Hanna, ’n dinamiese en suksesvolle personeelagent, lewe teen ’n vinnige pas. Sy’t haar eie besigheid, is gelukkig getroud en het twee kinders rondom wie sy haar besige lewe beplan. Maar toe sy een middag ná ’n blitsbesoek aan die winkels by die huis opdaag, stort haar hele kaartehuis ineen. Sal sy in die maande wat kom ooit weer haar kop kan lig?
“Hartverskeurend mooi. ’n Aangrypende verhaal vir volwassenes sowel as tieners.” – Wilna Adriaanse
’n Deernisvolle verhoudingsroman oor borskanker en die invloed daarvan op verhoudings. Nadine se wêreld stort in duie wanneer ’n doodgewone doktersafspraak ’n skrikwekkende vonnis oplewer. Skielik moet sy nie net borskanker se onmenslike aanslae op haar gesondheid, menslikheid en vroulikheid leer hanteer nie, maar ook die reaksies van hul vriendekring en haar man, Pierre. Maar ook Pierre voel magteloos. Hy soek desperaat na antwoorde en begin stelsematig sy plek in hul verhouding bevraagteken. Hoe het hulle onderskeie rolle binne hulle huwelik verander? Sal hulle ooit eendag ouers kan wees? Hoe leer Nadine en Pierre om mekaar weer opnuut te ondersteun? In Gister is verby wys Aggenbach hoe geliefdes, te midde van talle struikelblokke, kan groei en saam sterk kan word.