Malene Breytenbach

Список книг автора Malene Breytenbach


    Hertog van die Pampas

    Malene Breytenbach

    Beeldskone en vurige Miranda Almas de la Montara, dogter van een van die groot estancia-eienaars in Argentinië, verloor haar hart op die eienaar van die aangrensende estancia San Felipe de Oragon. Sy vind egter tot haar konsternasie uit dat die Conde Alejandro Semillano de Oragon verloof gaan raak. Sy bloubloed Spaanse familie het vir hom ‘n vrou uit een van die voorste Spaanse aristokratiese families gekies en hulle verlowing word met ‘n groot party gevier. In dié tyd van politieke onrus bedreig die bandito Pablo Ramirez egter al die ryk estancias en mik om president Branco uit die kussings te lig. Wanneer Ramirez Miranda ontvoer met die doel om met haar te trou, spring Alejandro en sy gauchos in om die regeringstroepe te help. Sal Miranda dit regkry om Alejandro se liefde te wen? Of is sy vir hom slegs maar die dogter van sy buurman? Hertog van die Pampas speel af in negentiende eeuse Argentinië.

    Heler van skade

    Malene Breytenbach

    Lucinda O’Neill het destyds in die weeshuis al geweet sy wil pediater word. Toe sy ’n pos by die Wynland Kliniek vir Aansteeklike Siektes aangebied word, bring dit ’n algehele ommekeer in haar lewe mee – en nie slegs op professionele gebied nie. Want hier ontmoet sy vir Werner Huber, ’n siviele ingenieur, wie se seun tydens ‘n werkskontrak in Afrika ’n tropiese siekte opdoen het. Wanneer hy die seuntjie na die kliniek bring, maak dit ’n groter impak op Lucinda se lewe as wat sy ooit kon voorsien het. En intussen maak die resiesjaer Edwin van Reenen, wat haar ken sedert hulle kinderdae in die weeshuis, aanspraak op haar vriendskap en liefde. Lucinda het haar nog altyd van liefdesverbintenisse weerhou; haar werk was haar erns. Maar in Wynland kliniek word sy verplig om keuses te maak – en meteens lyk haar pad vorentoe baie gekompliseerd.

    Pluimprinse

    Malene Breytenbach

    Wanneer Olivia Bailey in haar Muizenbergse huis aangeval en byna verkrag word, besluit sy “om afstand te probeer verkry” – nie net van haar werk as joernalis nie, maar ook van die Kaap. Die enigste plek waaraan sy kan dink om heen te gaan, om weer “heel te word”, is haar ouma se huis op Oudtshoorn. Daar is net een probleem: Olivia het haar ouma nog nooit ontmoet nie. Want dié Joodse familie in hulle pluimpaleis is trotse mense. Toe Olivia se ma met die verkeerde man weggeloop het, het hulle haar onterf en nooit weer gekontak nie. . . Op Oudtshoorn kry Olivia ’n veel hartliker ontvangs as wat sy verwag het. Sy leer nie net haar ouma ken nie, maar kry ook ’n ander blik op haar ma en haar eie geskiedenis. In die proses word sy oorrompel deur die vergete wêreld van Boer en Jood, swier en vertoon, oordaad en rykdom – die tyd van die pluimprinse op Oudtshoorn. En soos die geskiedenis vir Olivia lewend word, begin haar eie helingsproses.

    Roep van die woestynwind

    Malene Breytenbach

    Doktor Denise Barry, dosent in Ou Nabye Oosterse Studie, se verhouding met die argeoloog Dale Peters was nog altyd besonder ingewikkeld. Met sy vertrek na die Midde Ooste het hy hulle verhouding summier verbreek. Maar toe Denise die geleentheid kry om die antieke Nabatese stad Petra, waar Dale is, te besoek, het hy heel opgewonde geklink om haar weer te sien. Wanneer Denise egter in Petra aankom, het Dale spoorloos verdwyn. Wou hy haar net vermy, of is hy ontvoer? Wie is die groep wat hulself die Arabiere vir Vryheid noem, en watter geheime bewaar hulle? Denise besluit om Dale te soek – want as hy nie meer deel van haar lewe wil wees nie, kan hy ten minste reguit en in lewende lywe vir haar sê!

    Verbode liefde

    Malene Breytenbach

    Marian Sinclair en haar niggie Morag hou vakansie op die Skotse eiland Mull en gaan met groot vooroordele tuis by Kasteel Glenbogan, die setel van die aristokratiese familie wat hulle veronderstel is om te verfoei weens ’n eeue oue familievete.Op Glenbogan leer hulle die MacLean-broers ken as mense wat vriendelik en gasvry is. Veral sir Roderick, die oudste broer en laird van Glenbogan, slaan Marian se voete (teen haar wil en beterwete) onder haar uit. Marian kan haar aangetrokkenheid tot Roderick nie verklaar nie; hy het immers ’n paar duisterhede in sy verlede. Spoedig begin vreemde ongelukke en teespoed die Kasteel ry. En dit wil selfs lyk asof iemand probeer om van Marian ontslae te raak. . .

    Tot die dood ons skei

    Malene Breytenbach

    Wanneer haar buurvrou, Monique Bauman, vermoor word, is die jong professor Kira Trollip se hele lewe onderstebo. Want Kira was nog altyd verlief op Reinhard, Monique se man. En op Stellenbosch was dit geen geheim nie. Monique Bauman was nou wel geen engeltjie nie, maar was dit genoeg rede om haar te vermoor? Skielik is almal agterdogtig en selfs Kira begin wonder of Reinhard onskuldig is. Hoe kan sy verkeerd wees oor die man van haar drome? En verdink hy háár ook – soos soveel ander? Wanneer die volgende moord gepleeg word, besef Kira dat die liefde ‘n baie sterk motivering kan wees – ook wat moord betref . . .

    Dokter sonder grense

    Malene Breytenbach

    Joernalis Clare Rutland wil haar enigste broer, dokter Nick Rutland, in Sierra Leone gaan soek waar hy vir die humanitêre organisasie Dokters sonder Grense werk. Sierra Leone is in ’n bloedige burgeroorlog gewikkel en Clare het ‘n jaar laas van Nick gehoor. Clare weet dat Nick se enigmatiese vriend, die Franse dokter Louis du Plessis, wat hom oortuig het om by Dokters sonder Grense aan te sluit, ook in Sierra Leone is. Heimilik wil sy ook vir Louis gaan soek – ten spyte, of eerder as gevolg van hulle geskiedenis. Daarom dat sy vir Spies Lategan, geharde voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte, kry om haar te help om die dokters te probeer kontak. Maar Spies is’n ladies man en moeilik om mee saam te werk. Te midde van die chaos en gruwels van oorlog, en die gevaar waarin sy dikwels verkeer, moet Clare boonop deur emosionele storms worstel.