Группа авторов

Список книг автора Группа авторов


    Nuwe Stories 2

    Группа авторов

    Twintig kortverhale deur die skrywers op die kortlys van Human & Rousseau se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd. Die stories bied dikwels verrassende nuwe blik op ’n wye verskeidenheid onderwerpe, insluitend plaasmoorde, liefde na die dood en die paranoia van beide ’n kleindorpse en stedelike bestaan.

    Middernag en ander spokerige stories

    Группа авторов

    Hoekom wil Carla se ma haar nie glo oor die meisie agter haar kamerdeur nie? En wat maak juffrou Elizabeth, van sy nuwe skool, in Arnold-hulle se spens in die middel van die nag? Hoe kan ’n skoolbussie vol kinders in die nag wegjaag sonder dat daar ’n bestuurder in is? Waar kom die vreemde outjie in Bennie se koshuiskamer se kas vandaan? Hierdie is maar ’n paar van die vrae wat jy beantwoord sal kry in hierdie lekker-lees versameling grillerige stories vir alle ouderdomme.

    Skarlakenkoors

    Группа авторов

    Die woordeboek sê die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van “sinlike” liefde, en oor die kuns “om lief te hê”.Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wêreld om ons: ’n Rodin-beeldhouwerk, ’n Picasso-skildery, ’n Dvorák-simfonie, ’n Zefferelli-rolprent, ’n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd. Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig … Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat dié onderwerp ondersoek – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Tafelberg se erotiese bundel, Bloots, het op die rak verskyn net mooi toe Fifty Shades of Grey die wêreld stormenderhand verower het. Perfekte tydsberekening, nè. Nou vra Tafelberg opnuut ’n magdom mense om hulle erotiese verhaal vir ons te vertel, want in Afrikaans het ons nog lank nie die erotiek uitgesê nie: Daar’s ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend.
    Skarlakenkoors, die wildste en wydste versameling erotiese verhale in Afrikaans, sal beslis jou bloeddruk laat styg . . .

    Kosblik

    Группа авторов

    Kosblik is ’n heerlike boek wat gemik is op sowel die leser van ernstige Afrikaanse literatuur as die liefhebber van stories oor kos en wyn, en dit sluit smulpape en gastronome in. Die bydraers is Wilna Adriaanse, Christine Barkhuizen le Roux, Zandra Bezuidenhout, M.C. Botha, Kerneels Breytenbach, Willemien Brummer, Izak de Vries, EKM Dido, Isobel Dixon, Rachelle Greeff, Helena Gunter, Joan Hambidge, Marie Heese, Nicole Jaekel Strauss (ook die samesteller), Louis Jansen van Vuuren, Emile Joubert, Irma Joubert, Maureen Joubert, Pearlie Joubert, Murray La Vita, Melvyn Minnaar, Reinet Nagtegaal, Johan Nel, Willem Pretorius, Johannes Prins, Gerrit Rautenbach, Martie Retief Meiring, Leon Rousseau en Marie-Louise Rousseau, Gerard Scholtz, Francois Smith, Marlene van der Westhuizen, Marlene van Niekerk, Nanette van Rooyen en Dine van Zyl.

    Nuwe stemme 5

    Группа авторов

    Die Nuwe stemme-reeks is ’n visoenêre projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters. Dink maar aan die sukses wat debutante soos Danie Marais, Ronelda Kamfer en Loftus Marais gehad het nadat hulle aanvanklik in Nuwe stemme gedebuteer het. Daarby het ook bekroonde joernaliste Erns Grundling en Toast Coetzer sowel as die dramaturg, Tertius Kapp, en die musikant Hunter Kennedy in hierdie reeks hul kniebuiging gemaak. Vanjaar is daar opnuut bekende én opwindende name waaronder Desmond Painter, Fanie Viljoen en Pieter Odendaal. Die samestellers vir Nuwe stemme 5 is Heilna du Plooy en Loftus Marais.

    Die Gewildste Afrikaanse gedigte

    Группа авторов

    Leserskring het in samewerking met By en RSG hul lede, lesers en luisteraars gevra om vir hul gunstelinggedigte in Afrikaans te stem. Hierdie boek bevat die 100 gewildste gedigte, soos aangewys deur liefhebbers van die digkuns uit alle uithoeke van die land, oud en jonk. Die versameling bevat ’n wye verskeidenheid poësie, deur digters soos Eugène N. Marais, Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, N.P. van Wyk Louw, A.G. Visser, Lina Spies, D.J. Opperman en Adam Small. Dit is ’n onteenseglike bewys dat dié woordkuns steeds ’n plek het in die harte en huise van Suid-Afrikaanse lesers.

    Die Afrikaanse Kortverhaalboek

    Группа авторов

    Die sewende hersiene uitgawe van hierdie standaardwerk en bekende bloemlesing wat al baie lank beskou word as die barometer van die kortverhaalgenre in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in. Die chronologiese volgorde, wat oor ’n tydperk van byna 120 jaar strek, gee ’n goeie oorsig van die ontwikkeling van hierdie genre in Afrikaans. Dis die ideale geskenk vir iemand wat belangstel in die stand van die Afrikaanse literatuur of sommer net enigeen wat van boeiende verhale hou.

    Come Again?

    Группа авторов

    How do you get a snapshot of a nation? What’s made us cry, laugh and nearly tear out our hair in frustration in the past year? The news comes thick, fast and more ridiculous every day and it’s all too easy to forget the headlines that had us nearly crash our cars just a few months ago. And it’s even easier to have missed that truly outrageous quote on the inside letters page. This collection of more than 450 quotes tells a story of South Africa right now, in an extensive collection from the anonymous to the contemptuous (“What did YOU do in the war, Jimmy?”). It documents the hopes, fears and funnies of our nation captured through Twitter, Facebook, and good old-fashioned reporting. Put your feet up and get ready to sigh, “Only in South Africa”.

    Rugbymal

    Группа авторов

    Gesonde belangstelling of totale verslawing? Wat is dit wat maak dat soveel Afrikaanse mans (én vroue) heeltemal rugbymal is? In dié boek verduidelik oud-Springbokke, rugbyjoernaliste en gewone ondersteuners waarom hulle so versot is op die spel. Sommige vertel van waardevolle lewenslesse wat hulle op én van die veld af geleer het, terwyl ander nostalgies raak oor onvergeetlike momente in Springbok-rugby. Alles word gedek: van raserige ma’s langs hoërskoolrugbyvelde tot die uitwerking op ’n man se selfbeeld as sy span alwéér verloor.

    Boereoorlogstories 2

    Группа авторов

    Die Anglo-Boereoorlog van 1899–1902 is helderder as ooit in die Afrikaanse leser se geheue. Verkope van die eerste bundel, getitel Boereoorlogstories, het alle verwagting oorskry en het reeds ’n tweede druk van die tweede uitgawe daarvan genoodsaak. In Boereoorlogstories 2 tree ook jonger skrywers tot die gesprek toe, onder andere Christine Barkhuizen Le Roux, Jaco Fouché en Gerda Taljaard. Die verhale van lyding en opoffering wat die eerste bundel gekenmerk het, word in die tweede bundel verbreed met ’n skerper blik op verraad. Die joiner en hensopper kom as uitgeworpene onder die soeklig (“Die groot gemis”, Dolf van Coller) maar ook as feilbare mens in vertwyfeling (“Was Oupa dapper?”, Lappe Laubscher; “Groete daar op Voorstevlei”, Jaco Fouché.) Die verkwikking van humor oor ernstige sake bly nie uit nie. Ook is daar erkenning vir die feit dat alle soldate van die Britse Ryk nie demone was nie (“Eenmaal was daar ’n goeie man”, Marita van Aswegen). En die Boer Gideon Scheepers – vir die Britse Ryk ’n rebel wat teregstelling verdien het vir sy verraad jeens sy regering – word geteken in sy barmhartigheid jeens ’n Engelse vrou op die platteland. Só belig hierdie tweede bundel ’n nog wyer spektrum as die eerste in sterk verhale en ’n idioom wat die tydperk van die Anglo-Boereoorlog lewend hou: vir lesers met ’n voorkeur vir historiese verhale, maar ook vir enige leser wat die kortverhaalkuns waardeer.