Away from the heated political debates, in the shadow of uncertainty and shifting policies, farmers are planting seeds into earth in what seem like forgotten parts of the country. Who are they? This book introduces South Africans to the heroes of agriculture. A diverse crop of farmers from across the country shares complex, layered stories about heritage and land, at times surviving traumas like land dispossession and forced labour, and the more current spectre of violent farm crimes. From the small farms to the agri-businesses that feed South Africa against the odds, this book relays the power of land to heal, by telling stories that are often overlooked.
Die nuwe Afrikaanse prosaboek is ’n viering van verskeidenheid. Dit bied ’n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950’s die kontoere van die literêre landskap verlê het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie. Met Rabie-verhale as invalshoek is hierdie ’n bloemlesing van eggo’s, spore en teenspraak in die werk van die wyd uiteenlopende skrywers wat hom opgevolg het. Die bundel bevat 149 verhale deur 57 skrywers. Vyftien van hierdie verhale is deur nuwe stemme: Sisca Julius, Lynthia Julius, Brian Fredericks, Madré Marais, Maruanda Wynne en Michèle Meyer. Daar is ook nuwe verhale wat nog nie voorheen elders verskyn het nie deur onder andere, Ronelda S. Kamfer, Gerda Taljaard, Chase Rhys, Zirk van den Berg, Christine Barkhuizen-le Roux, Jolyn Phillips, Jaco Fouché en Kirby van der Merwe.
'They Called Me Queer' is a collection written by Africans who self-identify as lesbian, gay, bisexual, transgender, queer, intersex and asexual (LGBTQIA+). Across the continent, and throughout the world, South Africa has become known for its tolerance towards us, the LGBTQIA+ community. However, even if being who we are is legal, we live in a devastatingly segregated and unequal society, where the combo of race, class, gender and sexual identities still heavily impacts every part of our daily lives. This collection of stories is a testimony to who we are. It is an assertion of our struggles, but also our triumphs, our joys. These are our stories of acceptance and rejection, of young love and old lovers, of the agonising thrills of coming out and coming into ourselves, of our sex lives, of our families and communities.
"Een ding staan egter vir my vas en dis die wete dat God aan die begin staan. Hierop wil ek my lewe bou." Landbouweekblad is 'n eg Suid-Afrikaanse instelling en is in 2019 100 jaar oud. Vir die afgelope 49 jaar skryf Ds. Kobus van der Westhuyzen al sy gewilde rubriek in gewone taal vir gewone mense. Hy het self die 366 dagstukkies in dié boek uitgekies om ons te help om ons lewe op God te bou en ons nader aan God se hart te bring.
Laat jou terugvoer na die jare van inbly-naweke, studentepret, huis-toe-verlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed. Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Elders-faam, bevat heerlike lekkerlees-vertellings, komies, verspot én roerend, oor die koshuislewe – op skool én universiteit, selfs oorsee – deur ’n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!-joernalis en -aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenoot-redakteur Yvonne Beyers, oudredakteur van Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze, Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer. Skink ’n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!
“Feminism is about power, potential, passion, and rights, but it keeps changing in purpose and meaning …” Do you call yourself a feminist? What does this mean in your daily life? In this book, South African feminists explore their often vastly different experiences and perspectives in accessible and engaging voices. Feminism Is touches on issues as wide-ranging as motherhood, anger, sex, race, inclusions and exclusions, the noisy protest and the quiet struggle. It will challenge your thinking and inspire you to action, reaffirming the urgent necessity of feminism in South Africa today.
In dié bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie. Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Martin Steyn en vele meer skryf oor die liefde in vele gedaantes: moederliefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe…Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.
Hierdie boeiende versameling kortverhale bevat skryfwerk van ervare misdaadskrywers en bekendes in ander genres. 'n Reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul eweknieë aan die ander kant van die gereg: polisiemanne, privaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede. Met verhale deur o.a. Karin Brynard, Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Martin Steyn, Jacques Steenkamp, Nathan Trantraal en Deborah Steinmair. Saamgestel deur Rudie van Rensburg.
Oplaas ’n nuwe versameling van 25 lekkerlees-liefdesverhale wat oor die jare in rooi rose verskyn het. Gunsteling-skrywers se verhale is hier te vinde: Sophia Kapp, Irma Joubert, Helene de Kock, Annelie Botes, Christine Barkhuizen-le Roux, Elsa Winckler. En moenie van die mans vergeet nie: Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, en veral ’n uitmuntende verhaal deur wyle George Weideman. Dit is ’n boek vir alle soorte leesgieriges. Verkies jy om bietjies-bietjies te proe, is dié tydskrifstories net die regte lengte vir ’n vinnige blaaskans voor slaaptyd. Of as jy daarvan hou om ’n boks sjokolade op een slag te verslind, dan is Kleure van die liefde die ideale wegkomkans wat jou sal laat vergeet van enige saai alledaagsheid. Skrywers in die boek: Erika Murray-Theron, Sophia Kapp, Marlise Joubert, Irma Joubert, Alta Cloete, Louis Esterhuizen, George Weideman, Fanie Viljoen, Annelie Botes, Marietjie Kotzé, Bernette Bergenthuin, Christine Barkhuizen-le Roux, Nelia Engelbrecht, Carina Stander, Mariette Snyman, Rachelle Greeff, Madri Victor, Helene de Kock, S.D. Fourie, Elsa Winckler, Rita Gilfillan, Jaco Jacobs, Francois Bloemhof, Paul C. Venter, Engela Linde
Piekfyn Afrikaans Graad 6 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 7. Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, in ’n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Graad 6 Huistaal om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek. Geniet ’n piekfyn leerervaring! KABV-geskik.