In Marijke Greeff se Een keer in ’n leeftyd lê Alexandra se wêreld aan skerwe. Ure nadat sy met Neil getroud is, beland hulle in ’n ongeluk en verloor hy sy sig. Om die lewe vir haar nog moeiliker te maak, verskyn Maria, ’n beeldskone ouer en ervare vrou, op die toneel en probeer haar bes om Neil af te rokkel. In Vita du Preez se Hartsake is Linka ontsteld wanneer die plaas Njala, wat sy nog altyd as haar geboortereg beskou het, aan Ryk Hattingh toegeslaan word. Dié man is boonop besonder sexy, ’n regte haan onder die henne. En in Ettie Bierman se Vlinder teen die ruit neem Surita haar voor om alle mans uit haar lewe en uit haar hart te verban. Maar dan raak sy op Hendro, haar swaer, verlief . . . Of is dit Douw, die man met die “sjokolade-stem”, wat haar lewe in ’n nuwe rigting gaan dwing?
In Die wingerd sal weer bot bly Juliétte aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Ná ’n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar ís ’n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken sy dit ook, maar daar is gerugte dat Conrad met die geitjie van ’n Susan gaan trou . . . In Liefde is ’n kleur sukkel Emma lank ná haar egskeiding steeds om haar lewe in orde te kry. ’n Vakansie in die Alpe bring egter nie rus vir haar siel nie, want daar loop sy haar vas in nie minder nie as drié mans wat almal haar hartsnare roer. Hoe gaan sy dié keuse maak? En in Brug van woorde is Magriet ’n aantreklike vrou wat alles het waarvan sy kan droom. Maar pleks van tevrede te wees, is sy sielsongelukkig, want haar huwelik ly onder haar man se sukses. Sy begin navorsing doen vir ’n artikel oor Afrikaanse internet-kletskamers, en ontmoet ’n baie gawe kletsmaat, ’n man wat haar só goed verstaan . . .
In Sê groete vir Pappa bedank Reino Vos as predikant nadat sy vrou, Chrisma, hom onverwags tydens ’n sinodesitting verlaat. Hy word hoof van die Sonopkinderhuis en kom weer in kontak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie Reino se vrou weggeloop het. ’n Innige vriendskap ontwikkel mettertyd tussen Rita en Reino… totdat ’n nuwe meisie tot die kinderhuis toegelaat word. In ’n Malva in Vinkelstraat word dominee Werner gul deur sy eerste gemeente op Wilgersdrift verwelkom. Maar dit is dieselfde mense wat gou-gou soos een man teen hom draai. ’n Dorp soos Wilgersdrift vergewe nie maklik nie, veral nie as ’n buitestander hul ongeskrewe reëls oortree nie. Lisé, Ena se heel eerste roman (in 1960 geskryf), is ’n roerende verhaal oor ’n bedorwe rykmansdogter wat moet hoor dat sy nie sommer net lomp is en swak motor bestuur nie: sy is besig om blind te word. Aanvanklik wil sy niks weet van haar dokter se voorstel dat sy op ’n vriend van hom se plaas kan gaan bly tot tyd en wyl sy haar gebrek leer aanvaar nie, maar wanneer die wêreld finaal om haar verdonker, laat sy toe dat dokter Justus haar na Uitvlug neem.
’n Droomvakansie in Mauritius saam met Johnny Depp … oftewel Hagen van Tonder van Johannesburg. Kari Beyers het uit vyfhonderd aansoekers sy kortlys gehaal en toe die jawoord gekry, en dis koebaai-meraai vir haar blou blikhuisie op Komga, haar werk in die dorpsbiblioteek, haar hond en haar kat. Dat sy ’n plaasvervanger is vir Hagen se meisie wat hom op die nippertjie gelos het toe hy alreeds die vakansie by die luukse strandhotel bespreek het, kan haar nie skeel nie. Avontuur wink en sy’s nie bang nie. Donker Kari met al haar vrese en fobies los sy net so by die huis. Dis ’n bietjie moeiliker om by Gottfried verby te kom, die half-Duitse boer met die blou-blou oë. Hartseer oë oor sy vrou wat hom verlaat het ná ’n motorongeluk, en hulle dogtertjie wat saam weg is Duitsland toe. Gottfried kom kuier getrou elke Saterdag by Kari, maar hy’s nie haar kêrel nie, hy is … sy weet nie wat hy is nie. Dus: sy gáán saam met ’n vreemde man Mauritius toe vir ’n week, wat kan nou so erg daaraan wees?’n Droomvakansie in Mauritius saam met Johnny Depp … oftewel Hagen van Tonder van Johannesburg. Kari Beyers het uit vyfhonderd aansoekers sy kortlys gehaal en toe die jawoord gekry, en dis koebaai-meraai vir haar blou blikhuisie op Komga, haar werk in die dorpsbiblioteek, haar hond en haar kat. Dat sy ’n plaasvervanger is vir Hagen se meisie wat hom op die nippertjie gelos het toe hy alreeds die vakansie by die luukse strandhotel bespreek het, kan haar nie skeel nie. Avontuur wink en sy’s nie bang nie. Donker Kari met al haar vrese en fobies los sy net so by die huis. Dis ’n bietjie moeiliker om by Gottfried verby te kom, die half-Duitse boer met die blou-blou oë. Hartseer oë oor sy vrou wat hom verlaat het ná ’n motorongeluk, en hulle dogtertjie wat saam weg is Duitsland toe. Gottfried kom kuier getrou elke Saterdag by Kari, maar hy’s nie haar kêrel nie, hy is … sy weet nie wat hy is nie. Dus: sy gáán saam met ’n vreemde man Mauritius toe vir ’n week, wat kan nou so erg daaraan wees?
In Die vurige swartkop verander Elmarie Keyser se lewe drasties na die dood van haar suster, Luzaan – plotseling word sy die pleegmoeder van Luzaan se buite-egtelike seuntjie. Hoe kan sy haar belofte aan haar suster nakom en steeds ’n normale lewe – ook liefdeslewe – lei?In Ver bo korale verneem dokter Elaine Enslin die ontstellende nuus dat haar pa verplig word om die familieplaas te verkoop – aan Niel Durandt van alle mense! Sy kon die Durandts nog nooit verdra nie. En dan begin Niel boonop by haar aanlê . . . maar sy sal haar nie só maklik laat tem nie. En in Somer in Portugal bied die hertog De Poveiros vir Alicia ’n werk as kinderoppasser aan. Met verloop van tyd, totaal onvewags, begin ’n huwelik met dié hertog na ’n sterk moontlikheid lyk. Dit beloof om haar lewe ingrypend te verander.
Anderkant môre wag geluk: ‘n Vakansie op haar oom se wynplaas is net wat Nicky le Riche nodig het om van haar hartseer te vergeet en helderheid te kry oor dr Erich de Lange, wat al so lank met haar wil trou. Sy aanvaar ‘n pos as privaatverpleegster vir tant Monica Volkema en wanneer Reinder haar kom oplaai plaas toe, ontketen sy onwetend ‘n hele kettingreaksie van afguns, konkelary en misverstand. Lise Kirsten se geaardheid bring sonskyn aan al die inwoners van Heimat – almal behalwe die hovaardige en verwaande Herman Raubenheimer. Terwyl Lise die verpleegster vir tant Renate is, en Deidré se kameraad, is sy vir Herman niks meer as ‘n arm verpleegster wat haar suster se foute moet regmaak nie. Dis net oom Jopie wat sien dat die Son van liefde wil-wil deurbreek in hulle verhouding. In ‘n Bruid vir Eduard lyk Liesel Botha se toekoms rooskleurig wanneer Martin Eloff haar vir ‘n naweek Durban toe nooi. Maar gou kom sy agter dat hy minder edele bedoelings het. Gelukkig is daar ’n lang, donker vreemdeling daar wat tot haar redding sal kom – of gáán hy?
Toe lugwaardin Willemien Visagie in Ruiker vir ’n spioen vir kaptein Gerrie Roux die trekpas gee en saam met skrywer Flip Keyter oor ‘n nuwe toekoms begin droom, het sy geweet dat dit nie maklik sal wees nie. Maar sy het nie besef sy sal haar juwele moet verpand en op perde wed ten einde ‘n behoorlike inkomste te hê nie . . . Janna is ‘n onderwyseres, valerig en nie meer so jonk nie. Wanneer oom Faan haar prontuit vertel dat sy ‘n oujongnooi is, besluit sy dis tyd om ‘n plan te maak. Sy gaan hou alleen by die see vakansie. Op Magnoliastrand raak sy verlief op die skrywer Stefan Roux, ‘n ongewone man vol komplekse en neuroses, bitter onbeskof en onvoorspelbaar. Strand van die stormwinde is ‘n liefdesverhaal vol kinkels wat die leser sal laat raai.Helene Wallington kom uit Amerika vir Erik Lourens kuier, maar hier gekom vind sy uit hy is in die hospitaal ná ‘n beroerteaanval. Sy broer, Riek, neem haar na Erik se huis op Saringwa-wildreservaat. Hier maak die Amerikaanse stadsmeisie kennis met al wat ‘n wilde dier en ding is. Storm oor Saringwa is ‘n humoristiese verhaal wat die leser se aandag gevange sal hou.
Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie, want sy weet van Owen se dogter se geheim, oor Jakob Olwage . . .As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en ‘n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van ‘n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge los, want Chrissie word Christine van Johannesburg. In Die pad terug huis toe is Karina Oosthuizen, gesogte topmodel, eensklaps weer afhanklik van ‘n gepensioneerde moeder wat sy al byna afgesterf het. Sy het net een heenkome – die pad terug na die armsalige skakelhuisie waarop sy so neergesien het. Maar onverwags bied iemand haar en haar moeder ‘n toevlug in ‘n pragtige wit huis by die see. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as kind so verneder het?
’n Heerlike verrassing – vier omnibusverhale in plaas van drie!So leeg die moederhart is die aangrypende verhaal van Heilna Serfontein se meedoënlose soektog na haar seun . . . en as vrou ontdek sy boonop vir die eerste keer wat ware liefde is.Op pad na Kanaän is ’n diep geestelike verhaal van vreemdelinge wie se lewens onlosmaaklik ineengestrengel raak op Môrestond, ’n plek waarheen mense gaan om weer sin in hul bestaan te vind.Bergwind oor Karma is ’n lekkerlees-speurverhaal propvol liefde, spanning en intrige. Toe die versengende bergwind met die aanbreek van die Kersseisoen deur Erna Paulsen se karavaanpark begin waai en haar gemoedstoestand behoorlik omkrap, noem sy die wind op sy skeldnaam: moordwind!Net ná middernag is ’n speurverhaal met ’n waarlik verrassende einde. Toe die kerkhorlosie een Saterdagnag sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, word daar ’n moord gepleeg op dié rustige dorpie.
In Tart my nie, mijn heer staan Celeste Valkenier op trou met Carl van Heiden. Maar sy het nie rekening gehou met die Franse markies wat bereid is om tot sy laaste druppel bloed te veg vir die nooi wat sy hart gesteel het nie.In Suzette van Voltaire kom die verbitterde Franse edelman Marco de la Roche na Kaap die Goeie Hoop, vas oortuig hy sal nooit weer ’n vrou kan liefkry nie. Maar sy ma het ander planne, en wil met alle geweld vir hom en die mooie Suzette by mekaar uitbring.En in Kaalbult se erfgenaam moet Elsa Verster teen haar sin die voorwaarde verbonde aan haar erfporsie aanvaar. Alte gou bevind sy haarself boonop vasgewikkel in ’n bittere liefdesdriehoek