Название | Vuurvliegie |
---|---|
Автор произведения | Helene de Kock |
Жанр | Короткие любовные романы |
Серия | Helene de Kock-omnibus |
Издательство | Короткие любовные романы |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9780798165549 |
Sy gaan sit en kyk met verwondering toe hoe hy ’n piekniekmandjie uitpak: Vars toebroodjies. Gerookte snoek. Klein, keurige kasies en ’n skaars rooiwyn wat hy met ooglopende trots in twee blinkskoon glase skink.
“Nie gedink ’n Gautenger weet iets van wyn nie, nè?” lag hy skalks. “Wel, dit het my tant Fienie in haar wysheid ook aangeraai: As jy ’n wynmaker se dogter begeer, leer als van wyn!”
“Ja?” lag sy sorgeloos verruk. “En hoe sou jy dié Cabernet beskryf?”
Hy hou die glasie tussen duim en voorvinger onder sy neus en proe ’n slag.
“Wel, soos alle goeie wyn het dit ’n mistieke kwaliteit. En dis kompleks, maar met die ondertoon van hartstog. Miskien het dit ’n bietjie veroudering nodig om ’n werklik groot wyn te word.”
“Hoe romanties,” sê sy opeens ernstig. “En so paslik.”
Die ure skuif saam met die skadu’s van die bome verby, en toe hulle eindelik oppak, is dit lank ná vieruur.
“Arme Anel is seker al doodverveeld,” sê Danien bekommerd, maar Alfons lag net.
“Seker, ja … Maar miskien verstaan sy.” En toe: “Wat weet sy?”
“Alles,” antwoord sy eerlik, “en sonder dat ek haar juis iets gesê het. Maar sy sal nie praat nie, Alfons.”
“Hm, maar as sy iets sou laat val, moet jy dit ontken.”
Die woorde klink kil, en ’n rilling laat haar haastig haar arms oor haar bors kruis. En sy knik net, onmagtig om ’n woord verder te sê. Maar net voordat hy die motor aanskakel om te ry, leun hy na haar toe oor en soen haar talmend op haar mond.
“Moenie daaroor dink nie. En moenie bang wees nie. Alles is reg tussen jou en my. En eendag sal ek jou alles vertel ook. Dit beloof ek jou.”
“Eendag lyk net so bitter ver,” sê sy sag, en plaas haar vingers oor haar lippe omdat hulle beef.
“Ek weet,” sê hy dof. “En dalk is dit ook ver. Daarom moet jy my vertrou. Belowe?”
“Ek belowe,” sê sy stadig. “Want ek kan nie anders nie. Ek het jou baie lief.”
Hy kyk haar swygend, half verslae aan, asof sy woorde gesê het wat die loop van die wêreld kan verander. Toe trek hy stadig weg en ry terug Plett toe.
Toe hy haar aflaai, groet hy gedemp en net met ’n ligte aanraking van sy hand.
Sy wil hom vra wanneer sy hom weer gaan sien, maar een kyk na sy skielik geslote gesig, laat haar swyg. En sy draai haar om, om weer deur die agterdeur by die arkade in te gaan.
“Ek het al vier koppies tee gedrink,” verwyt Anel haar grootogig toe sy die restaurant binnestap, maar trek glimlaggend vir haar ’n stoel uit by die klein tafeltjie met sy rooi geruite tafeldoek.
Danien gaan sit versigtig en vou haar hande stadig voor haar.
“”En tóé?” por Anel ongeduldig.
“Niks, wat …”
“Niks?” Sy loer na haar polshorlosie. “Jy en Alfons het meer as ses ure van hierdie dag geneem om agter te kom daar’s niks tussen julle nie?”
“Geen raakpunte nie,” sê Danien ferm. “Ons verskil totaal en al … enne … hy voel nie vir my wat ek gedink het ek vir hom voel nie …”
“Hoe verskriklik ingewikkeld,” sê Anel sonder om ’n oog te knip.
“Té ingewikkeld. Maar dankie dat jy saamgekom het en moet liewer nooit weer met my oor Alfons praat nie.”
Anel stoot die leë koppie voor haar weg en neem haar handsak.
“Goed, ek sal nie. Maar as jy dink dat ek een woord glo van wat jy nou gesê het, is jy dom.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.