Журнал «Космопорт», издавался с 2013 по 2015 год, вышло 14 номеров. Лучший фантастический журнал Европы 2014 года, победитель 36-го конвента Eurocon, Дублин, Ирландия, на его страницах публиковались авторы из Беларуси, России, Украины и Израиля, а также переводы мастеров фантастического жанра из США, Польши, Франции, Швеции и Великобритании. В этом выпуске: Илья Суханов «Бумажный тигр» – штрихи к биографии Кена Лю, восходящей звезды американской фантастики. Сергей Легеза «Во тьме, где свет» – правдивый рассказ старого ландскнехта про битву с нечистой силой. Александр Марков «Метро» – может, кто-то и усомнится, но на самом деле всё было именно так, как здесь рассказано. Евгений Обухов «Делит» и другие – фантастические миниатюры о нашей смешной реальной жизни. Оксана Дрябина и Леонид Кудрявцев «Под флагом Джека Воробья» – о будущем книжного рынка, фантастике и пиратстве. и многое другое
A Lodging For The Night And Pavilion on the Links by Robert Louis Stevenson
Introduced by J.K. Annand.
Best known as the playwright of Jamie the Saxt and Jeddart Justice, Robert McLellan has been called the finest writer of Scots prose in our time. His ‘Linmill’ stories were broadcast by the BBC, one of which, ‘The Donegals’ was made into a film. But for the most part McLellan’s prose work has appeared in magazines or anthologies without being fully collected in book form. Their popularity has endured and now all twenty-four of his tales are available in one volume.
Based on the author’s youthful memories of his grandparents’ fruit farm near Lanark, these finely observed stories give us a priceless insight into a generation now lost to us, and a timeless evocation of the world seen through the eyes of a young boy. There is honesty, compassion, harshness and humour in these stories, and McLellan’s quiet voice adds a unique wit and an unsentimental authenticity to the telling.
‘This must rank [among] the finest prose-poetry of Scottish childhood that we have.’ Douglas Gifford ‘It is possible to find light and depth in each of these stories, yet their common engine is neither plot nor character, but McLellan’s use of language. It is hard not to agree with J.K. Annand’s final assessment that Robert McLellan is “the greatest writer of Scots prose in the twentieth century”.’ Books in Scotland
Die heel beste kortverhale uit Riana Scheepers se oeuvre [die bundels Die ding in die vuur (1990), Dulle Griet (1991), ’n Huis met drie en ’n half stories (1994), Feeks (1999) en Katvoet (2009)] word hier saamgevat. Dit sluit onder meer verhale in wat die fokus plaas op liefde en sensualiteit in hul vele vorme, asook Afrika-mistiek. Die storie wat aan die bundel sy titel verskaf – ’n verwysing na Jeanne d’Arc – is ’n splinternuwe, boeiende toevoeging tot dié skrywer se oeuvre.
Die enigmatiese digter, verteller en wetenskaplike Eugène N. Marais bly een van die boeiendste en raaiselagtige figure in die Afrikaanse letterkunde. Vir elke leser wat sy pragtige gedig “Winternag” of die weergalose Dwaalstories ken, is hy die skrywer van werke wat jou lank bybly. In hierdie heruitgawe verskyn die skrywer se beste en mees onderhoudende kortverhale, soos uitgesoek deur Merwe Scholtz. Soos Marais se lewe self, wentel die meeste van hierdie verhale om raaisels. Baie van hulle is trouens speurverhale. Hierdie boek is die perfekte geskenk vir lesers van alle ouderdomme.
Die subtitel, Vertellings van ’n verloopte diplomaat, wek die verwagting dat daar iets met hierdie loopbaan verkeerd gaan loop . . . Juis hierin lê ’n volgehoue spanningslyn. Die skrywer vertel eerlik en met humor van sy jare as junior diplomaat in Suid-Afrika Huis in Londen, in die tyd van die politieke woelinge van die onstuimige laat 50- en vroeë 60tigerjare. Hy was o.m. privaat sekretaris vir die hoë kommissaris in Londen in die dae van Sharpeville en lid van eerste minister Verwoerd se afvaardiging toe Suid-Afrika weens apartheid aan die Statebond moes onttrek.Mens hoor van die blapse, die politieke binnegevegte, die gedragspatrone van bekende politieke personasies, paleisprotokol, die werk van geheime agente – dinge waaroor “die man op straat” net maar kan gis. Wat hierdie teks besonders maak, is die verteller se selfspot en ewewigtige terugblik op ’n veelbewoë tydvak.’n Onderhoudende boek, lesenswaardig en insiggewend, met enkele blink komiese hoogtepunte.
Die kortverhale in hierdie debuutbundel vorm nie net tematies ’n eenheid nie, maar daar is terugkerende situasies en karakters: twee susters, waarvan een mooier en inkenniger is, ’n problematiese verhouding tussen ma en dogter, lesbiese verbintenisse en ’n onmag om deel van die konvensionele gesins- en familieopset te word. Verskeie sosiale en filosofiese kwessies word op ’n kompromislose en waagmoedige manier aangepak.
Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap. Om stories oor helde te skryf is moeilik. Om die weggesteekte mense onvergeetlik te maak is moeiliker, daarom is Dana se stories so onvergeetlik. Daaroor, en omdat die mense in sy stories van ver af kom. Hulle ry Valiants en weet nog van Uncle Charlie’s, padkafees, Geloftefees, Springbokradio en Kommuniste. Die mans dra nog pakke en die vroue hoede; tant Pop en oom Jorrie en so aan. Maar hy skryf ook oor vandag se mense. Party emigreer. Ander bly, hulle kyk sport en reis en kom mense teë. Elke nou en dan sien mens ‘n reënboog. “Ek is eintlik ’n baie gewone ou. Rustig. Daar is nie probleme nie. Op die toneel.” Nota: Dana het onlangs vir hom ’n 1973-Valiant aangeskaf. So ’n bruine.
Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die “Monnemint” en Boeregrafte, in ’n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was. Juis op een van hierdie reise het ’n bakkie se “gêrs soos ’n dier in pyn gesterf”. Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners, sekere radioluisteraars, sekere openbare figure. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermôre die skôrro-skôrro in Mabopane moet haal, Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken, die Bosluismense van die Noordwes, die ryke en die arme wat mekaar deur ’n kamervenster aanstaar. En dis moeilik om te sê waar die lag ophou en die traan begin – en andersom. Snyman se unieke aanslag maak van hierdie vyftigtal kort stukke eerder kort- kortverhale of sketse as die tipiese rubriek – dit het vroeër in Beeld, Wegbreek en Huisgenoot verskyn. Sy gewildheid en geliefdheid by lesers spreek onder andere uit ’n leserbrief wat in Beeld verskyn het (26/09/2004): “Die wyse waarop Dana Snyman … basiese en alledaagse gebeurtenisse … weerspieël, is uniek. Hy praat oor goed wat ons almal op een of ander manier ervaar het, maar nie oor praat nie. Hy wys daarop dat ons almal dieselfde emosies ervaar, ongeag wie en waar ons is. Wat van 'n bundel met al sy artikels?” Lesersbriewe getuig gereeld van sy gewildheid.