Публицистика: прочее

Различные книги в жанре Публицистика: прочее

Die rooikop en die redakteur en ander stories

André P. Brink

In hierdie versamelbundel bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging en internasionale literêre aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van spannings- en liefdesverhale met. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50’s in die Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn. ’n Kombinasie van Brink se eiesoortige humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers.

Soweto, Under the Apricot Tree

Niq Mhlongo

“This apricot tree has multiple souls that fill me with wonder every morning and enchant me by afternoon. This tree has bitter-sweet memories, just like the fruit it bears.” If the apricot trees of Soweto could talk, what stories would they tell? This short story collection provides an imaginative answer. Imbued with a vivid sense of place, it captures the vibrancy of the township and surrounds. Told with satirical flair, life and death are intertwined in these tales where funerals and the ancestors feature strongly; where cemeteries are places to show off your new car and catch up on the latest gossip. Populating these stories is a politician mesmerised by his mistress’s manicure, zama-zamas running businesses underground, a sangoma with a remedy for theft, soccer fans ready to mete out a bloody justice, a private dancer in love and many other intriguing characters. Take your seat under the apricot tree and be enthralled by tales that are both entertaining and thought-provoking.

Die ou vrou en die priester en ander verhale

Cecile Cilliers

Van 1981 tot 2014 skryf Cecile Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sarie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in 'n huwelik ongesê bly tussen man en vrou, die verwikkelde band tussen ma en dogter, die oorweldigende blindheid van 'n eerste liefde, en bowenal die uitdagings van oud word. Die verhale spreek tot 'n breë gehoor. Baie leesbaar, met 'n diep menslikheid wat uit die stories straal.

Volmink

Hennie Aucamp

Volmink is sekerlik ’n hoogtepunt in Hennie Aucamp se oeuvre. Dit is ’n manjifieke voorbeeld van ’n boek wat lokale waarnemings saambring met ’n wyer blik op die wêreld. Sy verhaal “Vir vier stemme” geld vandag steeds as een van die indrukwekkendste kortverhale in Afrikaans.

Vatmaar

AHM Scholtz

Vatmaar vertel die boeiende verhaal van ’n klein gemeenskappie buite Kimberley, van die draai van die eeu tot ongeveer 1930. Die leser word bekend gestel aan ’n magdom fassinerende karakters – Oom Chai, Ta Vuurmaak, Domanie Frans Kiewiet, Boitjie Afrika, oom Flip en sus Bet – sowel as aan nuwe perspektiewe op bekende historiese gebeure. ’n Mens se oorweldigende indruk is een van diepe menslikheid en humor, hoewel ongeregtigheid en uitbuiting nie verswyg word nie. Die stories is vol kleur en opwinding, dit voed jou siel en laat jou soms uitbars van die lag, net om netnou weer trane in die oë te kry.

Uit oerwoud en vlakte

Sangiro

Uit oerwoud en vlakte is die bundel waarmee Sangiro in 1921 debuteer, wat daarna in Frans en Engels vertaal word en waarvan jare lank meer eksemplare as van enige ander Afrikaanse boek – met uitsondering van die Bybelvertaling – verkoop is. In al drie stukke slaag Sangiro daarin om die dier-mens-wêreld deur 'n fyn balans tussen die dierlike en menslike eienskappe van die oerwoudbewoners te handhaaf en hulle met liefde waar te neem en te teken.

'n Wêreld sonder grense

Alexander Strachan

’n Wêreld sonder grense is ’n bundel aaneenskakelende kortverhale, almal onderdele van ’n oorlogverhaal wat met seldsame ekonomie vertel word. Dit is ’n genadelose boek oor ’n brutale bosoorlog; oor ’n naamlose jong seun wat soldaat word deur ’n reeks inisiasies in geweld. Algaande word die veilige wêreld agtergelaat, totdat daar nog net die grense bestaan wat deur die grensloses vir hulself versin word.

My Kubaan

Etienne van Heerden

My Kubaan was Van Heerden se eerste kortverhaalbundel – ’n belangwekkende bydrae wat hom midde-in die destydse oplewing van die Afrikaanse kortverhaal geplaas het. Die beste tekste in hierdie bundel het ’n digtheid en vormbewustheid wat hom uitwys as toonaangewend onder ’n hele geslag knap jong kortverhaalskrywers. My Kubaan is in 1984 met die Eugène Marais-prys bekroon.

Liefs nie op straat nie

John Miles

John Miles se gevierde debuut. Hier is kort-kortverhale wat fokus op geweldpleging en skokkende gebeurtenisse, asof dit uit alledaagse dagbladberigte geneem is. Dit is gedetailleerde verhale wat raakpunte het met tradisionele spanningsverhale, maar vertel vanuit ’n aweregse, ironiese, amper onbetrokke, vertellershoek, sodat dit die leser lank bybly.

Dwaalstories

Eugène N. Marais

Die bekoring van Eugène Marais se eenvoudige dwaalstories is tydloos. Daar kan geen leser wees wat nie betower word deur die eerste woorde van Krom Joggom Konterdans se “lied van die reën” nie: Eers oor die bergtop loer sy skelm, En haar oë is skaam; En sy lag saggies. En van ver af wink sy met die een hand. Marais was een van die eerste Afrikaanse skrywyers wat inheemse verhale in die oorspronklike Boesman-Afrikaanse dialek neergepen het. Sy vier “Dwaalstories” is die eerste keer in 1921 gepubliseer.