Eerste lewe van Adamastor. André P. Brink

Читать онлайн.
Название Eerste lewe van Adamastor
Автор произведения André P. Brink
Жанр Контркультура
Серия
Издательство Контркультура
Год выпуска 0
isbn 9780798153560



Скачать книгу

loop dan weer aan; hurk; loop. Naderhand op die voorste rotse, die hoogste punt, penorent om alkante toe te kyk en seker te maak daar’s niks en niemand in sig nie, ene meerkat. ’n Hele lange ruk, toe eers begin hy tydsaam losmaak en afstroop aan die klere op klere op klere, tot by die witste binneste, pure uintjie wat jy afskil. Ek het nog bly sit, nie geroer nie. Die kale mens het spring-spring oor die plate gevoetvoel na die lang smal poel aan die ver kant, en nog dan en wan bly staan om rond te kyk. Daar was net meeue. En ek; maar vir my kon die mens nie sien nie, nie daar bo in die klippe in nie. Selfs toe dit in die water ingaan, het ek voetjie vir voetjie begin afkom. Nog niks vermoed nie.

      Eers toe ek reg teen die kliprand van die poel kom staan, gewaar ek dis vrou. Nooit ’n man nie. Die ronde borskalbassies, en hier, so, dit kan man mos nie miskyk nie. Met dié kry die mens my toe ook in die oog, en sy gee ’n skreeu. Ek buk nog ewe en tel haar klere op om vir haar te gee, maar toe begin sy éérs te kere gaan. Pure nes ’n krap begin sy val-val wegskarrel oorkant toe, en kort-kort steek sy vas en draai half om en smyt handevol wit water na my kant toe. Ek kon die skrik nie verstaan nie.

      “Moetsi atse,” het ek gegroet, want so is ek grootgemaak. “Ek sien jou.”

      Sy’t bly water spat en skree.

      Om haar te laat sien sy’s veilig, daar is niks om voor bang te wees nie, ek is mens nes sy, het ek die riempies losgeknoop wat die ghai-vel van saggebreide muskeljaat voor my hou. Die skree wat sy tóé geskree het, was iets verskrikliks. Skoon uit die water uit, oor die gladde rotre, val en weer op, val en weer op, in ’n wye boog oor die strand, heel by my verby, terug na waar sy gelê is, en heeltyd aan die skree soos ’n meeu.

      “Hebba ha!” het ek agter haar aangeroep. “Kom hier!”

      Maar dis net lang wit bene wat swaai, met dié manier wat ’n vrou mos het om te hardloop, en die hare los, tot sy binne-in die eier tuimel wat haar kant toe gebring het.

      Dit was soos een van dié drome wat die naglopers aanbring om ’n man in sy slaap te pla: as jy wakker word, dan staan jou ding soos ’n kierie en bewe. En net daar kom ek toe agter hoekom sy geskrik het, want daar was ander gewees wat vóór haar vir my geskrik het, in die seun-en-meisiespeletjies van ons kleintyd, toe dit al begin duidelik word het wat ek, T’kama Grootvoël, van my onstuimige pa geërf het. As sy my net wou kans gee: met bietjie geduld kon alles opgelos word. Maar geduld was net wat ek self toe ook nie gehad het nie. Want ek wis, terwyl ek haar so staan en kyk, dat daar ’n bitterbessiegifpyl in my lewe kom sit het. Dié kop-orent mamba van my sou nie weer tot rus kom voor hy lêplek kry diep in die kloof wat vir hom bedoel was nie, soos daardie orent ding in die heilige stapel van Heitsi-Eibib. Verslae en hartseer soos ek was, het ek nie eens aanstalte gemaak om haar agterna te sit nie. Net bly staan en kyk hoe sy klein raak oor die sand, al duskant die hoogwatermerk langs waar die sand vas was, tot terug in die dop. En toe’t sy begin terugroei teen die lae skuimbranders in, wegter en wegter van my af, heel uit my lewe uit, vir goed, die groen see in.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RxzRXhpZgAATU0AKgAAAAgADQEAAAMAAAABDmQAAAEBAAMAAAABCx0AAAECAAMAAAADAAAA qgEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAAsAEbAAUAAAAB AAAAuAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAwAEyAAIAAAAUAAAA3gE7AAIAAAAKAAAA8odpAAQA AAABAAAA/AAAATQACAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNp bnRvc2gAMjAxMzoxMDowMSAxNDoxNTo1MABWaXJ0dWFsIDgAAASQAAAHAAAABDAyMjGgAQADAAAA Af//AACgAgAEAAAAAQAABmGgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgEDAAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAAB AAABggEbAAUAAAABAAABigEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAABkgICAAQAAAABAAAa2QAAAAAA AABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9iZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJ CAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM DAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDA