Elsa Winckler

Список книг автора Elsa Winckler


    'n Belofte vir Bippie

    Elsa Winckler

    Bippie Snyman se pad word onderbreek met 'n onbeplande swangerskap, en sy moet groot besluite neem. Sy maak 'n belofte teenoor die Here – sy sal nie weer 'n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Dan word Riekert Tredoux skielik deel van haar lewe wanneer hy die huis oorkant die straat begin restoureer. Die swanger rooikop het Riekert se oog gevang die eerste keer toe hy haar sien, maar hy kan nie vir Bippie en haar baba die toekoms bied wat hulle verdien nie. Trou is nie deel van sy toekomsplanne nie. Sy eie ma het hom verwerp, hy kan nie weer so seer kry nie. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen? En hoekom is die enigste man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux? Nog 'n heerlike verhaal uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner Elsa Winckler, en die tweede in die McGregor reeks, na 'n Brief vir Reina.

    Ultrasatyn 3

    Elsa Winckler

    “Sy vingers troetel en liefkoos haar totdat ’n storm haar optel en laat wegtol in ’n draaikolk van geure en teksture en passie.” In Syne vir altyd moet Gideon en Bianca mekaar weer in die oë kyk ná hul kaskenades tydens ’n verlowingspartytjie. Nie een van die twee soek ’n langtermynverhouding nie, maar dit maak wel sin om die week in die Bosveld ten volle te benut. En in Die drieweek-reëling oorweeg Ella dit om ’n werksaanbod in Londen te aanvaar. Maar by Quinn het haar hande, haar lyf, haar mond ’n wil van hulle eie. Sal sy binne drie weke kan besluit of sy eerder op Stellenbosch moet bly?

    Omdat jy my liefhet

    Elsa Winckler

    Dis Livie Mulder se beurt om vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik ’n belangrike droom te verwesenlik. Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer alles nie volgens plan verloop nie. Bart Coetzee red haar telkemale uit ’n penarie. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Die feit dat hy dodelik aantreklik is, maak haar rug net nog stywer. Bart het Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe. Sal hy kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir ’n toekoms saam met Bart.

    'n Brief vir Reina

    Elsa Winckler

    Wanneer Reina Sauer se ouma sterf, hoor sy dat sy haar huis op McGregor erf. Maar 'n ontwikkelaar, die ontnugterde en siniese Derek Retief, wil graag die huis deel van 'n sekuriteitskompleks maak. Al wat Derek kort is Reina se handtekening. Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak Reina met haar ouma se vriende wat afhanklik was van haar ouma? En wanneer Reina die huis begin opruim, kom sy op 'n boks vol briewe in die solder af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reggekry het om 'n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het. Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.

    Elsa Winckler Eerste Keur

    Elsa Winckler

    In Van altyd af vertrou Reynecke nie Cilla se intuïtiewe benadering met diere nie. Sy krap ook al sy vooropgestelde idees oor die lewe om. Aileen kan nie wag om haar pâtisserie se deure oop te maak in Te eenders, te anders. Allen Muir, die eienaar van die perseel, is egter ’n onwelkome uitdaging. Daar is dadelik ’n onverklaarbare drif wat tussen Kalinda en Zach posvat terwyl sy die geskiedenis en ’n spook se spore volg in Tydlose liefde.

    Omdat jy jy is

    Elsa Winckler

    Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ’n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ’n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar Kathleen stem in om eerste te gaan, want sy moet in elk geval aan ’n sakeplan vir haar aanlyn-onderneming werk. Sy het egter nie daarmee rekening gehou dat iemand die kothuis agter ta’ Peet se huis sou huur nie. Beslis nie ’n aantreklike man met viooltjieblou oë nie. Sake-konsultant Steyn Erasmus se arm is in ’n hangverband en Kathleen ontferm haar oor hom. Maar wat tussen hulle broei, is veel meer as net goeie buurmanskap . . .

    'n Liedjie vir Anine

    Elsa Winckler

    Zander Breedt is ’n gewilde musiekster. Maar roem het ’n wrang smaak – hy voel asof hy teen ’n muur vasbid; die antwoorde waarna hy soek, kry hy nie in sy Bybel nie. En die nuwe aangetroude familielid, Anine, maak dinge nie makliker nie. Dis duidelik dat Anine nie veel oog hare het vir popsangers nie. Tog is sy die een wat weer die majeurnote in sy binneste losmaak. Anine Vos is ’n joernalis. Haar redakteur gee haar opdrag om ’n diepte-artikel oor Zander te skryf. Sy worstel met haar eie hartseer en sien glad nie kans hiervoor nie. Maar sy het vergeet: wanneer sy nie kan nie, kan die Here. ’n Liedjie vir Anine is deel van Elsa Winckler se aangrypende reeks oor die Breedt- en Vos-gesinne se lief en leed.

    Ultrasatyn 2

    Elsa Winckler

    Twee stomende verhale: In Ridderspoor en rose sê Alan dat Corinne nie sy tipe is nie; hy soek ’n “stemmige” vrou wat kliënte beïndruk. Sy sal hom wys presies hoe ónstemmig sy kan wees, sodat hy nooit weer met ’n ander vrou tevrede sal wees nie. In Alfaman in Armani sit erotikaskrywer Lenka du Plessis se libido regop toe sy vir misdaadfiksie-outeur Adam Ludick ontmoet. Maar sy kan sien Adam is ’n alfaman wat nie in gelukkige eindes glo nie . . .

    Liefde deur ’n lens

    Elsa Winckler

    Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto’s gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit nie. Maar toe sy na Suid-Afrika terugkeer, dreig haar onderdrukte emosies om uit te borrel – en dis alles Francois Olivier, haar skoonsus se baie aantreklike broer, se skuld. Hy soen haar onverwags, vat aan haar, en laat haar wêreld tol. Hy sien die hartseer raak wat sy diep wegsteek en daag haar uit om te erken hoe sy voel. Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar as sy haar weer kom kry, fokus sy op sy sterk gelaatstrekke. En wat is die uitdrukking wat sy daar sien? Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar? En is dit liefde wat sy deur die lens sien?

    Liefde in laslap

    Elsa Winckler

    Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling is ’n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie. Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in ’n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul stories werklik bestem om te vervleg?