Название | Helse manier van koebaai se |
---|---|
Автор произведения | François Bloemhof |
Жанр | Ужасы и Мистика |
Серия | |
Издательство | Ужасы и Мистика |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9780798155885 |
Hy bly lê. sy gesig teen die vloerplanke.
“That was quick,” hoor hy die bitch sê wat haar so ready and willing gehou en hom oopmond gesoen het. Hy kon sweer sy’t dit geniet, maar hy dink skielik daaraan dat sy dalk meer geniet wat nou kom. Wat wil hulle met hom doen? Hy het eers tyd om bang te raak noudat hy stil lê. en wil begin bewe. Hou sy oë toe.
Geluide naby. “Let’s see if he …” Die man buk oor hom en Johnny skop, tref die ou langs die kant van sy kop, al het hy vir sy fokken neus gemik. Dis ’n jammerte die tekkies is so sag van baie dra, maar hy hoor die mes val. Dan is Johnny op sy voete, vermy hy die man se grypende hand, koes hy ook toe die meisie hom wil beetkry, sy net so kaalgat soos hy self, en stamp hy haar opsy – ’n gelukkige skoot, want sy tol in die man vas en in die oomblik toe hy haar én homself moet regop hou, is Johnny by die kamerdeur uit en in die gang af en by die voordeur. Dis nie ’n moeilike slot nie, jy moet dit net draai en die deur sal oop wees, dis net dat sy vingers dom is van die skok. Hy kry dit tog raakgevat, en gedraai, alles so fokken fokken stadig, dan is die deur oop en die lou naglug herinner hom weer aan die nare feit dat hy nie klere aan het nie, maar hy kan nie nou daaroor traak nie.
Hoekom ék? skiet die gedagte deur sy kop. Ek kan aan niemand ’n verskil maak nie!
Nou, harde teer onder sy voetsole, sy asem wat jaag. Moeg! Hy draai half om sodat hy kan kyk hoe ver die ou is, en dit was ’n fout omdat hy so groot skrik toe hy ’n glimp van die kaal kop vang seker nie vyf meter agter hom nie, dat hy amper sy balans verloor.
Dan kom dit, die hou teen sy bobene, en Johnny besef die man het hom geduik – soos met rugby, volle vaart, volle gewig. Pyn, donner dis seer toe hy val en meters ver skuif met die man half bo-op hom, sy lyf wat oor growwe teer en klippertjies skraap.
Toe is die pyn op ’n einde, want hulle het tot stilstand geskuur en die man vat sy kop vas, stamp dit teen die teer.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.