Marianna Brandt

Список книг автора Marianna Brandt



    Emma en die Creepy Komplot

    Marianna Brandt

    Die aksiebelaaide opvolg op Emma en die Geheime Gang. Die skool en koshuis op Kosterkloof het weer na normaal teruggekeer ná die skoolhoof se komplot om kinders se DNA aan ruimtewesens te verkoop, oopgevlek is. Die kinders word nou aangemoedig om gesond te eet en ook sport te beoefen. Emma kom egter gou agter dat die blou koelsakke wat die onderhoof in die middel van die nag kombuis toe dra, nie die rugbyspan se koeldranke bevat soos hy beweer nie. En wat het die nuwe hoteleienaar, die Plottenboers, Jori Appelgryn en die Snopkes, wat steeds in die tronk sit, met mekaar te doen? Emma besluit natuurlik om ondersoek in te stel, maar niks kan haar en Zoltan egter voorberei op die gruwelike fonds wat hulle een aand in die koelsakke ontdek nie . . .

    Emma en die geheime gang

    Marianna Brandt

    Wie of wat is dit wat in die nag in die koshuis se gange rondsluip? Toe Emma en Janine se kamermaats skielik siek word en in die siekeboeg opgeneem word, vermoed hulle dadelik onraad, veral toe hulle verbied word om hulle siek maats te besoek. Toe hulle besluit om ondersoek in te stel, verdiep die raaisel van die kinders se verdwynings. Wat maak die hoof van die koshuis in die middel van die nag in die laboratorium. En wie is die man met die vreemde reuk en snaakse voete? ’n Lekker grillerige speurstorie vir jong lesers.