Annelie Botes

Список книг автора Annelie Botes



    Voetstoots

    Annelie Botes

    Voetstoots is ’n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou.’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer. ’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het. Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.

    Trousseaukis

    Annelie Botes

    'n Vrou laai vir haar 'n kind en 'n hond langs die pad op, want sy wil nie meer alleen wees nie. 'n Ma besluit om te staak omdat haar man en kinders haar slegter as 'n paradysdonkie behandel. 'n Man begin orrelles neem in 'n desperate poging om God se medelye met hom te toets, maar ontdek dat dit sy eie medemenslikheid is wat beproef word. 'n Predikant verslaaf hom aan 'n rekenaarspeletjie en verloor sy houvas op alles behalwe die geel, rooi, groen en blou blokkies wat hy dag en nag met koorsagtige presisie inmekaar probeer pas. 'n Vrou wat nooit weer aan die huwelik en liefde herinner wil word nie, moet tydens haar skeisaak 'n trourok maak vir 'n aanstaande bruid wat by die dag duideliker oor die buik en bors uitsit.Dis oor boeiende mense soos dié dat Annelie Botes in Trousseaukis skryf – vroue en mans met wie jy jou kan én wil identifiseer. In elkeen van dié dertien stories wys die verteller dat sy die menslike swakheid én goedheid ken, en dat sy weet hoe om met empatie te vertel.

    Raaiselkind

    Annelie Botes

    Raaiselkind is ´n verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop versit in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinlewe ontwrig “mens” te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam – oppasma – wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot “Boetatjie” kan deurdring. Wat, as niks meer help nie, met hom onder die olienhoutboom gaan sit en sussende hallelujaliedere sing. En dan is daar Alexander. Vreemdelingkind op sy eie “eiland”. Gillende, skoppende seuntjie wat kantelkop sit en luister wanneer die kerkklokke beier … Raaiselkind.

    Thula-Thula (English Edition)

    Annelie Botes

    Gertruidah Strydom has just lost both her parents in a freak motor-car accident. She returns home from the funeral. Alone. Yet why does she shed no tears? Why is there no grief, only utter relief? Suddenly, for the first time in her life, she is free. The family farm is hers. Only hers. Her father was a pillar of the community – hero of the Border war, successful farmer, church elder and family man. Her mother was the society darling, her tennis parties the toast of the town. Yet at night Gertruidah would lay awake, waiting for the creak of the floorboard, waiting for the doorknob to turn . . . Waiting for a bed-time story and a goodnight kiss for Daddy's little princess. What fairy tales did Gertruidah have to act out by the light of the moon? And what fatherly love was this? Why her fear of the slimy frog? Why her dread of the forked-tongue leguan? What perverted lusts lurked in the darkened Strydom house?

    Thula-thula (Afrikaanse uitgawe)

    Annelie Botes

    Op ‘n laatwintermiddag kom Gertruida Strydom alleen terug Kwakersvallei toe nadat haar pa en ma op die dorp begrawe is. Sy haat hulle. Terwyl sy ‘n toegang-verbode-bord op die plaashek vassit, juig sy saam met die vleipaddas dat die koedoe voor hulle ingehardloop het. Dit was nie haar pa en ma nie. Dit was Abel en Susarah Strydom. Een en dieselfde. Algeheel verskillend. Stinkryk. Brandarm. Wandelend met God. Ingehaak by Satan. Sy was nooit hulle kosbare kroonkiewietjie nie. Toe hulle haar moes bewaak teen die naglikkewaan, het hulle haar uitgelewer. Abel het van haar sy merrieponie gemaak toe sy nog wou kinderliedjies sing en naaldekokers jaag. Kindvrou wat in die silwer maanlig voor die venster vir hom moet dans; op haar knieë voor ouma Strydom se spieëlkas staan en na gru-beelde kyk. Terwyl Susarah siende blind en horende doof lê en slaap. Of is sy wakker? In die huis teen die bergrant sit Mama Thandeka in haar isitulo esishu-kumayo en wieg liggietjies. Haar oë sien sleg. Haar hart is vol droefte. Sy, umakhulu, het als op Kwakersvallei gesien en gehoor, jare lank. Snags slaap sy sleg, want toe sy moes praat, het sy ge-thula. Nou het die tyd vir praat verbygegaan. Al wat vir haar oorbly, is om al die utatas en umamas van die aarde se geeste tot by haar wiegstoel te roep, en te sê: Abazali, hlalani phantsi, phulapulani. Ouers, sit asseblief, luister mooi. Sodat sy, met iNkosi as getuie, die waarheid van die mense van Kwakersvallei kan uitsê. En Maandag se Maandag wil sy met haar notsungkierie afsukkel werf toe om Gertruida bietjie vas te hou. Al wil Gertruida van niemand vasgehou wees nie