Vreedsame revolusie. Niël Barnard

Социальная психология.

Скачать книгу
Читать онлайн

Vreedsame revolusie


Год выпуска 0

isbn 9780624079750

Автор произведения Niël Barnard

Жанр Социальная психология

Серия

Издательство Ingram


In die vroeë 1990's is Suid-Afrika op 'n mespunt. Nelson Mandela is uiteindelik vry, maar 'n vreedsame politieke oorgang lyk byna onmoontlik. Links én regs staan gereed om die wapen op te neem. Te midde van dié dreigende geweld, met die land se toekoms op die spel, kom die grootliks onvoorbereide en koerslose NP-regering teen die ANC te staan by Kodesa. As hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) is Niël Barnard sentraal tot dié onstuimige proses, wat telkens byna ontspoor. Barnard was daar die dag toe die altyd-kalm Nelson Mandela sy humeur verloor en teen FW de Klerk begin uitvaar. Hy het eerstehands beleef hoe die morele hoëgrond deur die NP se vingers glip en die ANC die oorhand kry. Dié boek verskaf Niël Barnard se indringende blik op dit wat agter die skerms afgespeel het by Kodesa. Hy onthul ook hoe vertrouensbande tussen die ANC en NI gesmee is tydens geheime ontmoetings in Europese hotelkamers, en skryf oor sy wedervaringe in Moskou saam met die Russiese KGB.