Annemari Coetser

Список книг автора Annemari Coetser



    Langverlof

    Annemari Coetser

    ’n Droomvakansie in Mauritius saam met Johnny Depp … oftewel Hagen van Tonder van Johannesburg. Kari Beyers het uit vyfhonderd aansoekers sy kortlys gehaal en toe die jawoord gekry, en dis koebaai-meraai vir haar blou blikhuisie op Komga, haar werk in die dorpsbiblioteek, haar hond en haar kat. Dat sy ’n plaasvervanger is vir Hagen se meisie wat hom op die nippertjie gelos het toe hy alreeds die vakansie by die luukse strandhotel bespreek het, kan haar nie skeel nie. Avontuur wink en sy’s nie bang nie. Donker Kari met al haar vrese en fobies los sy net so by die huis. Dis ’n bietjie moeiliker om by Gottfried verby te kom, die half-Duitse boer met die blou-blou oë. Hartseer oë oor sy vrou wat hom verlaat het ná ’n motorongeluk, en hulle dogtertjie wat saam weg is Duitsland toe. Gottfried kom kuier getrou elke Saterdag by Kari, maar hy’s nie haar kêrel nie, hy is … sy weet nie wat hy is nie. Dus: sy gáán saam met ’n vreemde man Mauritius toe vir ’n week, wat kan nou so erg daaraan wees?’n Droomvakansie in Mauritius saam met Johnny Depp … oftewel Hagen van Tonder van Johannesburg. Kari Beyers het uit vyfhonderd aansoekers sy kortlys gehaal en toe die jawoord gekry, en dis koebaai-meraai vir haar blou blikhuisie op Komga, haar werk in die dorpsbiblioteek, haar hond en haar kat. Dat sy ’n plaasvervanger is vir Hagen se meisie wat hom op die nippertjie gelos het toe hy alreeds die vakansie by die luukse strandhotel bespreek het, kan haar nie skeel nie. Avontuur wink en sy’s nie bang nie. Donker Kari met al haar vrese en fobies los sy net so by die huis. Dis ’n bietjie moeiliker om by Gottfried verby te kom, die half-Duitse boer met die blou-blou oë. Hartseer oë oor sy vrou wat hom verlaat het ná ’n motorongeluk, en hulle dogtertjie wat saam weg is Duitsland toe. Gottfried kom kuier getrou elke Saterdag by Kari, maar hy’s nie haar kêrel nie, hy is … sy weet nie wat hy is nie. Dus: sy gáán saam met ’n vreemde man Mauritius toe vir ’n week, wat kan nou so erg daaraan wees?

    Alles begin met Anna

    Annemari Coetser

    Dis 1934. Poppie Nienaber is 22 jaar oud, en sy werk in die Haberdashery-afdeling in Mr Cristal se algemene handelaar op Bethlehem. Saam met haar ouer sussie, Anna, woon hulle in tant Nelie se losieshuis in die straat af, en haar broer Jannie kom kuier gereeld op ’n Sondagmiddag, sedeprekies en al. Poppie weet daar is geheime in die familie waarvan sy niks weet nie, en dat Sussie Anna dinge van haar weghou. Party goed onthou sy vaagweg, soos haar ma wat staan en strykwerk doen, die skroeireuk van ’n stryklaken wat hang in die lug. Dis wanneer Poppie besluit om haar eie potjie te gaan krap op Senekal dat dinge stadig in plek begin val. En dis hier waar sy die spoorwegklerk Frikkie Bredenkamp ontmoet . . . Alles begin met Anna is losweg gebaseer op die skrywer se eie familiegeskiedenis. Die roman vertel ’n roerende verhaal oor drie geslagte heen, van voor die Anglo-Boereoorlog tot die aanloop en gebeure van die Tweede Wêreldoorlog. Bowenal vertel dit die verhaal van Coetser se eie ouers Poppie en Frikkie, en waar sý, die skrywer, vandaan kom. Meesleurend én toeganklik – hoogs leesbare historiese roman in dieselfde trant as Vuur op die horizon.

    Vlis met vlerke (skooluitgawe)

    Annemari Coetser

    Om speurder te speel, was nie deel van Andine se vakansieplanne nie. As sy geweet het van die skrikwekkende ervaring wat vir hulle voorlê, het sy Jam oortuig om hulle liewer huis toe te neem. Wie sou kon raai dat haar pad met dié van boewe en ’n sangoma sou kruis? Maar dis in hierdie buitengewone omstandighede dat Andine haar eerste tree in die grootmenswêreld gee: die “vlissie” kry vlerke.
    Hierdie skooluitgawe van Vlis met vlerke is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.