Название | ‘n Soeke van Helde |
---|---|
Автор произведения | Морган Райс |
Жанр | Зарубежное фэнтези |
Серия | Die Towenaar Se Sirkel |
Издательство | Зарубежное фэнтези |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9781632912541 |
Die soldaat bekyk hom goed, en stadigaan versag sy uitdrukking. Na ʼn rukkie, skud hy sy kop.
“Jy is jonk, seun. Jy het ʼn trotse hart. Maar, jy is nie gereed nie. Probeer weer wanneer jy gespeen is.”
Daarmee draai hy om en storm weg, met skaars’ ʼn blik na die ander seuns. Hy bestyg sy perd vinnig.
Thor, moedverlore, kyk hoe die optog aan die beweeg kom; so vinnig as wat hulle daar aangekom het, so vinnig was hulle weg.
Die laaste ding wat Thor sien, was sy broers, waar hulle in die laaste koetswa sit, na hom staar, afkeurend en spottend. Hulle word weggeneem voor sy oë, weg van hier af, na ʼn beter lêwe.
Binne-in hom voel Thor soos die dood.
Die opwinding om hom bedaar, en die dorpenaars sluip terug in hulle huise.
“Besef jy hoe dom jy was, jou onnosele seun?” vra Thor se pa boos, en gryp hom aan die skouers.”Besef jy dat jy jou broers se kanse kon ruïneer?”
Thor stoot sy pa se hande rof van hom af weg, en sy pa kom terug en gee hom ʼn oorveeg deur die gesig.
Thor voel die brand van die klap en gluur sy pa aan. ʼn Deel van hom wil vir die eerste keer, sy pa terug klap. Maar hy beheer homself.
“Gaan haal my skape en bring hulle terug. Nou! En as jy terugkom, moet jy nie ʼn maaltyd van my verwag nie. Jy sal nie kos kry vanaand nie, sodat jy kan dink oor wat jy gedoen het.”
“Miskien kom ek glad nie terug nie!” skree Thor wanneer hy omdraai en weg storm, weg van sy tuiste, in die rigting van die heuwels.
“Thor!” skree sy pa agterna. ʼn Paar dorpenaars wat in die straat agtergebly het staan stil en hou hulle dop.
Thor begin weg draf, dan hardloop hy voluit, hy wil so ver as moontlik van dié plek af wegkom. Hy let skaars op dat hy huil, die trane stroom oor sy wange, terwyl al sy drome om hom vernietig is.
HOOFSTUK TWEE
Thor het vir ure op die heuwel rondgedwaal, briesend, totdat hy uiteindelik ‘n heuwel kies en gaan sit, met arms gekruis oor sy bene en die horison dophou. Hy kyk hoe die koetswaens verdwyn, hy kyk hoe die stofwolk vir ure daarna nog luier.
Daar sou nie nog besoeke wees nie. Dit is nou sy bestemming om hier in die dorpie te bly vir jare, wagtend vir ‘n ander kans--- as hulle ooit weer terugkom. As sy pa dit ooit sou toelaat. Nou sal dit net hy en sy pa wees, alleen in die huis, en hy is seker dat sy pa die volle mag van sy wrag op hom sal ontwaan. Hy sal steeds sy pa se kneg wees, jare sal verbygaan, en hy sal op eindig soos sy pa, vasgekeer om n kleinlike, onbenullige bestaan te voer---terwyl sy broers glorie en roem sou bereik. Sy are brand met die onregverdigheid daarvan. Dit was nie die lewe wat hy bestem was voor nie. Dit het hy geweet.
Thor het sy kop voos gedink oor wat hy kon doen, enigiets wat die situasie kon verander. Maar daar was niks. Dit was die kaarte wat die lewe aan hom gedeel het.
Na ure van sit, staan hy moedeloos op en begin sy weg baan opwaarts teen die welbekende heuwels, hoër en hoër. Onvermydelik keer hy terug na die kudde, terug op die hoogste hewel. terwyl hy klim, sak die eerste son in die hemelruim, met die tweede son wat sy hoogste piek bereik het, ‘n groenerige skynsel weergee. Thor vat sy tyd terwyl hy doelloos strompel, onbewus dat hy sy slinger van sy middle afvat, die leervel goed gebrei deur jare se gebruik. Hy reik na die sak wat om sy middle vasgemaak is, en voel na sy versameling klippe, een meer glad as die ander, hand uitgesoek vanuit die beste rotse. Somtyds korrel hy na voëls, ander kere, peste. Dit was ‘n ingebore gewoonte wat hy al jare kweek. Aan die begin het hy alles misgeskiet, later van tyd, het hy sy eerste bewegende teiken raakgeskiet. Van daardie keer af, was sy korrel akkuraat. Nou was klipgooi deel van hom---dit help om van sy woede onstlae te raak. Sy broers mag dalk in staat wees om ‘n swaard deur ‘n stomp te swaai---maar, hulle kon nog nooit ‘n voël in vlug raakskiet nie.
Lusteloos sit Thor ‘n klip in die slinger, leun terug, en met al sy mag, gooi hy terwyl hy himself verbeel dat hy dit na sy pa slinger. Hy tref ‘n tak aan ‘n boom ver weg, en die tak is morsaf. Vandat hy agtergekom het dat hy ‘n bewegende dier kon doodskiet, het hy opgehou om na hulle te mik, te bang vir sy eie mag en aangesien hy niks wou seermaak nie; is die takke nou sy teikens. Tensy daar natuurlik ‘n jakkels was wat agter sy kudde aan was. Met die tyd, het hulle geleer om weg te bly, daarom dat Thor se skape die veiligste kudde in die dorp was.
Thor dink aan sy broers, daar waar hulle nou is en hy is briesend. Na ‘n dag se ry sal hulle die Koning’s Hof bereik. Hy kan himself indink. Hy sien hoe hulle daar aankom met ‘n groot verwelkoming, mense uitgevat in hulle beste klere, wat hulle ontmoet. Lede van die Silwer. Hulle sal opgeneem word,‘n blyplek gegee word in die Legioen se kwartiere, ‘n plek om opgelei te word in die Koning se velde, terwyl hulle die beste wapens tot hulle beskikking het. Elkeen van hulle sal die Edelman wees vir een van die beroemde ridders. Eendag, sal hulle self ridders word, hulle eie perde kry, hulle eie krygsgewaad, en dan ook elkeen sy eie Edelman kry. Hulle sal deelneem aan al die veesvieringe en aan die Koning se tafel sit. Dit was ‘n betowerende lewe. En dit het deur sy vingers geglip.
Thor voel fisies siek, en probeer die gedagtes uit sy kop uit verban. Maar hy kan nie. ‘n Deel van hom, ‘n diep deel, skree in sy binneste. Dit se vir hom om nie moed te verloor nie, dat sy bestemming beter is as wat hy nou het. Hy het nie geweet wat dit was nie, maar het geweet dat dit nie daar was nie. Hy het gevoel dat hy anders was. Miskien selfs spesiaal. Dat niemand hom verstaan nie. En dat almal hom onderskat.
Thor bereik die hoogste punt van die heuwel en sien sy kudde. Goed geleer, was hulle almal saamgedrom, kouend en dood tevrede met enige gras wat hulle kan vind. Hy tel hulle, opsoek na die rooi merk waarmee hy hulle ruê, gemerk het. Hy vries nadat hy getel het. Een skaap is weg. Hy tel weer, en weer. Hy kon dit nie glo nie: een was weg.
Thor het nog nooit ‘n skaap verloor nie, en sy pa sal dit nie net laat verbygaan nie. Erger nog, hy haat die gedagte dat een van sy skape weg is, alleen, weerloos in die wildernis. Hy het dit gehaat dat enigiets onskulding moet ly.
Thor haas na die hoogste punt van die heuweltjie en bespied die horison tot hy die skaap gewaar, ver weg, etlike heuwels weg: die eensame skaap met die rooi merk op sy rug. Dit was die wilde ene van die lotjie. Sy moed sak in sy skoene waneer hy besef die skaap het nie net gevlug nie, maar van alle plekke, is hy oppad na die weste, na Donkerwoud. Thor sluk. Donkerwoud was verbode---nie net vir skape nie, maar ook vir mense. Dit was anderkant die dorpsgrens, en vandat hy kon loop, het Thor geweet hy mag nie daarheen gaan nie. Hy het nog nooit. Om soontoe te gaan, so sê die legend, was ‘n versekere dood, die donker woude onherkenbaar en gevul met bose diere.
Thor kyk op na die vedonkerende hemelruim, worstelend. Hy kon nie sy skaap laat gaan nie. Hy rêken as hy vining kon maak, sou hy dit betyds terugkry.
Na ‘n finale terugblik, draai hy om en hardloop vining, na die weste, na Donkerwoud, terwyl swaar wolke bokant hom versamel. Hy het ‘n sinkende gevoel, maar nietemin is dit asof sy bene op hulle eie beweeg. Hy weet daar is nie omdraai kans nie, selfs al wou hy.
Dit was asof hy besig was om in ‘n nagmerrie in te hardloop.
*
Thor naêl sonder onderbreking af oor die reeks heuwels, binne-in die dik bewoude Donkerwoud. Die paadjies eindig waar die woud begin, en hy hardloop in onbekende gebied, somer blare knarsend onder sy voete.
Die oomblik toe hy die woud betree, was hy toegevou in donkerte, die lig geblokkeer deur die torings van Dennebome. Dit was ook kouer hier, en wanneer hy oor die drempel gaan, kry hy ‘n koue rilling. Dit was nie net oor die donker, of die koue nie---dit was oor iets anders. Iets waarvoor hy nie ‘n naam gehad het nie. Dit was ‘n gevoel van… hy word dopgehou.
Thor kyk op na die antieke take, knoestig, dikker as hy, swaaiend en krakend in die ligte windjie. Hy was skaars vyftig tree in die woud toe hy vreemde diere geluide hoor. Hy draai om en kon skaars die opening sien waardeur hy gekom het; dit voel alreeds asof