Wanneer ’n wildvreemde meisie in Weerklank van ons liefde per ongeluk in dr. Rudolf van der Merwe se lewe – én sy woonstel, sy bed en sy slaapklere – beland, raak hy onherroeplik verstrengel by ’n tergende raaisel. Want dié naamlose meisie ly aan geheueverlies, en al leidraad is ’n koerantberig oor ’n onopgeloste moord waarvan die sleutelverdagte spoorloos verdwyn het . . . Net ’n groot skok sal die verlede vir haar kan oopruk. En dis presies wat die verleidelike en slinkse rooikop-joernalis, Catherine, besluit om te doen. Want sy het self ’n ogie op Rudolf en sal haar deur niks laat stuit om die meisie, wat as Babie bekend staan, in ’n slegte lig te stel nie . . . ’n Tyd om te ween is ’n diep roerende verhaal waarin mense mekaar leer om te gee, selfs in die haglikste omstandighede, en waarin hulle besef: die lewe verloop selde soos jy dit beplan. Ná Paul Henning se hartaanval moet Rietspruit ’n ander dokter kry. Maar Hybre, dokter Paul se dogter, vertrou nie die briljante dokter Ewald Waltmann nie. Wat kom soek so ’n suksesvolle geneesheer op so ’n klein plekkie? Die atmosfeer is van die begin af gelaai; reeds by hul eerste ontmoeting spat die vonke. En hierdie gespanne verhouding vererger toe Ewald se halfbroer, Dieter, ook ’n dokter, op ’n dag onverwags en onaangekondig op Rietspruit uitslaan . . . In Die oujongnooi van Polkadraai besluit Silpa Stander, een van die beste grimeerkundiges in die Kaapse teaterwêreld, om haar talent op haar eie gesig te beoefen . . . nie om haarself mooier of jonger te maak nie, maar ouer, ’n volle twintig jaar ouer! Want ter wille van die liewe ta’Fien wat so erg bekommerd is oor haar broer en sy kleinkinders op die plaas, besluit Silpa om haar voor te doen as ’n middeljarige oujongnooi om die pos te kry as huishoudster vir oupa Dries en sy twee kleinkinders. Maar met die pa van die twee kinders het sy nie rekening gehou nie . . . hy is veel strenger, hardkoppiger, en ook veel, veel aantrekliker as wat sy haar ooit sou kon voorstel!
Al wat Liliane Beaudelaire oor haar ouers weet, is dat haar pa haar by ’n weeshuis in Frankryk gelos het sodat hy na haar ma in Arabië kon gaan soek. Hy het nooit teruggekeer nie. Ene monsieur Laurent bied die twintigjarige Liliane die geleentheid om Arabië toe te gaan, maar daar maak sy die skokontdekking dat hy beplan om haar as die slavin Farhah te verkoop. Durf sy hoop dat die forse sjeik Dawud haar sal help? En wat weet hy omtrent haar ware identiteit?
In Waar die frangipani bloei is die streng, tradisievaste Portugese Edelman die Duque Diago de Velira Cervantes in beheer op die rustige dorpie Braco aan die kus van Afrika. Niemand op die dorpie sal ooit droom om teen die wense en begeertes of instruksies van dié adellike hertog te handel nie. Tot die beeldskone, moderne Ronelle Dekker haar vader op Braco besoek. Heel gou kom Ronelle tot die ontdekking dat haar moderne lewensuitkyk en haar moderne kleredrag reëlreg indruis teen die streng, ongenaakbare Duque se tradisies en beginsels. Met haar vurige, selfstandige geaardheid en haar drang na avontuur, kom Ronelle uit die staanspoor in botsing met die wense van die ewe vurige, aantreklike Portugese hertog en dis nie lank voordat die vonke op Braco spat nie . . . In Lied van die Isar gaan kuier Tillie Joubert vir twee maande by haar familie in Duitsland nadat sy haar onderwysstudies voltooi het. Daar ontmoet sy die aantreklike baron Ludwig Krafft. Hy raak dadelik halsoorkop verlief op die meisie uit Suid-Afrika, en teenstrydig met die tradisies van die Kraffts, vra hy haar om met hom te trou, al is sy nie uit die Duitse adelstand nie. Nadat haar ouers aanvanklik teësinnig was oor die vinnige romanse, gee hulle uiteindelik toe en Tillie trou met haar baron. Daar is egter een vlieg in die salf in die vorm van Heidi, Loui se weduweesuster wat by hulle op Burkenhof kom woon. Sy is baie jaloers op Tillie en doen haar bes om die jong vrou by haar man in onguns te bring. Toe Tillie ontdek dat sy ’n baba verwag, slaag Heidi byna daarin om die jong huwelik én vir Tillie te vernietig. Tillie verloor in elk geval die baba. Op Loui se aandrang gaan kuier Tillie vir haar ouers in Suid-Afrika, en aanvaar dat sy Loui se liefde verloor het. En in Jy is my droommeisie voel Liza Steenberg dat die lewe haar verbygaan op die klein plattelandse dorpie Denneheuwel. Johannesburg met sy polsende stadslewe wink vir haar, en kort voor lank bekom sy ’n betrekking by ’n vooruitstrewende sakeonderneming. Rademeyer-beleggings se direkteur, Thys Rademeyer, is lank, blond en onweerstaanbaar aantreklik. Hy soek lankal na sy droommeisie, sy feeprinsessie, maar hoe moet hy kies tussen die mooie Liza en sy bekwame, beeldskone sekretaresse wat haar vangnet al jare lank fyn span?
Ná ’n liefdesteleurstelling wil Mia de Villiers vir ’n ruk uit Suid-Afrika wegkom en sy gaan werk as ’n versorger op die eiland van Jersey. Sy kom dadelik met haar werkgewer, die weduwee Sarah de Lisle, oor die weg, maar met haar seun, Jean de Lisle, sit sy vas. Uit die staanspoor is Jean laat om haar by die lughawe op te laai en hy gee te kenne dat Mia sy kosbare tyd as eienaar van ’n makelaarsmaatskappy mors. Boonop insinueer hy dat sy na die belastingparadys Jersey gekom het om vir haar ’n ryk man te vang. Mia vererg haar vir die arrogante vent met sy spoggerige Ferrari – hy moenie dink sy is soos sy trofeemeisies wat deur sy rykdom beïndruk word nie. Hy is nou wel die aantreklikste man wat sy al ooit teëgekom het, maar ná sy deur haar eks-verloofde verkul is, gaan sy beslis nie voor ’n rokjagter soos Jean swig nie. Al blyk dit ook gaandeweg dat dié alfaman ’n sorgsame, sagter kant het wat hy nie sommer vir enigeen wys nie . . .
In Vermoedelik verlief hoor Mynie dat haar kêrel ’n beeldskone meisie agter haar rug sien. Sy skryf aan Wewenaar, ’n prokureur wat in ’n hoekie vir eensames adverteer. In Twee roepees vir ’n lewe beland ’n lugwaardin in ’n bose skurkenet. En in ’n Rooikop en twee ridders kyk Addy die ou met die Blou Bul-T-hemp vlak toe hy vir haar ogies maak by die Paddanag wat sy vir Matotoland Ekotoerisme reël.
In Merk van die skarabee word Marcelle Wiid, jong Suid-Afrikaanse lugwaardin, in Kaïro deur ’n fanatiese kultusgroep ontvoer. Haar verloofde, Deon Rabie, en haar suster, Elmarie, volg haar spoor. Maar telkens word hulle gestuit deur die vreemde skarabeeteken. En keer op keer duik die geheimsinnige Hoessein Abd-el-Rahman ongevraag op om hulle uit nog ’n penarie te red. Haar hart hunker na hierdie enigmatiese Oosterling, maar haar verstand waarsku haar. Daar is net te veel teenstrydighede . . . Wanneer Elmarie ontvoer word en ook in die kloue van die skarabeekultusgroep beland, verdiep die raaisels. Waar pas Hoessein in by Hatsjepsoet en haar minnaar Nektanebo? En waarom soek almal die goedkoop skarabeehangertjie wat Marcelle vir haar suster by ’n straatstalletjie gekoop het? In Hartklop van Hawaii voel Kara Malherbe vandat die vliegtuig op die lughawe van Honolulu land asof sy ’n rol in ’n onbekende drama speel – die draaiboek ken sy nie, nog minder haar mede-akteurs of haar eie rol. Waar pas die Hawaiise magnaat Rupert Sinclair – Kamehameha oftewel “koning” vir die Polinesiërs – en die FBI-speurder Peter Conway in hierdie drama? Vrilette Karl, Amerikaanse miljoenêrsdogter, het spoorloos van Rupert se landgoed af verdwyn. En nou bevind Kara en haar medewenners van die skoonheidswedstryd hulle teen wil en dank op dieselfde plek van onheil. Wanneer Molly en Daphne ontvoer word, beland Kara in ’n doolhof van vertwyfeling en wanhoop waarin sy net dieper verdwaal raak. Enersyds roep haar hart na Kamehameha; andersyds vorm alle leidrade ’n reguit pyl na Rupert Sinclair. En in Vlug van die albatros stem Nadia Durandt in om haar broer, Rudy, te help bou aan ’n nuwe toekoms as ingenieur ná jare van ongelukkigheid. Die geheimsinnige Kurt Gerlach, Rudy se nuwe baas, het die voorwaarde gestel dat Rudy getroud moet wees, en as “man en vrou” vertrek hulle saam na die Maledive-eilande naby Indië om aan ’n bouprojek te werk. In die vreemde wag die verleidelike Aja en haar soel-aantreklike broer Amir op hulle – om te help met die projek, maar ook om die liefdesgod voltyds besig te hou. Gou vier jaloesie en frustrasie hoogty en begin ontstellende dinge gebeur.
Erika Strauss het klaar studeer en wil begin om sielkunde te praktiseer, maar skielik is haar eie psige vir haar ’n raaisel. Dis die aantreklike donkerkopman wat sy in die bure se tuin aangetref het wat haar kop so deurmekaarkrap. Wat sou haar besiel het om die wildvreemde man te soen en dit boonop te geniet? Hy was geklee in ’n oorpak en het beweer hy is ’n tuinier en sy naam is Moos, maar sy weet sommer dit is nie waar nie. Wie is hy? En waarheen het hy verdwyn? Sy verbeel haar nou selfs dat sy hom, geklee in ’n aandpak, in ’n deftige restaurant gewaar het . . . Sy moet haar regruk, want ’n ou vriend het haar hulp nodig om sy vrou se irrasionele vrese te help besweer. Maar Erika weet sy sal ook met haar eie emosionele bagasie moet vrede maak as daar enigsins vir haar ’n kans op liefde is . . .
“Want die liefde wonder nie – dit wéét.” Die soete dwaling: Dr. Daïrus Deetlefs se ma probeer om sy lewe – en ’n huwelik met Martine – vir hom te reël. Hy vlug na Londen en sy ouers kan dit nie begryp nie. Daar ontmoet hy iemand uit sy verlede: die misterieuse Sylvia Saunders. Seisoen van die skimmelson: Madel studeer sang in Beiere en moet haar jeugliefde agterlaat. Net tydelik, so glo sy. Sy besef egter mettertyd dat sommige besluite jou oor ’n afgrond kan stuur. Anderkant die vloedwaters: Dr. Bernard Linde voel hy benodig standvastigheid: Die tyd het aangebreek om ’n vrou te vind. Een stormnag laai hy ’n vreemde vrou op – en net so skielik verdwyn sy. Een ding wéét hy: Hy gaan nooit weer dieselfde wees nie.’n Vrou vir Ver-en-Naby: Laura Krause wonder wát sy moet doen om uit haar moeilike huwelik met Simon te ontsnap. Sy het nie antwoorde nie, en vat die pad. Hoe hou ’n vrou kop as haar hart nie weet waarheen hy wil nie? Miskien lê die antwoord by ’n onverwagse afdraai en ’n koppie tee op Clarens.
“Sy voel skielik so veilig asof sy jare lank verdwaal het en nou uiteindelik op die regte pad is.” Verborge liefde: Roland Meyer en Victoria Malan besluit om slegs ’n huwelik in naam te hê. Beide hou van die gemaklike én gerieflike ooreenkoms en die reëls is tog duidelik genoeg uiteengesit. Maar kitsoplossings kom ’n mens soms duur te staan. Liefdesvallei: Julia Eksteen hoop om haar tesis in die stilte en natuurskoon van Groenvallei te voltooi, maar die hardkoppige plaaseienaar, Gerard Koch, is allesbehalwe verwelkomend. Haar spontane geaardheid laat mettertyd almal op die plaas ontdooi, en skielik lyk almal se lewenspaadjies anders. Tot in ewigheid: Jacques en Kirsten is getroud ná slegs ses hartstogtelike weke. Maar is passie genoeg om te verseker dat hulle getrou aan mekaar sal bly? Uitdraai na Ukuthula: Laetitia Jonker se besoek aan Ukuthula sou net tydelik wees, maar terwyl sy die binneversiering van die wildplaas behartig, raak sy onverwags dieper verstrengel in die nuwe onderneming. ’n Hele nuwe mens: Madie Neethling word dringend uitgeroep om na ’n baba om te sien. Hoekom is die foto’s van Bennie se ma stukkend geskeur en weggegooi? En hoekom wil die pa nie aan sy seuntjie raak nie?
In Om minder lief te hê is Arabel ná net ’n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en ’n pos as vlieënier by ’n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op ’n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder. En die aantrekkingskrag smeul nog net so sterk tussen hulle. In Margot en die meerman gaan hou Margot vakansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar M.A. in Musikologie cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad op die toneel: diepseeduiker, eksoties, atleties. En jonger as sy. En in Hartstog in Malawi word Rochelle deur haar baas gestuur om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, voordat die publiek óf die pers besef dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik.