Публицистика: прочее

Различные книги в жанре Публицистика: прочее

Margie van die seminary en ander verhale

Winnie Rust

Die verhale van ses vroue wat hul op een of ander tyd in Wellington bevind het, word met ‘n fyn hand aanmekaargeweef. ’n Skrywer onthou haar ma se verhaal oor hoe sy onwillig voor die liefde geswig het na haar jare in die Wellingtonste Seminary. In die aftreeoord waar haar ma gebly het, kom sy af op die agterkleinkind van Elizabeth Rolland, ’n sendelingsvrou. Van hier volg sy die spore na van nog vroue wat hul eens op ’n tyd in Wellington bevind het

Katvoet

Riana Scheepers

Ek is die vrou wat die nag opsoek. Ek is die vrou wat snags uit my bed opstaan en loop. Ek is die vrou wat my klere uittrek en opkyk na die maan. Ek is die vrou wat katvoet loop. Ek is die vrou wat die nag nodig het, soos suurstof. Riana Scheepers se kortverhaalbundel is ’n sjarmante, onthutsende kombinasie van erotiek en gevaar, ’n bundel waarin die skynbaar alledaagse dikwels aanleiding gee tot irrasionele en selfs wonderbaarlike lewenservarings. Vanuit ’n sterk sensuele vroulike perspektief word Afrika-mistiek en die liefde sterk op die voorgrond geplaas, en bowenal word hierdie bundel ’n viering van onblusbare lewensdrif.

Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie

Nico Nel

Beleef ’n jagtog saam met diamantsmokkelaars op ’n hotel se werf, kom hardloop kaalvoet saam met die polisie aflos op Lüderitz se soutpan, ry saam met die Bont Louws ’n driedem in Namakwaland en vind meer uit oor die genadedood binne huweliksverband. Stel vas wat gebeur met ’n argitek se ponytail by ’n skaapbraai, onmoet die vark Samuel Swart en ontdek watter skokkende goed gesê word op die sterfbed in die aangesig van die dood. Woon saam met ses mense ’n begrafnis in die Karoo by en leer hoe vang stadsjapies snoek. Hierdie stories, wat geskik is vir die hele gesin, is gelukkig in Afrikaans en nie in Latyn Spes, soos aanvanklik beplan nie.Nico Nel van Maak ’n las-faam en Uys van der Hoven het in 1967 onderstebo ontmoet, toe beide in die regte gestudeer en daarna in die verkeerde gedwaal het.

When I was

Nataniël

Since his solo debut 20 years ago, Nataniël has become one of the best-known and most popular South African entertainers. When I was is an all-English collection of 25 previously unpublished stories by Nataniël, selected and adapted from his stage productions Finding Gabriel, My brother Fonzo, Walking with Wizards, My name is Diamond, Songs of Saints, The Moses Machine, Of heartbreak and hope, The Hong Kong kiss, Predicting snow and Men who fly

Op die vrou af 2

André le Roux

Hierdie is die derde bundel van die bekroonde en gewilde joernalis se SARIE-rubrieke. Ná 10 jaar, 9 joernalistieke pryse, 2 suksesvolle verhoogverwerkings, wat landwyd deur meer as 80 000 lesers gesien is, vra vroue (en mans) steeds na meer. Lesers se reaksie deur die jare: “Dis die beste medisyne vir stres” en “Met sy humor is hy die een wat in hierdie land van geweld en trane almal weer die son laat raak sien.” Uit die baie briewe is dit duidelik hoeveel plesier lesers landwyd steeds aan sy rubriek het. Die stukke bied die leser heerlike, aweregse humor en satire.Die eerse versameling Op die vrou af (SARIE-rubrieke, 2004) is verwerk in musiekteater deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Sarah Theron, en is landwyd en by kunstefeeste opgevoer. Dit is vanjaar opgevolg deur die nuwe musiek-teaterstuk Op die vrou af 2, weereens deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Jolette Odendaal in die rolle.

Verbeel jou dis somer

Abraham H. de Vries

De Vries se nuwe bundel sluit aan by sy ernstiger werk (bv Nag van die Clown, Tot verhaal kom). Hier is sy hooftemas weer die onbegrypbaarheid van dinge en die weemoed van menswees – en dis daardie gevoel van weemoed wat die leser bybly na die lees van hierdie verhale. Die verhale gaan oor gewone mense en is eg menslik, soos die sensitiewe beeld van die ou straatskoonmaker wat sy werk verloor in “Ode aan ’n ou man wie se strate oor hom treur”. In ’n verhaal soos «Winternag»is dit die subtiele uitbeelding van emosionele geweld in ’n verhouding; in “Storm” gaan dit oor tot eksterne geweld. Geweld word in die bundel ’n metafoor vir morele verval, ’n spieëlbeeld van die aftakeling van die mens vanweë die geestelike aanslag in watter vorm ookal. Verhale wat onthutsend én liries is.

Op die toneel

Dana Snyman

’n Veertigtal stories deur een van ons gewildste skrywers. Stories met humor én met droefheid, van dinge wat verander het en dinge wat dieselfde bly, oor families en oor vreemdelinge. “Die mens is die storie, die storie is die mens,” het Dana, self-erkende storiesmous, by geleentheid gesê. En soos by sy eerste twee bundels, Uit die binneland en Anderkant die scrap, gee sy jongste versameling stories weer ’n deernisvolle blik op ménse: gewone mense en al hul dinge, mense in dorpe en stede en afgeleë streke. Dít is baasverteller en veelbekroonde joernalis Dana Snyman se geheim, sy respek vir en simpatie met mense. En die gevoel van hoop waarmee sy stories die leser laat.

Landskap met diere

Welma Odendaal

In hierdie lank verwagte vierde bundel kortverhale word vistas met diere telkens geplaas teenoor ’n komplekse emosionele landskap: in die kamer van ’n meisie wat wag op die terugkoms van haar pa hang die reuk van ’n likkewaan; ’n emosioneel verguisde man hurk met sy rewolwer by ’n hond in die pad. Figure doem op uit herkenbare sosiale en politieke landskappe sodat ’n beeld van die Suid-Afrikaanse samelewing gevorm word, maar deurentyd met die skrywer se vingers op die polsslag van gevoel.

Kruispunt

P.J. Haasbroek

Die skrywer se debuutbundel, Heupvuur, ontvang in 1975 die Eugène Marais-prys. Alhoewel van die verhale in sy nuwe bundel herinner aan die macho-styl van vroeëre werk, is hulle meer deernisvol en menslik. ’n Skerp ontleding van enersyds die mens se duister psige, andersyds die mens se weerloosheid. Die onderliggende tema is “geweld”: soms brutaal, soms pynlik, altyd openbarend.

Die Reuk van koffie

Koos Kombuis

Koos Kombuis, kulturele guerrilla, is terug. Met ’n styl wat verbysterend kan wissel tussen erns en luim, tussen Algemeen Beskaafde Afrikaans en pavement special patois, takel hy die Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, sake van die dag. Hierdie versameling is gekies uit ’n verskeidenheid skryfsels: rubrieke in koerante (meestal Rapport), artikels in tydskrifte en op webwerwe en – natuurlik – sy blogs. Een van sy nuwe leuses is immers: “Kom laat ons twit.” Wat jy dus in dié bundel sal vind – in geen spesifieke orde – is Koos Kombuis se groot rugbygeheim (met verwysing na waar sy liefde vir kurktrekkers vandaan kom), ’n liefdesverklaring aan Stellenbosch, ruminasies oor bekende persoonlikhede van Kurt Darren tot Eugène Terre’Blanche, kleintydherinneringe aan Hartenbos-vakansies, skouers skuur met politici al dan nie (don’t braai for me, Jacob Zuma), en die eerste dag van sy menopouse. Koos Kombuis is skerp, slim, satiries – en enig in sy soort.