Название | Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT |
---|---|
Автор произведения | Ilna Stander |
Жанр | Учебная литература |
Серия | Best Books Studiewerkgids |
Издательство | Учебная литература |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9781776070244 |
•The box of wine is the centrepiece in the fridge, surrounded by very little food.
•Braam is annoyed by his mother’s giggling and unsteady gait.
•Their mother does not eat supper with them and falls asleep in her work clothes.
•Lien sews the stapled hem of Braam’s grey school trousers with blue thread.
•In her room, while listening to Norah Jones, Lien tells her reflection in the mirror that she hates “him”.
Vrae
1.Die ritueel van wynskinkgeluide in die kombuis laat Lien na Braam kyk en sy wil nie gaan help of gaan eet nie. Dis omdat sy (kwaad/moedeloos/verras) voel. (1)
2.Uit die kos vir etes en die yskasinhoud weet ons die gesin leef op ______________ en ______________ kos. (2)
3.Kies die beste moontlikheid: Hulle ma word hier as “geel en gelukkig” beskryf, maar dit beteken
a.sy voel lekker ontspanne oor haar musiek.
b.sy is aangeklam en luister ontspanne na haar musiek.
c.sy het vrede met haar situasie. (1)
4.Braam reageer vies en sê sy ma moet gaan (vlieg/klavier speel/slaap). (1)
5.As Lien Braam se vasgekramde skoolbroek se soom insit, toon sy die karaktereienskap (bedagsaamheid/verantwoordelikheid/getrouheid). (1)
6.Noem twee bewyse dat die ma nie meer die huishouding goed versorg nie. (2)
7.Lien luister na ________________________ se musiek en ons weet dat sy die woorde “all alone” op haarself toepas omdat dit vir haar voel of die sangeres met haar ________________________. (2)
8.Deur wie word die verhaal vertel? En uit wie se oogpunt word dinge gesien? Watter tipe verteller is dit? (3)
NORAH JONES: Gaan lees meer oor haar op die internet. Watter ongewone ding het Norah op 16 gedoen? Wat was Norah se huislike omstandighede as kind? Let op ooreenkomste met Lien se situasie soos die verhaal ontvou. Watter beroepe beoefen Norah alles? Luister ook na haar musiek. |
Die spanningslyn
•Die ma het ’n drankprobleem; waarheen sal dit lei?
•Braam onttrek of antwoord vies en Lien krop haar gevoelens op, sy sê niks of sug: Wat gaan hulle doen?
•Lien sê sy haat ’n manspersoon, maar wie is dit? (Is dit dalk haar pa?)
Mini-skryfoefening: Beskrywing
Dink aan ’n persoon. Beskryf hom of haar in een of twee sinne.
Beskryf dan wat dié persoon in sy yskas sal hê. Dis nie noodwendig net kos nie, want dit toon die persoon se leefwyse en belangstellings en beeld só sy karakter uit. (Nog twee sinne.)
Hoofstuk 2: Jou standaard-skoolnommertjie
Opsomming
•Lien is teneergedruk op pad skool toe saam met Wouter, haar enigste maat, omdat sy die middag by tant Malie se koffieplek begin werk.
•Tant Malie klink altyd uitasem en beklemtoon elke tweede woord en dit irriteer vir Lien.
•Tannie Bets in hul woonstelblok het vir haar die werk gekry. Die ander moontlikheid was by die haarkapper.
•Lien is al ’n jaar in dié skool en haat steeds die plek.
•Lien skuil deesdae voor skool in die biblioteek vandat Wouter begin meng met die ander kinders. Sy lees op die internet oor ander lande en stede waarheen sy wil gaan: Japan en ook Praag.
•Lien hou die meeste van Engels, oor mister MacMillan se unieke en interessante klerestyl en letterkunde-aanbieding.
•Meneer Bruwer deel hulle in LO na gelang van hul beroepsbelangstellings in taakgroepe.
•In die prokureurgroep is Lien, die maer Miemie Spies, die terterige Sally Swanepoel en die fris, baie stil Hein Venter.
•Sally neem nie deel nie en stel haar bene ten toon en Miemie neem leiding.
Summary
•Lien walks to school with Wouter (her only friend). She feels down because she will start working at tant Malie’s coffee shop in the afternoon.
• Tant Malie’s breathless way of speaking irritates Lien.
•Tannie Bets, who resides in the same block of flats as Lien, organised this job for Lien. Lien’s only other option was to work at the hairdresser’s.
•Lien has been at this school for the last year and still hates it.
•Before school starts, Lien prefers to surf the internet in the library rather than being alone, because Wouter, her only pal, has started mingling with other learners. She reads about countries and cities she would like to visit, like Japan and Prague.
•Lien loves English with Mr MacMillan because of his weird clothes and enthusiastic way of presenting literature.
•In the LO class with Mr Bruwer, Lien is part of the group of learners interested in becoming an attorney. The other learners in this group are rakish Miemie Spies, tartish Sally Swanepoel and quiet Hein Venter. Sally only shows off with her legs, while Miemie shows leadership.
Vrae
1.Lien sien nie uit na die werk by die koffiewinkel nie, want
a.sy hou nie van tant Malie se oranje hare nie.
b.sy wou eintlik by die haarsalon gaan werk het.
c.tant Malie se manier van praat irriteer haar klaar. (1)
2.Wie het vir Lien die werk gekry? (1)
3.Lien kies die koffiewinkelwerk, wat minder per uur betaal as die haarsalon, oor (die moontlike fooitjies/die aangenamer personeel/die mooier plek). (1)
4.Waar of onwaar?
1.1 | Lien voel gespanne as sy by die skoolhek instap. | _______________ |
1.2 | Sy haat die skool. | _______________ |
1.3 | Sy voel uitgesluit uit geselsgroepies. | _______________ |
1.4 | Die kinders maak nie met haar maats nie. | _______________ |
1.5 | Sy gaan lees in die biblioteek oor plekke waarheen sy graag sou wou vlug. | _______________ |
(5)
5.Lien hou van mr MacMillan oor sy ongewone ____________________ , sy interessante _____________________ , en dat hy hom nie baie aan _________________________ steur nie. (3)
INTERTEKSTE ’n Interteks is die verwysing na ’n bestaande teks in ’n ander teks. Soms is dit ’n aanhaling daaruit, of ’n direkte verwysing na die interteks se titel. So word die betekenisse, assosiasies, of agtergrond van die interteks ook betrek in hierdie teks.Die deurlopende lirieke van Norah Jones waarna Lien luister, hierdie paar reëls uit die gedig van Robert Graves, en die heks se woorde uit Macbeth aan die slot van hierdie hoofstuk, is voorbeelde daarvan.Die Engelse gedig wat begin met “Children, if you dare to think” is die gedig “____________________________________________________________” deur Robert Graves. Die gedig moedig ontdekking van die ____________________________ van die wêreld aan, dit wil sê nuuskierigheid en die waagmoed om te _____________________________. Dis juis wat haar aantrek van die Engelse klasse: Mr MacMillan se waagmoed om sy leerders bekend te stel aan die groter wêreld, aan letterkunde buite die kurrikulum. Sy hou ook van sy anderse, individualistiese kleredrag. Dit sluit aan by Lien se droom om ander lande en plekke te gaan ondersoek en so ook te ontsnap uit haar huidige moeilike huislike omstandighede. |
6.Hoe oud is Braam? (1)
7.In die LO-klas dink Lien dat sy altyd ’n _______________________ wou word, maar sy dink sy