konvensies

      Lees die volgende teks deur en beantwoord die vrae.

      Jy, jou kind en sepies

Oppiekoffie.psd

      1Sepies is nie net daar om televisiekykers te vermaak nie; daar is ook heelwat lewenslesse en jakkalsstreke. Ja, daar is meer in TV-sepies soos 7de Laan, Binnelanders en Villa Rosa as seepborrels.

      2Kyk jou kind alleen sepies? Moet ouers en hul kinders saam na sepies kyk of nie?

      3“Deesdae se sepies beeld sosiale kwessies soos dwelmverslawing en selfmoord uit, en dit is die ideale geleentheid waar jy as ouer dit met jou kind kan bespreek,” sê dr. Naledi Zulu, ’n kundige aan die Noordwes-Universiteit. Jy as ouer kan die gevolge uitwys van Paula (Diaan Lawrenson) se optrede as sy ’n witleuentjie vertel soos dat sy “navorsing gedoen het”, terwyl sy eintlik ’n manikuur by Laura Lee se spa gehad het.

      4Die vervaardiger van 7de Laan, Danie Odendaal, verdedig Diaan se karakter. “Sy is ’n komiese karakter. Sy jok nie om iemand te na te kom nie. Boonop waarsku Aggie haar gereeld dat sy nooit in die hemel gaan kom nie.”

      5’n Opvoedkundige sielkundige is van mening dat kinders jonger as 12 jaar nie na sepies moet kyk nie. Selfs 17-jariges sukkel met die identifisering van waardes. Hul waardes is nog onontwikkel en hulle is beïnvloedbaar. Gesinne moet hul liefde betoon deur daar te wees vir hul kinders.

      6Ouers moet meer gehaltetyd saam met hul kinders bestee as om te probeer verduidelik wat is realiteit (die lewe) en wat is fiksie (sepies). Wat is die nut daarvan om vir ’n sesjarige te probeer verduidelik dat ’n volwassene op TV nie eintlik selfmoord gepleeg het nie?

76717.jpg