Helene de Kock

Список книг автора Helene de Kock


    Tiendes van silwer

    Helene de Kock

    Tiendes van silwer is die verhaal van die liefdeslewe van vier jongmense en speel af op die kampus van die Universiteit van Potchefstroom. Dis deurmekaar jare van liefkry en keuses doen, seerkry en ontdek dat silwer net ’n skynsel is. En dat werklike geluk net met die hart gekoop kan word.

    Skemerspel

    Helene de Kock

    In Skemerspel moet Eben sy geliefde Christine teen sy sin agterlaat wanneer hy in Leiden gaan studeer. Hy het gehoop sy sal hom kan vergesel, maar haar jong boetie se herstel na ’n ernstige ongeluk is stadig en sy kan hom en haar bejaarde ou vader nie alleen los nie. Maar is hul liefde sterk genoeg om so ’n lang skeiding te deurstaan?

    Anderkant die vloedwaters

    Helene de Kock

    Anderkant die vloedwaters is ’n storie met onstuimige onderstrome. Dr. Bernard Linde laai een stormnag ’n vreemde vrou op – en sy verdwyn net so skielik weer uit sy lewe. Een ding wéét hy: Hy gaan nooit weer dieselfde wees nie.

    Seisoen van die skimmelson

    Helene de Kock

    Seisoen van die skimmelson is ’n verhaal wat sy draaie gooi in die Vrystaatse Hoogland en in Beiere waarheen Madel Vermeer gaan om sang te studeer. Maar sy laat haar jeugliefde, die aantreklike dokter Wiam du Preez, agter. Tydelik, so glo sy. Sy ontmoet Jan-Karel Joubert van Oudewijn wat in Geisenheim studeer en ontdek dat ’n mens se keuses in die lewe jou oor ’n afgrond kan stoot.

    Die soete dwaling

    Helene de Kock

    In Die soete dwaling vlug dr. Daïrus Deetlefs weg na Londen. Martine kan dit nie begryp nie, want sy het hom lief. Of het sy? In Londen ontmoet Daïrus die misterieuse Sylvia Saunders. Dan is daar ook sy ma wat sy lewe so graag vir hom wil reël . . . ’n Vrou vir Ver-en-Naby is die liefdesverhaal van Laura Krause, ’n volwasse vrou, een wat al smart moes deurmaak en op soek is na innerlike vrede. Sy vlug weg, en is tussen ’n lewe tóé en ’n lewe vórentoe. Maar dis moeiliker as wat sy dink, want hoe hou ’n vrou kop as haar hart nie weet waarheen hy wil nie?

    Helene de Kock Omnibus 4

    Helene de Kock

    Die vierde omnibus van ’n bekende en geliefde skrywer. Tiendes van silwer is die verhaal van die liefdeslewe van vier jongmense en speel af op die kampus van Potchefstroom. Dis deurmekaar jare van liefkry en keuses doen, seerkry en ontdek dat silwer net ’n skynsel is. En dat werklike geluk net met die hart gekoop kan word. Nog ’n verhaal van jong liefde. Gruispad na Tóg Wat speel af deels op ’n plaas in die Vrystaat en deels op die kampus van Pretoria. Die rustelose Pierre Nienaber is nog nie gereed om met sy jeugliefde te trou en te gaan boer nie en besluit om ’n nagraadse kursus te gaan doen. Maar daar is ’n lewenslustige jong mediese student wat al sy waardes onderstebo keer. In Skemerspel moet Eben sy geliefde Christine teen sy sin agterlaat wanneer hy in Leiden gaan studeer. Hy het gehoop sy sal hom kan vergesel, maar haar jong boetie se herstel na ’n ernstige ongeluk is stadig en sy kan hom en haar bejaarde ou vader nie alleen los nie. Maar is hul liefde sterk genoeg om so ’n lang skeiding te deurstaan?

    Abel se dogters

    Helene de Kock

    Die wewenaar Abel Buitendag se lewe op sy plaas in die Oos-Vrystaat het ’n stil, onverstoorde gang. Of so dink hý. Sy drie dogters smag eintlik na meer warmte en kontak, na ’n lewe wat gelééf word. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos Abel se dogters een vir een uit die huis gaan en deel word van die groot wêreld, gryp die lewe hul met woede en met vreugde vas. Hulle ervaar die storm en soet pyn, ook soms die bitterheid, wat liefde bring.
    Die oudste dogter, Adelien, is ’n dosent in sielkunde in die stad en moet op ’n dag kies tussen twee besonderse mans in haar lewe. Maar sy is ook gekweld oor haar twee susters. Christel, die jongste een, is nog op skool en alleen by die huis met ’n pa wat te sag is. En Bernadette het ’n man gekies wat haar dalk nog baie hartseer kan bring.

    Somersneeu

    Helene de Kock

    Hoe lank neem dit om die lewe baas te raak? So wonder Rouke Bruwer meermale. Hy en sy boesemvriende, die neefs Robert en Brett van Coller, takel die lewe elk op ’n eiesoortige manier. Vars uit matriek, is die uitdagings legio. Die vroue in hul lewe, die passievolle, byna magiese Karina Kirstein en die skone Julia, vind saam met hulle uit dat die lewe tegelyk wonderbaarlik soet en bitterlik kompleks is.
    Deur die jare worstel hulle, en veral Rouke, ook met die pynlike vraag: Kan mens, as jy ver weggegaan het, ooit weer terugkom? Daarby mors Afrika dikwels met van sy mooiste kinders . . .
    ’n Meesleurende sage wat veel sê oor die kompleksiteit van die liefde.

    Helene de Kock Omnibus 6

    Helene de Kock

    "Hierdie drie verhale wat bymekaar aansluit, sal groot plesier aan al Helene de Kock se baie lesers verskaf, en bevestig opnuut haar fyn vermoë om ingewikkelde persoonlike verhoudings oop te skryf.
    Man van kaliber is die verhaal van professor Jessica en haar uiteindelike ontdekking dat ’n mens se onvolmaaktheid juis sy menslikheid openbaar. Sy ontmoet vir Karel en Kiewiet, sien weer haar ou liefde, Daniël, en leer ook vir Loek de Jager ken, ’n man met vele fasette. Maar watter een het werklik “kaliber”?
    In Vrou van formaat is Danika vies vir mans: ’n vrou moet mos modelmooi wees, of sy is niks in hul oë nie.Van kleins af stry sy – met haar groot gebeente en wilde bos hare – teen dié onregverdigheid. En sedert daardie traumatiese aand in Frankryk, het «„mooi“» vir haar finaal ’n vloekwoord geword!
    Mense van faam gaan oor tweelingsusters. Debora, die koel advokaat, reken die Mynhards is net ’n klomp snobs. Die sprankelende Diana wil egter graag deel word van dié wynboer-clan, en Debora word teen haar wil ook ingetrek. Tog besef sy uiteindelik: hulle is mense van faam én vaam. Theron het diepte en selfs Kieron is te enigmaties om te peil. "

    Helene de Kock Omnibus 7

    Helene de Kock

    "Drie spanningsvolle liefdesverhale, so aangrypend en meesleurend as wat ’n mens van hierdie ervare en gewilde skrywer kan verwag. In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Een ding weet Danien Fouché: sy wil Alfons hê. Maar sy het ’n eienaardige gevoel dat sy ’n mens-binne-’n-mens liefhet – ’n óú bekende, en tog ook ’n wildvreemde. In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Sy gaan woon in die Dijzel-huis waar daar sewe jaar tevore ’n moord gepleeg is. Niemand het nog vergeet nie en Zach het verdwyn. Dis egter tyd dat Zach terugkom en opeis wat syne is, as hy nog kan. Want die sewende somer is ’n rustyd. Windspoor is ’n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn ’n kort rukkie voor hul troue. Gustav Bothma is daar om te troos. Niemand glo meer in Ruben nie, tog kan Laura nie maar net laat gaan nie. Nie solank daar ’n geheimsinnige windspoor is wat na hom toe lei nie … "