Die Afrikaners. Hermann Giliomee

Читать онлайн.
Название Die Afrikaners
Автор произведения Hermann Giliomee
Жанр Историческая литература
Серия
Издательство Историческая литература
Год выпуска 0
isbn 9780624050759



Скачать книгу

1912 Stigting van die South African Native National Congress, later African National Congress genoem 1914 J.B.M. Hertzog stig die Nasionale Party 1914 Suid-Afrika tree saam met Brittanje toe tot die oorlog wat in Europa uitbreek; die Rebellie breek in Suid-Afrika uit 1915 De Burger verskyn in Kaapstad 1918 Die Afrikaner-Broederbond word in Johannesburg gestig 1918 Sanlam en Santam word gestig 1922 Groot staking op die Witwatersrand 1924 Die Pakt-alliansie met die NP as hoofvennoot wen die verkiesing en Hertzog word eerste minister 1925 Afrikaans word as ampstaal erken 1929 Die staat neem wetgewing aan om Yskor tot stand te bring 1932 Die Carnegie-verslag oor wit armoede verskyn 1934 Samesmelting van die SAP en die NP om die Verenigde Party te vorm met Hertzog as leier en Jan Smuts as onderleier. D.F. Malan word leier van die Gesuiwerde Nasionale Party 1934-1937 Die eerste gedigte van N.P. van Wyk Louw en ander “Dertigers” verskyn 1938 Die eeufeesviering van die Groot Trek 1939 Die Eerste Ekonomiese Volkskongres besluit om die Afrikaners se toetrede tot die moderne ekonomie te koördineer 1939 Suid-Afrika se toetrede tot die oorlog in Europa laat die VP-regering skeur; Smuts word eerste minister 1948 ’n Afrikaner-maatskappy, Bonuskor, word vir die eerste keer op die aandelebeurs genoteer 1948 Die Nasionale Party wen die verkiesing en begin met die instelling van die apartheidstelsel 1960 Slagting by Sharpeville en ’n groot, maar kortstondige uitstroming van kapitaal begin; die regering kondig ’n noodtoestand af en verbied die ANC en die Pan-Africanist Congress 1961 Suid-Afrika word ’n republiek 1975-1976 Suid-Afrikaanse troepe val Angola binne, die begin van ’n grensoorlog wat tot 1988 duur, waarna sowel Suid-Afrikaanse as Kubaanse troepe uit Angola onttrek word 1976 ’n Opstand breek in Soweto uit 1983 ’n Nuwe grondwet word aangeneem wat voorsiening maak vir ’n uitvoerende president en afsonderlike kamers vir wit mense, bruin mense en Indiërs in die Parlement 1984 Opstande breek in Sebokeng en ander Oos-Randse swart woonbuurte uit 1985 ’n Gedeeltelike noodtoestand 1986 ’n Algemene noodstand, ’n grootskaalse vlug van kapitaal en omvattende sanksies teen Suid-Afrika 1990 Die verbod op die ANC en sekere ander buiteparlementêre bewegings word herroep en die regering verbind hom tot ’n proses om tot ’n demokratiese grondwetlike skikking te kom 1993 ’n Tussentydse grondwet word aangeneem. Afrikaans word een van elf amptelike tale 1994 Die eerste insluitende demokratiese verkiesing 1996 Die finale grondwet word aangeneem en die NP onttrek hom aan die regering van nasionale eenheid en kondig sy ontbinding as party aan in 2004 2000 Demokratiese Alliansie kom tot stand uit die DP en NP; twee derdes van die Afrikaners stem DA in 2004

      Voorwoord

      In 1949 was Jan Smuts, leier van die Verenigde Party en voormalige eerste minister, een van die sprekers by die inwyding van die Voortrekkermonument. Met sy effens formele Afrikaans het hy liries oor die Afrikanergeskiedenis gepraat. “Watter jong volk kan op ’n meer romantiese geskiedenis roem, een van meer ingrypende belang? Kleur, insident, tragedie en komedie, nederlaag en oorwinning, vreugde en smart … Ons voorgeskiedenis is van die aangrypendste menslike belang. Had ons maar die pen van die Grieke, wat ’n literariese (sic) bydrae sou ons nie maak tot ons toekomstige skatte! Daar is goud nie alleen in ons aarde nie, maar nog meer in ons geskiedenis. Daar was so min teken van ’n deurdagte plan, so veel van die misterie …”

      Die Afrikaanse nasionalistiese geskiedskrywing van die vorige eeu het die romantiese, die heroïese, die “goud” van die Afrikaners se geskiedenis beklemtoon, maar dit was dikwels ’n skewe voorstelling. Die lyding, die swaarkry en die geringskatting van bruin en swart mense en hul groot bydrae tot die totstandkoming van die komplekse samelewing en gesofistikeerde ekonomie en infrastruktuur is onderbeklemtoon of verswyg. Dit was ’n toejuiging met net een hand wat klap.

      In die afgelope veertig jaar was die voorstelling dikwels skeef na die teenoorgestelde kant. Die heroïese stryd van swart en bruin teen onderdrukking het – tereg – groot aandag geniet. Maar daar was ’n neiging om die rol van wit mense, en veral dié van die Afrikaners, tot dié van onderdrukkers en uitbuiters te reduseer.

      Dit het ’n sentrale deel van die African National Congress se propaganda geword en vind byvoorbeeld neerslag in Thabo Mbeki se toespraak “The Historical Injustice”, oorspronklik in 1978 gelewer en opgeneem in sy Africa: The Time has Come, ’n bundel toesprake en essays wat in 1998 verskyn het. Hy skets ’n geskiedenis van 350 jaar van menseslagting, verslawing, uitbuiting en die oordrag van siektes. Hoewel die swartes “the producers of wealth” was, was dit nie vir hul eie voordeel nie, maar vir “appropriation by the white population”. Terwyl die kapitalisme onder Britse beheer aan die spits van die uitbuiting van swart mense gestaan het, het die Boere volgens Mbeki alles wat dinamies is laat vaar “and lapsed into a state that was feudalistic, primitive, stultified and reactionary”.

      Hierdie siening van die Afrikaners van die agtiende eeu is ook te vind in Allister Sparks se invloedryke The Mind of South Africa, wat in 1990 verskyn het. Die Europese koloniste wat aan die Kaap wortelgeskiet het was volgens hom “surely the simplest and most backward fragment of Western civilization in modern times”. Hierdie bewering word gemaak sonder om te let op die genuanseerde oordele van ervare reisigers in die negentiende eeu. George Thompson het byvoorbeeld in sy Travels and Adventures in Southern Africa van 1827 onderskei tussen die Afrikaners as individue, onder wie daar sommige was wat hy barbaars, lui en beginselloos gevind het, en die groep, wat hy as van ’n hoër gehalte