Bruid uit die vreemde. Ena Murray

Читать онлайн.
Название Bruid uit die vreemde
Автор произведения Ena Murray
Жанр Короткие любовные романы
Серия
Издательство Короткие любовные романы
Год выпуска 0
isbn 9780624055617



Скачать книгу

tweeling is, het dit nog altyd vir haar gevoel asof sy baie jare ouer as hy is. Ná haar moeder se dood, toe sy maar sewentien was, het sy die bestuur van die ou kasteel oorgeneem en oornag selfstandig en volwasse geraak. Maar Jacques het ’n kind gebly, onvolwasse en onverantwoordelik. Miskien het sy ook skuld daaraan gehad. Sy het hom altyd beskerm, en toe hy reeds ’n jong man was, het sy steeds bly sorg dat Jacques welverdiende straf vryspring. Maar sy was nie blind vir sy foute nie. Sy het geweet dat hy hopeloos te veel drink, maar dan het sy weer verskoning gesoek deur die skuld op sy maats te pak. Hy het ’n lewe van ydelheid en plesier gelei, maar ook daarvoor kon sy allerlei verskonings aanvoer.

      Meteens onthou sy die voorval toe haar koets amper ’n man omgery het, en ’n blos van verontwaardiging kleur weer haar wange by die herinnering aan sy voorbarigheid en onvergeeflike optrede. Sy onthou nog die krag van sy hande op haar skouers en … Sy skud haar kop ongeduldig. Sy was so woedend ná daardie voorval dat sy nog net by een kroeg na Jacques gaan soek het, en toe sy hom nog nie kon vind nie, het sy die koetsier beveel om terug te keer na La Rochelle. En toe sy tuis kom …

      Haar gille het deur die ou kasteel weergalm en sy het flou neergesak.

      Jacqueline voel hoe die sweet haar handpalms klam maak, en ’n oomblik lank sluit sy haar oë. Sy sidder en trek die sjaal stywer om haar skouers.

      As Jacques maar net daar was, dink sy vir die soveelste keer. Maar Jacques het daardie nag spoorloos verdwyn. Hy – en ook Estienne de Savoye … En toe dié naam in haar gedagtes opkom, raak haar mond hard en skiet die groen oë vlamme. Estienne de Savoye!

      Hoe haat sy hom nie! Haar mond trek smalend. Haar vader het haar nooit van hom vertel nie, maar Jacques het. ’n Gewone arbeider met die naam De Savoye het haar vader daarvan beskuldig dat hy sy ouers vermoor het om die landgoed in die hande te kry. Estienne het beweer dat hý die ware eienaar van La Rochelle is, en dat hý die graaf De Savoye is – nie haar vader nie. Haar vader het hom uitgedaag om dit te bewys, maar natuurlik kon hy nie. Maar hulle het geweet dat hierdie jong man haar vader haat, en die aand toe sy hom vermoor aangetref het, het sy geweet dat Estienne de Savoye daarvoor verantwoordelik was. Toe Jacques nie opgespoor kon word nie, het sy geweet dat haar broer ook deur die veragtelike man vermoor of ontvoer is.

      Sy het alleen agtergebly in die ou kasteel op die vrugbare landgoed. En in die twee jaar wat verby is, het die verdriet oor haar vader en broer vervaag en plek gemaak vir ’n bittere haat jeens die man wat vir haar dubbele verlies verantwoordelik was. Sy was vas oortuig dat Jacques ook vermoor is en sy het ’n eed geneem om haar vader en broer se dood te wreek. Op watter wyse het sy nog nie geweet nie, maar dat sy haar kans sou kry, daarvan was sy oortuig.

      En toe, ’n paar weke gelede, het sy ’n brief ontvang – ’n brief van Jacques … Sy het deurmekaar gelag en gehuil toe sy uitvind dat hy nog lewe. Sy kon dit nie glo nie.

      Met bewende hande haal sy weer die briefie uit die fluweelsakkie wat met ’n fyn koord om haar pols hang. Sy vou dit oop en lees dit vir die soveelste maal.

      Liewe Jacqueline, jy sal seker verbaas wees om van my te hoor. Soos jy kan sien, lewe ek darem nog en is op die oomblik aan die Kaap de Goede Hoop. Ek kan ongelukkig nie breedvoeriger skryf nie, uit vrees dat die brief in verkeerde hande mag val, maar kan jy nie ’n plan maak om hierheen te kom nie? Ek is in die moeilikheid en was vir ’n lang tyd baie siek aan ’n wond. Ek het jou baie nodig, my sussie, so kom tog maar gou!

      Asseblief!

      Jou broer, Jacques

      NS. Pasop vir Estienne de Savoye. Hy is …

      Sy bring die brief nader, maar hoe sy ook al probeer, sy kan nie daarin slaag om die laaste paar woorde te ontsyfer nie. Jacques moet baie haastig gewees het toe hy dit geskryf het. Maar sy voel nou meer as ooit oortuig daarvan dat Estienne verantwoordelik was vir haar broer se skielike verdwyning uit Frankryk. En die wond waaraan hy so siek was, is natuurlik ook Estienne se toedoen.

      Sy het haar reëlings dadelik begin tref. ’n Vreemde voorgevoel het haar daarvan weerhou om enigeen te vertel waarheen sy gaan. Haar vroulike intuïsie het haar gewaarsku om versigtig te wees, en daarom het sy al die moeite gedoen om liewer in Amsterdam op die skip te klim, dankbaar dat sy Nederlands nogal heel vlot kan praat.

      Sy vou die briefie op en sit dit versigtig terug in die fluweelsakkie.

      En nou is sy op pad na Jacques, maar dis of iets geheimsinnigs, ’n stemmetjie binne-in haar, haar vreugde demp by die blye vooruitsig om hom weer te sien. Die woorde dans voor haar: Pasop vir Estienne de Savoye! Hoekom is Jacques bang dat sy brief in verkeerde hande sal val? Beteken dit dat Estienne nog steeds op sy spoor is – en miskien op hare ook! Is dít hoekom Jacques haar so uitdruklik teen die man waarsku?

      Sy stap stadig terug na haar kajuit. Sy wonder hoe lyk hierdie Estienne de Savoye … Al wat sy van hom weet, is wat Jacques haar vertel het. Miskien … Sy verbleek. Miskien het Jacques nooit eens hierdie brief geskryf nie. Miskien is dit net ’n lokval wat vir haar gestel is! Sy het nooit só daaraan gedink nie!

      Sy begin onrustig op en neer stap. Daar is dus nou drie moontlikhede. Nommer een: Jacques het die brief geskryf en het haar werklik nodig. Nommer twee: Estienne het die brief geskryf om haar as lokvink te gebruik om op Jacques se spoor te kom. Nommer drie: Estienne het die brief geskryf om haar weg te lok uit Frankryk met die doel om haar te vermoor sodat hy besitreg van die landgoed in Frankryk kan opeis en die titel as graaf kan aanvaar.

      Moontlik staan en wag hy haar nog op die kaai in wanneer ’t Wapen van Alkmaar in Tafelbaai anker gooi!

      Meteens voel dit vir haar asof sy in ’n hoek vasgekeer is. Van omdraai en teruggaan is daar geen sprake nie. Dan lig sy haar ken uitdagend en ’n vasberade lig glim in haar groen oë. Hoekom sal sy bang word? Dis die kans waarop sy so lank al wag – om Estienne de Savoye terug te betaal vir al die smart wat hy haar besorg het. Laat hom maar gerus op haar wag. Haar vader se dood sal gewreek word, al is dit die laaste ding wat sy doen. En dit sal Jacques wees wat die graaf De Savoye sal wees en nie hý nie – daarvoor sal sý sorg!

      Die weke en maande gaan baie langsaam verby.

      Jacqueline steur haar nie veel aan die ander passasiers nie. Hulle vra te veel vrae na haar sin. Waar kom sy vandaan? Waarheen gaan sy? Wat gaan sy daar maak? Sy hou haar dus beslis eenkant, want sy het besluit dat dit verstandiger sal wees as mense so min moontlik van haar af weet. Selfs die kaptein kon nog nie veel vordering maak nie, maar hy troos hom daaraan dat daar nog baie tyd is voordat hulle Kaap de Goede Hoop bereik.

      Een aand laat stap Jacqueline weer op na die dek. Dis drukkend warm in haar kajuit, maar toe sy buite kom, vind sy dat dit hier byna onuithoudbaar is. Sy staan effens eenkant en swaai ’n blink waaiertjie heen en weer voor haar gesig. Dan kyk sy op na die maste waar daar ’n ongewone bedrywigheid heers.

      Die kaptein gewaar haar en stap haastig nader. “Ek is jammer, maar u moet asseblief na u kajuit teruggaan,” sê hy, en toe sy hom vraend aankyk, beduie hy met sy hand in die rigting van die see. “Kyk hoe swel die branders. ’n Storm is in aantog. Kyk hoe pak die wolke saam. Ons kan reën ook verwag,” verduidelik hy vinnig.

      Jacqueline kyk op en gewaar nou eers die swaar, onheilspellende wolke. “Maar daar is dan geen wind nie!” protesteer sy.

      Isaac Goske probeer geduldig glimlag. Ai, die liewe vroumense! As hulle tog net nie so baie vrae wil vra nie en net wil doen soos hulle beveel word! Maar toe hy in haar oë afkyk, vergewe hy haar dadelik haar vroulike onnoselheid.

      “Ek is nie verniet al ’n paar jaar lank kaptein vir die Hollands Oos-Indiese Kompanjie nie, mademoiselle. Ek ken die see soos ek my moeder nie ken nie. U kan maar na u kajuit gaan en wag dat die storm losbars.”

      Oor haar skouer sien sy hoe die ander passasiers haastig deur ’n paar matrose met die trappies afgebondel word na hulle kajuite, maar sy voel onwillig om ook te gehoorsaam.

      “Ek sal teruggaan wanneer die storm begin, kaptein.”

      Die man frons vererg. Beeldskoon of nou nie beeldskoon nie, maar hy is die kaptein van hierdie skip en sy bevele word gehoorsaam. “Dan is dit ongelukkig my plig om u te beveel om na u kajuit