Jackie Blue. T. M. Bilderback

Читать онлайн.
Название Jackie Blue
Автор произведения T. M. Bilderback
Жанр Триллеры
Серия
Издательство Триллеры
Год выпуска 0
isbn 9788835427322



Скачать книгу

oorkant Lesko gaan sit.

      “Ek sal tot die punt kom, Vincent. Ons dink jou baas skep so ‘n bietjie ekstra vir homself uit die room.”

      “Ek weet niks daarvan af nie, Mnr. Lesko.”

      Lesko het geknik. “Ons weet jy weet nie, Vincent.” Hy het bier gedrink, dit neergesit en aangegaan. “Wat ons nodig het is dat jy soort van jou oë oop hou vir ons. Ons wil hê jy moet jou baas observeer, kyk vir enigiets ongewoon, en ons laat weet wat jy sien. Kan jy dit vir ons doen, Vincent?”

      Lesko het gekyk hoe Vincent die moontlikhede in sy kop ronddraai. As hy dadelik weier om die versoek na te kom, sal sy lewe nie ‘n nikkel werd wees nie. As hy instem om te doen wat Lesko vra, en dan niks opvolg nie ... selfde resultaat. As hy valse inligting rapporteer, en Lesko vind uit daarvan, sal sy lewe weereens niks werd wees nie. Maar ... as hy doen wat hy gevra is om te doen ... sal hy vertrou word en kan hy die leer begin klim in die organisasie.

      “Seker, Mnr. Lesko,” het Vincent geantwoord. “Ek kan dit doen. Waarvoor moet ek uitkyk? En hoe kry ek dit by u?” Lesko het hom ingelig.

      ***

      VINCENT HET DIE VOLGENDE vier weke sy baas dopgehou. Hy het agtergekom dis nie so maklik om te kyk sonder dat hy homself weggee nie, maar hy het gekyk ... en gekyk.

      Uiteindelik, het hy gesien wat Lesko hom gevra het om voor uit te kyk ... en dit het hom teleurgestel. Hy het gedink – of eerder gehoop – dat sy baas ‘n eerlike skurk is.

      Hy het ‘n tiekieboks gesoek en die nommer gebel wat Lesko hom gegee het. Hy was verras dat Lesko self geantwoord het.

      “Lesko.”

      “Mnr. Lesko, dis Vincent Lambosa.”

      “Vincent!” Vincent kon die glimlag in Lesko se stem hoor. “Dis goed om van jou te hoor ... of miskien nie.”

      “Mnr. Lesko. Ek weet nie of dit goed is of nie. Ek het hom dopgehou, soos u gevra het. Ek het dit sien gebeur – wat u my vertel het om voor uit te kyk. Ek het hom gesien.”

      Lesko was stil vir ‘n oomblik.

      “Dankie, Vincent. Ek wil jou komplimenteer op jou observasie vaardighede. Nie almal sou gesien het wat jy gesien het nie. Ek sal jou weer kontak.”

      “Dankie Mnr. Lesko.”

      Dit was die eerste keer dat Vincent sy God-gegewe observasie vaardighede gebruik het. Natuurlik was hy geen gek nie – hy het geweet dat sy observasie vaardighede so pas sy baas se lewe gekos het. Hy het dit aan homself geregverdig op twee maniere: Een, sy baas moes nie ‘n ekstra skep room geskep het uit die profyt nie en twee: eerder hy as ek.

      ***

      NOU, VYFTIEN JAAR LATER, het Vincent aansienlik hoër op gevorder in die organisasie. As resultaat van sy wonderbaarlike vaardighede in die ‘kollekte’ area, was hy nou in beheer van drie stringe beroepswedders. En hy was in beheer van die ‘beskermings diens’ oor die suide van die stad.

      Hy het nog steeds baie van sy eie kollekte hanteer, wat hoofsaaklik vir sy ‘beskerming diens’ was. Sy observasie vaardighede het hom toe goed te pas gekom in daardie spesifieke besigheid. Hy sou ‘n paar maande ‘n voornemende klant observeer sodat hy akkuraat die besigheid verkeer kan oordeel. Dan sou hy kwoteer op ‘n akkurate en, vir hom, ‘n bekostigbare ‘versekering’ premie basis vir die klant. Die ongelukkige besighede wat hierdie ‘versekering’ geweier het, het gereeld skielik afgebrand in die middel van die nag – tot op die grond, ongeag enige brandonderdrukking toestelle wat teenwoordig mag wees.

      ‘n Paar weke terug, het Vincent ‘n besigheid by ‘n klein geriefswinkel, Kwikstuff, geobserveer, wat vyf blokke weg was en drie blokke weg van die Hollow. Hy het gekyk hoe die Pakistani eienaar verskeie sodas, sigarette en lotery kaartjies oplui en dan het Vincent die snaakste ding gesien.

      ‘n Slim, mooi blondine, dalk in haar vroeë of miskien middel dertigs het in die winkel ingekom. Sy het voor die plexiglas kabinet, wat die winkel se lotery krap kaarte gehuisves het, gaan staan. Sy het haar hande uit gesteek en haar vingers liggies oor die voorkant van die kabinet laat gly – vorentoe en agtertoe – totdat haar hand voor een van die hokkies tot stilstand gekom het en dan haar oë toe gemaak. Toe haar oë weer oopgaan, het sy na die kassier gestap en een krap kaart gekoop uit die hokkie wat haar aandag getrek het. Sy het by een van die tafels voor die winkel gaan sit en haar kaart oopgekrap. Toe sy klaar is, het sy opgestaan en weer na die kassier gestap.

      Die Pakistani het na die vrou geglimlag. “Nog ‘n wenner, Jackie?”

      Die vrou het geglimlag en geknik.

      Die Pakistani het haar kaart deur die lotery skandeerder laat gaan. “Sjoe! Tweehonderd doller hierdie keer!” Hy het sy kop geskud terwyl hy haar die geld uitbetaal het. “Verloor jy ooit, Jackie?”

      Die vrou het geglimlag en haar skouers opgehaal, haar geld voor by haar denim ingedruk en die winkel verlaat.

      Vincent het ‘n blikkie asem pepermente gevat en dit na die kassier geneem. Hy het geglimlag na die Pakistani maar die glimlag het nie sy oë bereik nie. “Sy wen baie, neem ek aan.”

      Die Pakistani het sy kop geskud. “Ek het nog nooit so iets gesien nie! Sy verloor nooit!”

      “Miskien moet ek haar uitvra vir ete. Weet jy wat haar naam is ?”

      Die Pakistani het geknik. “Haar naam is Jacqueline Belew, maar ek dink nie sy gaan uit op baie ete afsprake nie. Ek het haar nog nooit saam met ‘n man gesien nie.”

      Vincent het geknik, asof hy ‘n besluit geneem het. “Interessant. ‘n Uitdaging. Baie soos om ‘n besigheid te bestuur. Laat ek met jou oor iets praat...” Vincent het verduidelik wat die voordele van sy ‘firma se beskerming’ is. Na kragdadige en intense onderhandelings in die agterkamer, wat veroorsaak het dat Vincent se kneukels uit geswel het, kon hy die nederige en gekneusde Pakistani as een van sy klante beskou.

      ***

      VINCENT HET DIE BELEW vrou vir die volgende week geobserveer by ‘n ander winkel. Sy het ingegaan, weer haar hand oor die kabinet se plexiglas laat gly. Sy het weer haar keuse gemaak, dit gekoop en die kaart gaan krap. En weer het sy dit na die kassier geneem, haar driehonderd doller wengeld gaan haal en die winkel verlaat. Vincent, wat sy besigheid in die winkel klaar gemaak het, het besluit om haar te volg.

      Vincent het haar gesien deur sy donker motor voorruit terwyl sy geloop het. As sy te ver voor was, het hy verby gery totdat hy voor haar was en dan gesit en kyk hoe sy nader kom deur sy truspieël.

      Jacqueline het ‘n taxi gestop en ingeklim. Vincent het gewag tot dit verby is en toe in die verkeer ingedraai om te volg. Die taxi het op die snelweg geklim. Vincent het drie motor lengtes ver gebly. Na vyftien minute het die taxi ‘n afrit geneem. Sy het na die resiesbaan toe gegaan!

      Noudat Vincent geweet het waarheen Jacqueline op pad was, het hy ontspan. Hy het met die eerste geleentheid verby gejaag en eerste by die resiesbaan gearriveer. ‘n Paar minute later, met sy gesig gedeeltelik agter ‘n resies koerant, het Vincent gesien Jacqueline gaan deur die ingang van die baan. Nadat sy deur is, het hy haar gevolg.

      Jacqueline het ‘n resies vorm gekry. Vincent het gekyk hoe sy haar vinger oor die papier laat gly. Haar vinger het gestop. Sy het na die wed-venster gegaan, ‘n bod geplaas, en die strokie in haar beursie gedruk. Terwyl sy weggeloop het om die resies te aanskou, het Vincent haar gevolg. Die resies was op die punt om te begin.

      Hy het gekyk hoe die hekke oopspring en die perde hulle resies begin. Jacqueline het nie regtig na die resies gekyk nie – sy het aanhou loer na haar polshorlosie, asof sy laat