Wat Meisies moet weet. Jan van Elfen

Читать онлайн.
Название Wat Meisies moet weet
Автор произведения Jan van Elfen
Жанр Руководства
Серия
Издательство Руководства
Год выпуска 0
isbn 9780624050834



Скачать книгу

na liggaamlike sowel as emosionele volwassenheid. Jy kan moed skep vir dié oorgangstyd as jy onthou dat jou ontwikkeling nie tot jou liggaam beperk is nie. Jou selfvertroue neem ook toe omdat jy byna daagliks verstandiger word en algaande beter beheer oor jou emosies het. Later kan jy as ’n gesoute tiener die volle opwinding van hierdie unieke lewenstadium geniet. ’n Mens is net een maal jonk en adolessensie is die hoogtepunt van jou jeug. As jy jou tienerjare reg benader, kan dit ’n wonderlike ondervinding wees.

      Wat word met die “regte benadering” bedoel? Ten eerste: Leef voluit en maak gebruik van al die geleenthede wat die lewe bied. Hiermee word nie bedoel dat jy net op vermaak en plesier ingestel moet wees nie. Dit beteken jy kan alles ondersoek en ontleed en op die goeie bou. Jy moet gretig kennis versamel en ywerig aan sport deelneem. Jy moet jou vriendekring entoesiasties uitbrei.

      Probeer om jouself te wees. Dit is belangrik om as ’n tiener deur jou tydgenote aanvaar te word en om een van die groep of ’n “tipiese tiener” te wees. Maar dis belangriker om jou individualiteit te behou en getrou aan jouself te wees. Jy sal nie geluk vind as jy te hard probeer om los te breek van die wêreld waarin jy tot nou toe geleef het en weghardloop van jouself en die beginsels waarvolgens jy opgevoed is nie. ’n Mens wat homself losmaak van dit wat sy eie is, word maklik die pad byster.

      Dit is baie belangrik dat jy jou identiteit (die mens wat jy is) beskerm. Keer dat jy jou individualiteit (uniekheid) prysgee in ’n poging om gewild te wees of omdat jy jou maats nie wil teleurstel nie. Die godsdienstige en kulturele waardes waarmee jy grootgemaak is, die lewensopvatting wat jy aangeleer het en die lewenslesse wat jy as ’n tiener ter harte neem, word ’n permanente deel van jou persoonlikheid. Dit is hierdie dinge wat van jou ’n goeie mens maak, ’n mens wat in die samelewing verwelkom word.

      Die kortstondige wisseljare loop oor van nuwe ervaringe. Dit is soms moeilik om reg van verkeerd te onderskei. Jy moet dikwels moeilike besluite neem. Dié besluite word net moeiliker gemaak deur die driftige emosies wat met jou liggaamlike rypwording gepaardgaan.

      Miskien sal jy meer verstandig en met groter selfvertroue redeneer en optree as jy die veranderinge in jou liggaam beter begryp. Kom ons praat daaroor.

      Uit jou nate

      Liggaamlike veranderinge

      Soos alle kinders het jy van geboorte af baie vinnig gegroei. In ’n stadium kon jou ma nie voorbly om nuwe klere te koop nie. Jou skoene was kort-kort te klein.

      Toe groei jou liggaam skielik stadiger – waarskynlik hier tussen jou agtste en tiende verjaardae. Saam met die afname in jou liggaamlike groeitempo het jou innerlike gevoelens ook ’n windstilte beleef. En met rede: In dié rustiger tyd kon jou liggaam ’n bietjie asemskep nadat dit in die groeiproses baie energie opgebruik het.

      In hierdie stadium hoef jy nie afgehaal te voel en te dink dat jou maats jou almal gaan verbygroei nie. Die rusperiode duur net ’n kort tydjie – op die meeste ’n jaar of twee. Dit is net die stilte wat die adolessente groeistorm voorafgaan.

      Dán groei jy weer so geweldig baie dat jou bene miskien vir jou te lank en jou voete te groot lyk. Jy is dan ook geneig om lomp te voel. Jou groei vind egter nie net in lengte plaas nie. Skielik sien jy veranderinge in jou liggaamlike proporsies. Jou heupe word ronder. Die gebied om jou tepeltjies begin uitbult, asof bye jou daar gesteek het. As jou huismense jou ’n bietjie daaroor terg, moenie kwaad word nie. Hulle kan mos nie help om dit raak te sien nie en hulle bedoel niks leliks nie. Dit is ook nie iets om oor skaam te wees nie en dit is ’n teken dat jy normaal ontwikkel. Jy sal ook vind dat daar donshaartjies begin groei op plekke waar daar vroeër niks was nie – in die oksels onder jou arms en op die ronding bokant jou geslagsdele (pubis).

      Menstruasie

      Die ryping van die inwendige geslagsorgane vind ook plaas. Een van die dae gaan jou eerste maandstonde (menstruasie) verskyn. Daarmee word bedoel die bietjie bloed wat ongeveer een keer per maand deur die vroulike organe uitgeskei word. Die eerste verskyning daarvan staan bekend as die menarg. Hierdie gebeurtenis is die keerpunt in ’n meisie se puberteit – die begin van haar vrouwording. Dit is die eerste stap op die lang pad na volwassenheid.

      Daar kan nooit met sekerheid voorspel word wanneer ’n meisie gaan begin menstrueer nie. Deesdae is die gemiddelde ouderdom vir die menarg dertien jaar. Daar is egter die haastiges wat op elf, of selfs op nege, al begin. En daar is diegene wat eers aanstaltes maak om te menstrueer nadat hulle die skool verlaat het. Dit sal jou niks baat om jou te kwel oor wanneer jy gaan begin menstrueer nie. Die groeiproses geskied nie gelykmatig nie. Party babas kry tande en begin kruip voor hul tydgenote. Op die ou end kou en stap almal ewe fluks.

      Dieselfde geld die verskyning van die maandelikse bloeding. Party meisies se borste is al goed ontwikkel, dan menstrueer hulle nog nie. Ander se puberteit word deur menstruasie ingelei en kan hulle onverhoeds betrap, maar uiteindelik bereik almal volwassenheid.

      Tyd vir ’n bra

      Wat jou geval ook al mag wees, die styfheid en uitsetting van jou borsies sal jou nie ontgaan nie. Hierdie uitsetting kan nogal ongemaklik wees en selfs ’n bietjie seer voel. Die borsvergroting kan ook oneweredig geskied as die een bors vinniger ontwikkel as die ander een. Om jou daaroor te kwel is nodeloos. Net soos niemand se twee ore presies eners lyk of ewe groot is nie, is daar min vroue wie se borste presies simmetries ontwikkel. Mettertyd sal albei jou borste tog die proporsies aanneem wat die natuur vir hulle bestem het.

      Jy kan wonder oor wanneer jy ’n bra moet begin dra en of jy nie dalk al een behoort te dra nie. Die antwoord op albei vrae is dat ’n bra (verkorting van die Franse woord brassière) vir gerief en na eie voorkeur gedra word. Die doel daarvan is om die borste te ondersteun en gemakliker te laat voel. Dit verrig geen ander nuttige funksie nie. Die storie dat jou borste mooier sal ontwikkel as jy ’n bra dra, is uit die duim gesuig.

      Ja, ’n mens moet darem ook erken dat ’n bra gedra kan word om die oog te bedrieg – om klein borsies voller te laat lyk of om die buustelyn te beklemtoon. ’n Bra word dus partykeer gebruik bloot om ’n vrou vrouliker te laat voel en lyk. As jy begin wonder of jy ’n bra moet aanskaf of nie, behoort jy jou ma of iemand anders wat dalk die moederfiguur in jou lewe is, te vra. Onthou, sy het ook hierdie lewenstadium deurgemaak. Sy sal van ondervinding praat as sy sê hierdie of daardie tipe bra is die geskikste vir jou bou. Dit is belangrik dat die bra gemaklik pas en jou nie knel of skaaf nie, anders voel jy ongemaklik en selfbewus.

      Daar is nog redes waarom jy jou ma of die moederfiguur in jou lewe in hierdie saak behoort te ken en liefs moet saamneem as jy jou eerste bra gaan koop. In die eerste plek kan sy jou help om die beste waarde vir jou geld te kry. Ten tweede sal julle moet besluit uit wie se sak die geld daarvoor moet kom. Moet jy jou sakgeld vir hierdie en toekomstige aankope van onderklere gebruik? Indien wel, dan is dit ’n goeie tyd om vir ’n ekstratjie in jou maandelikse toelaag te vra.

      Die puisieprobleem

      Skete en kwale speel gewoonlik nie in hierdie stadium ’n groot rol in jou lewe nie. Maar aknee (puisies) versuur talle jong mense se lewe – driekwart van hulle word in die een of ander tyd in puberteit en selfs daarna daarmee gepla.

      Puisies verskyn nie toevallig vir die eerste keer in puberteit nie. Dieselfde hormone wat verantwoordelik is vir liggaamlike groei en seksuele rypwording, hits ook die vel se talg- of oliekliere tot oorafskeiding aan. Talg (olie) smeer die vel en beskerm dit, maar kan in oormaat ’n las wees. Dit is veral die kliere van die gesig, skouers en rug wat te veel talg afskei.

      Die buise van die ooraktiewe oliekliere en hulle porieë (velopeninge) neig dan om te vergroot. Die opeenhoping van olie en ander onsuiwerhede kan ’n verstopping in die klierbuis vorm. Die suurstof in die lug veroorsaak dat dié proppie swart verkleur. Vandaar die naam swartkoppie.

      ’n Dieper verstopping vorm ’n witkoppie. Deur die inwerking van ’n ensiem (’n stof wat chemiese reaksies bevorder) in die klierbuis, verander die velolie in ’n vry vetsuur wat in die vellae op die oppervlak uitlek wanneer die klierbuis bars as gevolg van druk weens die verstopping. Hierdie suur gee dan aanleiding tot inflammasie en puisievorming.

      Moet jou dus nie laat wysmaak dat vuil bloed of