Название | Kobra |
---|---|
Автор произведения | Deon Meyer |
Жанр | Ужасы и Мистика |
Серия | |
Издательство | Ужасы и Мистика |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9780798165051 |
Die forse brigadier Musad Manie is die Valke se Kaapse bevelvoerder.
“You think this is about something else, sir?”
“All I know is that Adair is probably who she says he is. As for the rest, we’ll have to see.”
Griessel begin verstaan. “Is that why you did not just send me and Vaughn when they called, sir? You knew, when they called this late on a Monday evening …”
“I suspected something might be brewing.”
“And that’s why you did not tell her everything, sir?”
“Yes, Bennie. When you’re working with intelligence people, you should always have an ace up your sleeve. Always. We have a few, and I want to keep it that way. So, the first thing you do, is send her the wrong email address for Paul Anthony Morris. Just a small typo …”
Hy wonder of hy ’n hunkering in Nyathi se stemtoon gehoor het.
Griessel het hom nog altyd as ’n regverdige, nadenkende man ervaar, maar stil, ingetoë en grootliks onlees- en onkenbaar. Vanaand het hy ’n skerpsinnigheid ontdek, ’n vaardigheid vir dié strategiese spel wat hy wat Bennie is hom moeilik sal kan nadoen.
Die kolonel het dit geniet daar in die konsul-generaal se kantoor, dit kon hy sien. En nou, hier in die kar, was daar ’n geesdrif, ’n bruising wat hy nog nie voorheen by Die Giraffe bespeur het nie. Hoe moet dit wees om ná die adrenalien en opwinding van spioenasie in Londen nou in ’n bevelvoerderspos – eintlik meestal net mensebestuur, administrasie en pyn vat van bo af – in die SAPD te wees?
Geniet hy sy werk?
Anderkant Canal Walk vra Nyathi of hy asseblief vir Cloete, die skakeloffisier, kan bel en vra om in te kom. En vir majoor Benedict “Bones” Boshigo. “Tell Bones to come directly to my office, and not to talk to anyone.”
Nadat hy dit gedoen het – en Bones gereageer het met ’n “dis nooit ’n goeie sign nie, nè” – besluit hy en die kolonel wat hulle vir hul kollegas gaan sê.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.