Katalekte. Breyten Breytenbach

Читать онлайн.
Название Katalekte
Автор произведения Breyten Breytenbach
Жанр Языкознание
Серия
Издательство Языкознание
Год выпуска 0
isbn 9780798158268



Скачать книгу

      katalekte

      Breyten Breytenbach

      Human & Rousseau

      Die uitleg van gedigte en afbeeldings in hierdie digitale uitgawe van Katalekte verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings op hul leestoestel vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

      ANDER DIGBUNDELS DEUR BREYTEN BREYTENBACH:

      Die ysterkoei moet sweet (1964)

      Die huis van die dowe (1967)

      Kouevuur (1969)

      Lotus (1970)

      Oorblyfsels (1970)

      Skryt (1972)

      Met ander woorde (1973)

      Voetskrif (1976)

      Eklips (1983)

      ‘Yk’ (1983)

      Buffalo Bill (1984)

      Lewendood (1985)

      Soos die so (1990)

      Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde (1993)

      Papierblom (onder Jan Afrika) (1998)

      Oorblyfsels: ’n Roudig (onder Jan Blom) (1998)

      Die windvanger (2007)

      Oorblyfsel / Voice over (2009)

      Die beginsel van stof (2011)

      VERSAMELBUNDELS:

      Ysterkoei-blues – ’n Versamelbundel: 1964-1975 (2001)

      Die ongedanste dans: Gevangenisgedigte 1976-1983 (2005)

      pour Hoàng Liên, pour Daphnée Zewditu

pampoen%20logo.tif

      “treat yourself entirely to what good things there are”

      – Semonides van Amorgos, 650 vC

      “die lyksang van onthou”

      – Ka’afir

      “On écrit pour crever, camarades!”

      – Louis Calaferte, Carnets XIII, 1991

      “We lived a lot and we saw a lot –

      And he who lives sees wonders.”

      – Naghieb Mafoez, “Old Age” uit al-Aghani

      Conferring with myself

      My stranger disappeared

      Though first upon a berry fat

      Miraculously fared

      How paltry looked my cares

      My practise how absurd

      Superfluous my whole career

      Beside this travelling Bird

      – Emily Dickinson

      nuwe vluggedigte

       17/7/2010-30/4/2012

      “This is the poor side of silence”

      – Leonard Cohen

      “die mens is lankal enkel droom

       lewenslotlik van die lewensmelk

      geskei soos room:

      te veel vet in jou lyf maak jou dood

      en dan lewe jy nog net in jou slaap”

      – Bian Tong

      voorbereiding

      nou, voordat ons op reis vertrek

      sit ons voor die huis terwyl die son

      in ’n vloed van verderf sterf

      en ween bitterlik soos klippe

      sonder kerm- of snikgeluide

      in die neus en die keel

      want ons moet sterk wees

      want ons weet nie watter een

      nie weer terug gaan keer

      dalk verdrietig wakker gaan word

      in ’n streek van gewonde wit voëls

      of waar die sneeu vir ewig skitter

      of miskien beland aan die oewer

      van ’n dynserige rivier

      met ’n eerste vuur in die bome

      van waar die gids met die mus

      ons een vir een in die bark oor sal neem

      na die grot van die gesalfde likkewaan

      se-suur

      sesuur en die lig ontvou

      ’n vlag van stil geboorte oor die stad

      ou vuur gaan teen die voormure

      van gragtehuise tintel

      kanale die beweging van weerspieëling kry

      afwysende gesigte van wolke

      met die vergete van laas nag se liefde

      later ’n roering van blare

      ’n bootjie wat die vel dromende water

      oopvlek tot stilte se rilling

      by die onthou van laas nag se liefde

      ’n hond dalk ’n stem

      ’n sug wat deur die strate slaak:

      snit in die vers en ’n verruklike verdriet

      die ontrukking van vertrek:

      so is die hart se somer

      die besoek

      in hierdie stad is daar ’n gragtehuis

      met ruim rame wat die rimpelende lig

      binnelaat in ’n sagte gloed vloeiende

      oor skilderye teen die mure

      en soms reën dit teen die ruite

      in hierdie huis

      (ek sal dit nie besoek nie)

      is ’n geteëlde kombuis

      in die grondverdieping waar die trap ophou

      met koffie in ’n blou kan

      en twee ou katte op die vensterbank

      om met skreefogies die voëls in die magnoliaboom

      so glad van die reën

      in die lang oorgroeide binnetuin

      in die visier te hou

      want blomme bloei pers in die lente

      die vrou met die donker kyk

      wat die koffie uit die blou kan geskink het

      is hier oorlede met blomme om haar bed

      op die laaste vloer in ’n dakvertrek vol boeke

      lê ’n man op sterwe met ’n bril oor sy oë

      en klop verleë die vis van ’n maer en bleek hand

      oor sy bors wat purper ’n sagte magnolia is

      en soms reën dit teen die ruite

      en miskien het die katte die molvoël van sy tong verorber

      in die stad in hierdie huis is ’n