Kruispad. Deon Opperman

Читать онлайн.
Название Kruispad
Автор произведения Deon Opperman
Жанр Контркультура
Серия
Издательство Контркультура
Год выпуска 0
isbn 9780624071433



Скачать книгу

      KRUISPAD

      DEON OPPERMAN

      soos oorvertel deur

      KERNEELS BREYTENBACH

      Tafelberg

      Hoofstuk 1

      1994

      Soois van Rooyen, ’n boer van die Hoëveld van Mpumalanga, luister na die heildronk waarmee sy skoonseun, Frik van den Berg, die Kersvieringe van 1994 inlei. Die uitgebreide gesin staan in ’n kring op die patio van die Van den Bergs se groot voorstedelike woning in Brooklyn, Pretoria. Soois se oë flits van tuin na swembad na die glas Franse sjampanje wat Frik omhoog hou terwyl hy praat – ’n spel van donkerte en lig. Soois hoor hoe die man aan wie hy sy dogter Sophia toevertrou het die klem op hierdie heerlike somersoggend laat val, op die positiewe dinge in die lewe. Frik is ’n verstandige mens. Hy kom niemand te na nie, deel lof uit, wek vir ander toekomsvisioene en stem almal uiteindelik tot nederigheid.

      Dit is maklik, weet Soois, om te dink dat die geskiedenis slegs gemaak word deur die dade van mans of vrouens wat die wêreld op die een of ander manier radikaal omskep het. Asof die res van ons eenvoudig nie daar was nie. Maar ons was almal hier vanjaar, in hierdie uitsonderlike tyd eenduisend negehonderd vier en negentig jaar ná die geboorte van onse Verlosser – ons wás daar toe alles gebeur het.

      Alles.

      In 1994 was dit die gesamentlike dade van miljoene gewone mense, sommige uit hoop en ander uit vrees, wat ’n wêreld omskep en geskiedenis gemaak het sonder dat hulle dit eers besef het.

      Ons het saam geskiedenis gemaak.

      Soois kyk verder na die kring mense op die stoep. Na sy ander skoonseun, Andries Landman, ’n man vol angs, maar ook soveel trots. ’n Man wat daagliks by die Departement van Waterwese instap, kort soos hy is, en die werk van ’n reus verrig. Of só sê hy. ’n Staatsamptenaar wat die ergste vrees vir ons land se toekoms. Die nag van die lang messe moes al gebeur het, is Andries se gevoel, en hy is gereed daarvoor met ’n motorhuis vol blikkieskos en derhonderde bottels water.

      Langs Andries staan sy vrou, Mariana, Soois se jongste dogter, en dan húlle kinders, die twee Landmantjies Izel en Henk. Skouer aan skouer met Henk staan FG, Frik en Sophia se seun. En tussen FG en Soois staan Mart, die stille krag aan Soois se sy, deur al die jare. Soois betrag hulle, in hierdie jaarlikse tafereel, elkeen op sy plek.

      Sy troepe, sê Soois aan sy vriende, maar Mart is die een waarsonder hy nie kan klaarkom nie. In die jare wat hy ’n mielieboerderytjie op ’n klein plasie uitgebou het tot ’n allemintige gemengde boerdery op verskeie aangrensende plase, was dit sy wat gehelp het om twee woelige dogters groot te maak, een deur universiteit te sit en die ander amper deur universiteit te kry. Amper, want toe verander die liefde haar pad. Mariana. Maar dis ou geskiedenis, vergete dinge, wat Soois betref. Hy is gelukkig met die manier waarop sy twee skoonseuns sy dogters versorg, en baie trots op sy kleinkinders. Dit is Soois se hartsbegeerte dat een van die kleinkinders eendag by hom sal oorneem as die boer van Rustigheid. Sewentig lê vir hom net om die draai. Sy rug sê al vir hom hy moet afskaal.

      “Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige nuwe jaar vir ons almal,” hoor Soois vir Frik sê. “Saluut!”

      Soois lig sy glasie. “Saluut!” sê hy, met die herinneringe aan ’n moeilike jaar wat deur sy gedagtes spoel.

      Almal deel die seënwense, die ene glimlag-en-tande, maar hulle kan hul kwellings nie heeltemal wegsteek nie. Ons land is deur diep waters, dink Soois, sedert F.W. de Klerk daardie warm Februariedag vier jaar gelede in die parlement opgestaan en die land in ’n heeltemal nuwe rigting gestuur het. Baie het met hul lewe geboet, ander het geweier om die skrif aan die muur te lees. Dinge wat voorheen so maklik gekom het, sou daarna nie meer so maklik wees nie. Die prys van vooruitgang is verandering. Dis juis verandering wat so swaar is vir sommige om te aanvaar. Vanjaar het ons nie ’n keuse gehad nie, weet Soois, want ons was self daar, deel van die gewone mense wat besig was om die wêreld te verander en geskiedenis te maak.

      Maar hier staan hy en sy mense, glase omhoog gelig in ’n heildronk op die eerste Kersdag van die vrye Suid-Afrika.

      Asof die bomontploffing niks verander het nie.

      Was dit die Landmans wat eerste geregistreer het dat dit ’n bom was?

      Dit was ’n Saterdag vroeg in die jaar, ’n stralende laatsomerdag. Die Landmans sit aan by die kombuistafel vir middagete, ’n tafel met ’n formica-blad en aluminiumraam waar Mariana pas brood gesny en tamatie-en-uie-stowe gereed gekry het om saam met die roereier op die brood te eet. Andries was heeloggend in sy werkkamer in die garage besig om blikkieskos en ingemaakte dinge weg te pak, langs die reeds gepakte voorraad. Gereed vir die ellende wat wis en seker op die verkiesingsdag, 27 April, sal volg. “Julle kan maar kom, ek’s reg,” het Mariana hom al hoor prewel daar in sy bunker. Sy deel nie Andries se vrese nie. Maar hy is haar man, pa van haar kinders. Sy het hom lief en respekteer hom.

      Hulle het dit nie breed nie, die Landmans. Die staatsdiens is nie rojaal op betaaldag nie. Mariana kook self, wanneer daar gekook word. Meestal is dit brood met ’n variasie van kaas, tamatie en polonie. Sy druk haar hare in sy gebruiklike Franserige rol, trek haar truitjie aan en doen alles in die huis self. En niemand kla nie.

      Die gesin kom sit aan: Izel met haar kop vol muisneste oor Riaan, een van Henk se spanmaats in die wedstryd wat Henk die middag gaan speel, Henk met sy rugbytrui reeds aangetrek en Andries, dierbare Andries, wat soos ’n wyse patriarg sy bord kos eerste ontvang. Mariana plaas ’n bord voor elkeen neer. Sodra sy haar sit kry, steek Andries sy hande uit, sodat die gesin kan hande vat vir die tafelgebed.

      “Onse hemelse Vader,” bid Andries, “ons dank u vir hierdie kos. Seën dit aan ons liggame. Gaan met die mense wat nie so bevoorreg is nie. Vader, in hierdie uur wil ons ook spesiaal bid vir ons land …”

      In dié oomblik, terwyl almal die hoof buig, hoor hulle dit almal. Voel dit. ’n Dreuning, maar ook meer. ’n Swaar slag, amper soos hulle gereeld hoor wanneer daar met dinamiet in die myne ondergronds geskiet word, maar sterker, soos die klank van ’n bom wat ver weg val.

      Andries hou op bid.

      Al vier pare Landman-oë is dadelik wyd oop.

      Hulle hou steeds hande. Andries kyk op na Mariana, dan af na sy koppie koffie wat op die tafel langs sy en Henk se hande staan. Hy sien die rimpeling van klein golfies daarin.

      ’n Bom, juig dit in Andries se binneste. Hier begin dit!

      Andries sê al lank dat daar bloed in die strate gaan wees die dag dat die Nasionale Party mag oorgee. Hy het dit gesê in die dae toe hy, skaars uit die skoolbanke, mense in Alberton aangery het stembus toe vir die algemene verkiesing. Hy het dit gesê toe hy in Pretoria begin werk het. Hy het dit gesê toe hy vir ’n kort rukkie sy steun toegesê het aan doktor Andries Treurnicht.

      En hy was nie skaam daaroor nie. As kind op Alberton het hy geweet hoe die politieke winde in ons land waai. Andries het geweet wat hy weet en hom nie aan ander gesteur nie. Vandag steeds nie.

      Dis maar hoe hy is. Sy pa, ’n onderwyser, het probeer om die boompie te buig. Sy ma, ’n welsynswerkster, het hom met Gods Woord probeer rig. Maar dit was net asof Andries die Bybel anders verstaan.

      Dis hoe Mariana hom leer ken het – ’n flambojante, dwars man wat by Waterwese gaan werk het omdat hy gesê het mense wat die water beheer, beheer die land.

      Die Landmans se huis is baie eenvoudig, wel, ordinêr ook, in vergelyking met dié van Frik van den Berg. Die rooibruin baksteenhuis van die Landmans lê noord van Soutpansbergweg. Dit is ’n nalatenskap van ’n ou opheffingsprojek van die Suid-Afrikaanse Spoorweë & Hawens, en is eintlik nie vergelykbaar met die weelde en moderne stylvolheid van die Van den Bergs se woning in Brooklyn nie. Albei is omgeef deur grasperke, maar Henk kan ondanks die vlyt waarmee hy elke week die gras sny, nie kers vashou by die kundigheid van die landskapsargitek en tuinier wat Frik ten duurste kry om sy tuin soos ’n kompetisiewenner te laat lyk nie.

      Die vredigheid