Ikarus. Deon Meyer

Читать онлайн.
Название Ikarus
Автор произведения Deon Meyer
Жанр Ужасы и Мистика
Серия
Издательство Ужасы и Мистика
Год выпуска 0
isbn 9780798169783



Скачать книгу

      

      DEON MEYER

      IKARUS

      Human & Rousseau

      Les ennemis du vin sont ceux qui ne le connaissent pas.

      (“Die vyande van wyn is hulle wat dit nie ken nie.”)

      – Aanhaling toegeskryf aan beide “prof. Dr. Sellier, Journal de Mèdicine”,

       volgens Boland, wynland (Vlok Delport, Nasionale Boekhandel, 1955),

       en “Professeur Portman” (http://www.alpes-flaveurs.com),

       vermoedelik prof. Michel Portmann, ’n medikus van Bordeaux.

      ____________

      In clinical settings, some depressed people demonstrate a high proneness

      to survivor guilt, that is, guilt over surviving the death of a loved one,

      or guilt about being better off than others.

      – “Guilt, fear, submission, and empathy in depression”.

       Lynn E. O’Connor, Jack W. Berry, Joseph Weiss, Paul Gilbert

       in Journal of Affective Disorders 71 (2002) 19–27.

      1

      Dit is ’n komplot tussen hemel en aarde wat Ernst Richter se lyk ontbloot. Asof die heelal saamsweer om geregtigheid ’n hupstoot te gee.

      Eers is daar die storm van 17 Desember, net ná agt die oggend. Dit is seldsaam, maar nie hoogs uitsonderlik nie, gebaar deur ’n verstote afsnylaagdruk: ’n blouswart, kolkende monster wat indonder van oor die Atlantiese Oseaan net noord van Robbeneiland.

      Die wolkmassa slaan skouspelagtige wit vurktonge af na see en land. Dit sleep ’n digte reëngordyn saam, wat in minder as ’n halfuur 71 mm oor Bloubergstrand en Parklands, Killarney Gardens en Zeezicht uitstort.

      Daar is vloedskade en verkeerschaos. Die hoofstroom- en sosiale media sal die groot A-woord ademloos ophaal. Aardverwarming.

      Maar met die oopspoel van die liggaam is die aarde se bydrae meer beskeie; bloot die kontoere van die veld anderkant Blouberg, waar die suidooster soos ’n blinde beeldhouer die duine gevorm het om die stortvloed so toevallig te kanaliseer. Dit kalwe Ernst Richter se voete oop, die een kaal en tragies, aan die ander ’n swart sokkie, halfmas en komies.

      Die laaste skakel in die kousale ketting is die noodlot, wat die nege-en-twintigjarige kameraman Craig Bannister teen 11:17 daar naby laat stilhou, langs Otto du Plessis-rylaan, die kuspad tussen Blouberg en Melkbosstrand. Hy klim uit sy voertuig en meet die weer. Die winde het grootliks gaan lê, die wolke is aan’t verbrokkel. Hy wil sy nuwe radiobeheerde robotvliegtuig toets, die DJI Phantom 2 Vision+ met ’n gestabiliseerde hoëresolusie-videokamera. Die Phantom, ’n sogenaamde kwadkopter, is ’n tegnologie-wonderwerk in die kleine. Dit is toegerus met GPS en ’n wifi-verbinding wat Bannister toelaat om sy iPhone aan die kamera te koppel. Hy kan die video op sy foon se skerm sien, net millisekondes nadat sy Phantom dit daar bo uit die lug uit opgeneem het.

      Hier net ná 11:31 frons Bannister vir die vreemde beeld en hy manipuleer die Phantom om laer en nader te vlieg. Hy laat dit hang, net ’n meter bo die verskynsel, tot hy seker is.

      Sand, swart plastiek, en voete. Duidelik.

      Hy kyk op van die iPhone om te bepaal presies waar die Phantom sweef en begin haastig daarheen stap. Asof die videobeeld ’n fiktiewe maaksel is, soos ’n TV-drama. Hy volg ’n kronkelroete tussen plantegroei deur, op en af oor die sanddeinings. Eers toe hy oor die laaste helling kom, sien hy dit eerstehands. Hy stap nader, maak ’n eensame ry spore in die reëngestrykte sand.

      Die voete steek uit onder die dik swart plastiek waarin daar klaarblyklik ’n liggaam opgerol is. Die res is nog onder die sand.

      “Shit,” sê Craig Bannister.

      Hy reik na sy foon, wat aan die beheerradio vasgeklem is. Dan besef hy die Phantom hang steeds ’n meter bo die grond, besig om alles op video vas te lê.

      Hy laat die kwadkopter land en sit alles af. Dan maak hy die oproep.

      * * *

      Om 13:14, in die Ocean Basket in Kloofstraat, lui speurder-kaptein Bennie Griessel se foon. Hy kyk na die skerm en sien dit is majoor Mbali Kaleni wat bel. Sy nuwe bevelvoerder by die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaad-ondersoeke – ook bekend as die Valke – se Geweldsmisdaadgroep. Dit is vir hom ’n potensiële uitkoms. Daarom antwoord hy haastig, met vae hoop.

      “Bennie, I am sorry to interrupt your lunch …”

      “It’s not a problem,” sê hy.

      “I need you in Edgemead. Farmersfield Road. Vaughn is on his way too.”

      “I’ll be there in twenty minutes.”

      “Please apologise to your family,” sê sy, want sy weet van die “spesiale ete” wat Alexa Barnard, die liefde in Griessel se lewe, gereël het.

      “I will.”

      Hy lui af. Alexa, Carla en die Van Eck-kêreltjie het die gesprek gehoor. Hulle kyk na hom. Sy seun Fritz se neus is steeds teen sy selfoon.

      “Ai, Pappa,” sê Carla met begrip én teleurstelling.

      Alexa neem sy hand en druk dit simpatiek.

      “Ek is jammer,” sê Bennie en staan op. Hy voel die vae pyn in sy buik en arm. Nie meer so erg soos vanoggend nie. “Ek moet Edgemead toe.”

      “Groot moord?” vra die Van Eck-kêreltjie. Hy is Carla se nuwe “vriend”. Hy lyk soos Liewe Jesus met sy skouerlengte hare en yl baard.

      Griessel ignoreer hom. Hy haal sy beursie uit, dan sy kredietkaart. Hy gee die kaart vir Alexa. Hy is verlig toe sy knik en dit vat. “Gee my net ’n soen,” sê sy. “My baasspeurder.”

      * * *

      In die duineveld oos van Otto du Plessis-rylaan grawe hulle die lyk van Ernst Richter versigtig uit, terwyl die wind vir ’n paar minute ruk en stoot en weer gaan lê en die son agter die vet wolke uitkom, meteens warm en verblindend helder in die weerkaatsing van die duineveld en die nog onstuimige Atlantiese Oseaan.

      Die SAPD se video-eenheid het teen 13:32 hulle opnames gedoen en Forensies is besig om die sand om die liggaam versigtig op te skep en in gemerkte plastieksakke te plaas.

      Speurder-adjudant Jamie Keyter van Table View is die man in bevel. Hy het die area binne tien meter om die vonds met geel misdaadband laat afkamp. Hy het twee uniforms aangesê om die verkeer in Otto du Plessis-rylaan te beheer en nuuskieriges weg te hou. Met die agterdogtige, vaag-beskuldigende stemtoon wat hy vir sulke geleenthede reserveer, het hy vir Craig Bannister deeglik ondervra.

      “Why did you come and test your little aeroplane here, hey?”

      “There’s no law against it.”

      “I know that. But why didn’t you go to the place up there by the Vlei, where they fly the little aeroplanes?”

      “That’s for the radio control hobbyists.”

      “So?”

      “Look, I just got this thing. I’m a professional DOP. This is a …”

      “What is a DOP?”

      “Director of photography. I work on TV and film productions. This is the latest technology in camera movement. A drone with an HD camera. I need to practise with it without dodging a hundred little aeroplanes.”

      “Do you have a licence for it?”

      “A licence? Nobody needs a licence for a little drone.”

      “So you just stopped here?”

      “That’s right.”

      “Big coincidence.” Jamie Keyter op sy ironiese beste.

      “What are you saying?”

      “I’m not saying anything, I’m asking.”

      “Look,