Helene de Kock

Список книг автора Helene de Kock


    Windspoor

    Helene de Kock

    Windspoor is ’n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn ’n kort rukkie voor hul troue. Gustav Bothma is daar om te troos. Niemand glo meer in Ruben nie, tog kan Laura nie maar net laat gaan nie. Nie solank daar ’n geheimsinnige windspoor is wat na hom toe lei nie . . .

    Vuurvliegie

    Helene de Kock

    Drie spanningsvolle liefdesverhale, so aangrypend en meesleurend as wat ’n mens van hierdie ervare en gewilde skrywer kan verwag. In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Een ding weet Danien Fouché: sy wil Alfons hê. Maar sy het ’n eienaardige gevoel dat sy ’n mens-binne-’n-mens liefhet – ’n óú bekende, en tog ook ’n wildvreemde.

    Mense van faam

    Helene de Kock

    Mense van faam gaan oor tweelingsusters, sprankelende Diana en sober Debora, die koel advokaat, wat reken Diana se skoonfamilie, die Mynhards, is net ’n klomp snobs. Debora word egter teen haar wil ook ingetrek in die lewens van dié wynboer-clan, en besef uiteindelik hulle is mense van faam én vaam. Theron het diepte en selfs Kieron is te enigmaties om te peil . . .

    Vrou van formaat

    Helene de Kock

    In Vrou van formaat is die hoofkarakter, Danika, vies vir mans: ’n vrou moet mos mediamodelmooi wees,of sy is niks in hul oë nie.Van kleins af stry sy teen dié onregverdigheid. En sedert daardie traumatiese aand in Frankryk, het “mooi” vir haar finaal ’n vloekwoord geword!

    Man van kaliber

    Helene de Kock

    Man van kaliber is die verhaal van professor Jessica. Sy ontmoet vir Karel en Kiewiet, sien weer haar ou liefde, Daniël, en leer ook vir Loek de Jager ken, ’n man met vele fasette. Maar watter een het werklik “kaliber”?

    Uur van die Sewester

    Helene de Kock

    Uur van die Sewester is ’n spannende verhaal wat in die Oos-Vrystaatse berge afspeel. Clara is terug op die plaas na haar verblyf in Italië en dis eers wanneer ’n ou jeugvriend, Alfons Minnaar, een aand gewond by die voordeur opdaag en vra dat sy sy teenwoordigheid geheim hou dat sy agterkom dat daar vreemde dinge aan die gang is in die berge. Mense praat van dwelm- en wapensmokkelary . . .

    Man van gister

    Helene de Kock

    Man van Gister is ’n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense wat na die afloop van hul studies uitsien na ’n idilliese vakansie op Damplaas in die Oos-Vrystaat. Maar onder die skynbaar vreedsame oppervlak is daar tog diep emosionele onderstrome in hul onderskeie verhoudinge. En die aanwesigheid van die nuwe veearts in die omgewing – ’n man met ’n verlede – lei tot verdere omwentelinge.

    Die bruidseisoen

    Helene de Kock

    Die Bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles. In ’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesië vakansie waar sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde, Kallie, skielik getroud is. Maar gelukkig is daar ’n ou vriend wat haar onderskraag, iemand wat wéét dat die liefde die toets van vier seisoene moet kan deurstaan. In Huwelik in die herfs besluit Amara om Londen toe te gaan om helderheid te kry oor haar gevoelens vir Pieter Cronjé en oor sy huweliksaansoek. Die besoek bring haar egter weer in kontak met haar rampspoedige jeugliefde.

    Helene de Kock Omnibus 9

    Helene de Kock

    Man van Gister is ’n plaasroman wat afspeel teen die agtergrond van die Oos-Vrystaat. Twee pare jongmense, Peet en Maryn en Eugene en Elsje hoop op ’n idilliese vakansie op Damplaas voordat die viertal uitmekaar gaan, maar onder die skynbaar vreedsame oppervlak, is daar diep emosionele onderstrome. Die Bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles, ’n Bruid vir vier Seisoene en Huwelik in die Herfs. In ’n Bruid vir vier Seisoene gaan Sanet Bornman in Venesië vakansie hou. Dis daar dat sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde, Kallie, skielik getroud is. In Huwelik in die Herfs moet Amara oor verskeie huweliksaanbiedinge dink … In Uur van die Sewester kom Clara, ’n pottebakker, tuis na haar omswerwinge in Italië. Sy ontdek dat daar vreemde dinge aan die gang is in die Oos-Vrystaatse berge – dwelm- en wapensmokkelary. Helene de Kock kyk met deernis na haar karakters. Vier ontroerende verhale wat aan die leser genot sal verskaf tot op die laaste bladsy

    Helene De Kock Omnibus 10

    Helene de Kock

    Twee vroeë romans deur een van ons gewildste skrywers. In albei verhale is die milieu die Vrystaatse Riemland-omgewing. Ver vlug na môre vertel van Eugene Basson wat na Europa reis om te gaan vasstel wat geword het van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje. In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.