Marinda van Zyl

Список книг автора Marinda van Zyl



    Rooiborslaksman

    Marinda van Zyl

    In Rooiborslaksman word die negentiende-eeuse konflik tussen die Namas, die Herero’s en die Duitsers in die Suidwes-Afrika vervleg met die lewensverhale van Liesbet Lambert wat wees gelaat word tydens die pokke-epidemie en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die kameeldoringboom lyk waaraan die rooiborslaksman sy prooi ryg.

    Dors

    Marinda van Zyl

    In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek. ’n Land wat hulle net uit die stories van jagters ken. Om daar te kom, moet hulle ’n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. Maar die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier van die trek te wees laat die trek op ’n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan. Anderkant die dors wag daar nie ’n land van melk en heuning nie, maar koors, tsetsevlieë, olifante en leeus. ’n Land vir mense wat uit hardekool se hout gesny is. ’n Land vir mense wat die dood kan vat en kan doodmaak sonder om ’n oog te knip.

    Amraal

    Marinda van Zyl

    Amraal is in 1774 op die plaas Holkrans in die Olifantsriviervallei gebore. Kleintyd is hy en die boerkinders maats. Later bedrieg en beledig hulle hom. Sy werkgewer mishandel, misbruik hom. As lied van Corps Vrije Hottentotten onsnap hy aan die inboekstelsel. Nà die Britse inval by Blaauwberg, dros hy. Met sy vrou en babaseuntjie en enkele ander familielede trek hy noord, na die Gariep. Daar jag hy olifante en word hy mettertyd as regverdige, vredeliewende leier bekend. Onder Amraal se kapteinskap trek mede-Oorlams, Namakwas en Damaras saam. Hy steun die magtige Rooivolk, bemiddel tussen twistende volksgroepe en buig telkens voor beterweterige sendelinge die knie. Altyd besorg oor sy naaste, bewaar kaptein Amraal die vrede tuis. Sy verhouding met sy eerste vrou, Hanna, ʼn dogter van die befaamde Afrikaner-clan, verdiep gaandeweg. By sy sterfbed, in 1864, waak die onverskrokke, trotse Baster Trien. Maar op negentig is dit steeds Klara, sy eerste liefde, wat hom agtervolg. Amraal is ʼn epiese historiese roman. Die lewe van kaptein Amraal Lambert bied ʼn kykie in die vroeë Kaapse koloniale tyd, in die volstrek van die Khoi-Khoin en in die ongenaakbaarheid, in die 19de eeu, van die wêreld wat ons vandag as Namibië ken.