Dr. Eve se Seksboek. Marlene Wasserman

Читать онлайн.
Название Dr. Eve se Seksboek
Автор произведения Marlene Wasserman
Жанр Руководства
Серия
Издательство Руководства
Год выпуска 0
isbn 9780798171984



Скачать книгу

’n stem. Jy het nodig om bokant jou vriende se stemme in jou kop uit te skree en te kies wat jý wil hê.

      Bou met jou sosiale stene aan jou selfbeeld deur jou vriende met wysheid te kies: vriende wat jou aanvaar en jou belangrik en gewild laat voel. Hierdie vriende moet jou ook goed behandel, vir jou drukkies gee en jou status erken. Hulle moet jou beskerm en jou nie forseer om dinge te doen waarmee jy ongemaklik is nie. Ondersoek jou huidige vriendskappe en vra jouself af of hulle waarde in jou lewe bring. Onthou die samelewing is krities en beoordeel graag tieners. Besluit of die groep saam met wie jy uithang goed is vir jou reputasie. Ek moedig jou nie aan om ’n “loser” te wees nie. Ek wil hê jy moet ’n wenner wees, iemand wat goed voel oor wie hy/sy is.

      Familieboustene

      Jou familie is uniek – heeltemal anders as jou vriende s’n, of as families in flieks en op televisie. Jy mag dalk baie trots wees op sommige van jou familielede en baie skaam oor ander. Soos wat jy grootword, begin jy agterkom hoe verskillend jy van jou ouers of broers of susters is. Dit lei soms tot spanning en konflik. Jou beste bousteen in die hele wye wêreld is ’n gesonde, liefdevolle en gemaklike familiesteen. Geen ander bousteen is so belangrik om jou die positiewe selfbeeld te gee wat jy nodig het vir jou welstand nie. As daar openlike kommunikasie met jou ouers is, staan jy ’n goeie kans om in ’n gelukkige seksuele volwassene te ontwikkel. Onthou, ouers maak nie met opset foute nie, hulle bedoelings is meestal goed. Maar sommige ouers was dalk self seergemaakte kinders. Dit verhinder hulle om jou op ’n gesonde en volwasse manier te hanteer.

      Vandag se gesinne is so interessant en gevarieer. Die gewone kerngesin is nie meer so algemeen nie: ma, pa, drie kinders, ’n huis in die voorstad, twee motors in die garage en ’n paar troeteldiere. Kombinasies van families is eindeloos:

      •Enkelma wat kinders alleen grootmaak.

      •Enkelpa wat kinders alleen grootmaak.

      •Ouer en stiefouer, plus twee stiefkinders.

      •Ma + ma, twee vroue handhaaf huishouding (lesbies).

      •Pa + pa, twee mans handhaaf huishouding (gay).

      •Ma, stiefpa en halfbroer/suster.

      •Pa, stiefma en halfbroer/suster.

      •Pa transformeer om ma te word (transseksueel).

      •Ma transformeer om pa te word (transseksueel).

      •Grootouers, ooms of tantes wat jou grootmaak.

      •Uitgebreide families – ma, pa en grootouers wat almal onder een dak woon.

      •Kinders wat huishouding handhaaf – geen volwassenes nie.

      •Pa wat pendel – hy werk in ’n ander stad en kom net huis toe vir naweke of vakansies.

      •Ma wat pendel.

      Spandeer eerder tyd met volwas­senes wat jy bewonder – onder­wysers, ander familielede, ouers of vriende, religieuse leiers, sport- of akademiese presteerders, ens.

      Die onderwerp van seks word selde in gesinne bespreek. Navorsing toon kinders wil graag met hulle ouers oor seks praat. Die meeste kan egter nie. Jy is of te skaam of jou ouers is ongemaklik met die onderwerp. Maar jy tel tog heeltyd boodskappe oor seksualiteit by jou ouers op. Jy weet mos: hulle kommentaar as daar ’n sexy toneel op die televisie is, of hulle opmerkings oor jou vriende wat “sexy” lyk. Of die uitdrukking op jou ma se gesig as jou pa ’n soentjie steel of aan haar boud vat. Jy kan gou leer seks is ’n slegte ding wanneer jou ma “uitfreak” as sy jou betrap terwyl jy masturbeer, of as sy kondome in jou sak ontdek en jou straf deur jou selfoon weg te neem. Die ergste is jy kan dalk seksueel misbruik word deur ’n familielid wat by julle bly, maar niemand glo jou as jy daaroor praat nie. Jou ouers is dalk baie konserwatief en nie bereid om met jou oor jou seksuele bekommernisse te praat nie. Jou enigste opsie is dan om self te eksperimenteer of om jou vriende te glo.

      Om met goeie familiestene te bou, is ’n uitdaging. Ongelukkig kan jy nie veel doen as jy ’n disfunksionele gesin het nie. Spandeer dan eerder tyd met volwassenes wat jy bewonder – onderwysers, ander familielede, ouers of vriende, religieuse leiers, sport- of akademiese presteerders, ens. Lees oor mense wat jy bewonder. Vind uit wat jy bewonder in hierdie mense en probeer om self van hierdie kwaliteite aan te neem.

      Skoolboustene

      Jou skool kan jou ’n sekere status gee. ’n Hoë status help om ’n goeie selfbeeld te bou, maar nie almal kan na ’n hoëstatusskool gaan nie. Om met skoolstene te bou, beteken jy het lojaliteit, verbintenis en respek teenoor jou skool. Dit is hoe jy verantwoordelikheid kan neem vir die ontwikkeling van jou selfbeeld. Die skool is die een plek waar jy baie oor jouself leer, deurdat jy met verskillende mense in aanraking kom. Dit is die speelgrond vir kompetisie en jaloesie en waar jy jou eie potensiaal, sterk punte en swakhede leer ken. Die druk om te presteer, is enorm. Jy sal dalk in ’n boks gedruk word: bleeksiel, slet, daggakop, “freak”, “punk”, poppie, rugbyheld, ens.

      As jy in ’n gemengde skool is, word dit die plek waar jy bewus raak van seksualiteit. Die aantrekkamer-sindroom word gebore, die plek waar ouens hulle penisse en meisies hulle borste en lywe vergelyk. Jou selfbeeld word ontwikkel of verpletter in hierdie stresvolle omgewing.

      Gewildheid is alles. Elkeen wil graag hê almal, insluitende die onderwysers, moet van hulle hou en hulle bewonder. Klieks word gevorm, jy word “gelabel” en jy word beoordeel – wat jou selfbeeld kan maak of breek.

      Om gewild te wees, kan verwronge raak en word meestal deur jou voorkoms, geld, familie of persoonlike status bepaal, in plaas van wie jy as mens is. Om gereeld van skool te verander, kan beteken dat jy nooit inpas nie, heeltyd op die kantlyn staan en nooit vaste vriendskappe vorm nie.

      As jy nie populêr is nie, word jy dalk nie na sosiale geleenthede, binne of buite skoolure, genooi nie. Naweke begin net so depressief en eensaam voel as om skool toe te gaan. Dit beteken skool toe gaan kan baie keer ’n aaklige, martelende en eensame ondervinding word.

      Kinderlyn

       080 005 5555

      As jy een van die ongelukkige kinders is wat vir geen goeie rede geboelie word, op gepik of gespot word, kan jou skooldae hel wees. Jy kan dalk selfs een van die kinders wees wat seksueel misbruik word deur ’n onderwyser. As dit die geval is, vertel iemand wat jou sal glo. Skakel Kinderlyn!

      Soos in die geval van vriende en familie, kan gesonde skoolboustene jou selfbeeld maak óf breek. Dit is regtig moeilik om van jouself te hou as jy voel niemand anders hou van jou nie. Om na jou kamer by die huis of die skoolbiblioteek te ontsnap, is dalk ’n tydelike verligting. Om by die dwelm- en alkoholkliek aan te sluit, of by die rebelse groep ouens wat in die moeilikheid kom omdat hulle motors steel of by huise inbreek, of by ’n bende, sal nie jou selfbeeld opbou nie. Ja, sekerlik sal dit jou die onmiddellike aanvaarding gee waarna jy soek – maar die gevolge is gewoonlik aaklig. Ek weet jy kan my dalk nie nou hoor nie, want die alleenheid, verwerping en pyn om die buitestander te wees, voel vir jou te erg om te hanteer. Dit is veral waar as jy nie vaste familieboustene het om jou te ondersteun nie.

      Dit kan help om suksesvol te wees in iets. Mense sien jou raak, gee jou die erkenning wat jy nodig het. En ek bedoel nou nie jy moet die meisie word wat die beste “blowjobs” gee of die ou wat die beste dagga in die hande kan kry nie.

      Kry iets konstruktiefs, iets wat jou laat goed voel oor jouself. Bou aan jou stene terwyl jy by die skool is – wees nuuskierig oor die lewe, kyk na die vordering van mense wat jy bewonder, vind ’n rolmodel en hou hom/haar dop, ontdek jouself en droom groot!

      Geloofs- en kulturele boustene

      Mense word binne ’n sekere kultuur en geloofsisteem gebore. Daar is so baie verskillende gelowe: Christenskap, Judaïsme, Boeddhisme, Hindoeïsme, ens.

      Sorg