Gedaantes en Geraamtes-omnibus 3. Louise Prinsloo

Читать онлайн.
Название Gedaantes en Geraamtes-omnibus 3
Автор произведения Louise Prinsloo
Жанр Учебная литература
Серия Gedaantes en geraamtes
Издательство Учебная литература
Год выпуска 0
isbn 9780798157834



Скачать книгу

tion>

      

      SPOOKHUIS BY DIE SEE

      1

      Wikus Jordaan lê op sy bed en lees Die geheimsinnige graf wat ouma Griesel vir hom by ’n boekverkoping gekry het. Wagter, sy groot herdershond, lê op ’n matjie voor sy bed en wag dat hulle moet gaan stap. Kort-kort lig hy sy kop, sug swaar, laat sak weer sy kop op sy pote en wag.

      Hoe verder Wikus lees, hoe meer word hy by die storie ingetrek. Nie lank nie, of hy is Jerry, die baasspeurder, wat al hoe dieper onder die hoë sipresbome grawe op soek na ’n liggaam. Net toe hy ’n eienaardige klopgeluid en mompelende stemme onder die grond hoor, raak iets aan sy voet en hy voel ’n hand op sy kop.

      “Los!” gil Wikus en spring verskrik op. Hy sug verlig toe hy Karel en Giepie langs sy bed sien staan. “O, dis julle . . . Jis, ouens, julle sal dat ek my vrek skrik. Ek dog dis . . .”

      “Lekker bang, nè!” lag Karel en slaan Wikus teen die arm.

      Giepie klap die boek toe en plof op die bed neer. “Jy kan later jou plek soek,” sê hy en blaas ’n reuseborrel, werk die stuk kougom terug met sy tong en kou verder.

      “Hoor gou hier!” Giepie rammel alles in een asem af: “Oom Hans het ons vir die Paasnaweek Mosselbaai toe genooi. Hy verjaar Saterdag en al my neefs en niggies gaan daar wees. Hy’t gesê julle twee kan saamkom. Ons ry Donderdag ná skool. Kom jy?”

      Wagter, aangevuur deur die seuns se opgewondenheid, spring stertswaaiend en blaffend van die vloer af op en dink dis tyd om te gaan stap.

      Wikus trek sy gesig op ’n plooi. Hy sal eerder wil uitvind wie in die geheimsinnige graf lê as om Mosselbaai toe te gaan.

      “Dis baie kort kennisgewing,” sê hy ná ’n rukkie. “Vandag is Dinsdag . . . Wanneer het jy gesê ry julle?”

      “Donderdag. Oormôre. Karel sê hy gaan saam. Ons sal jou halfdrie kom oplaai. Reg so?”

      “Ek weet darem nie,” Wikus probeer aan ’n verskoning dink. “Dis net . . .”

      “Ek weet presies wat jy wil doen,” sê Giepie toe hy sien hoe Wikus mik om die boek op te tel. “Jy wil dié storie klaar lees, maar ek het nie ’n saak daarmee nie. Ons twee,” en hy slaan sy arm om Karel se nek, “gaan Donderdagmiddag Mosselbaai toe.”

      “Komaan, man,” sê Karel. “Dis langnaweek. Dit gaan lekker wees.”

      Wikus lig ’n wenkbrou. “Lekkerder as ’n grillerige spookboek?”

      “Baie lekkerder!” antwoord Karel. “Jy sal sien.”

      Ingedagte vryf Wikus oor sy ken. “Is daar genoeg slaapplek? Jy sê al jou neefs en niggies gaan daar wees.”

      Giepie vererg hom sommer. “Dink jy ek sal julle saamnooi as daar nie plek is nie? Los jou simpel verskonings. Die meisies slaap in die TV-kamer, die seuns in tente – en as daar steeds te min plek is, slaap ons in die houthuis.”

      “Vergeet dit!” roep Wikus verontwaardig uit. “Ek slaap g’n tussen grassnyers en sae en tuingereedskap nie!”

      “Wie’t van ’n tuinhut gepraat?” wil Giepie omgekrap weet. Hy sug toe hy sien hoe Wikus hom fronsend aankyk.

      “Laat ek voor begin. My oom het ’n konstruksiemaatskappy. Die houthuis staan op ’n stuk grond waar nuwe ontwikkelings kom en daarom gaan dit volgende week gesloop word. Oom Hans het gesê ons kan daar slaap as ons wil.”

      “En weet jy wat, ou Wikus . . .” Karel knipoog vir Giepie. “Dis nie sommer net ’n houthuis nie.” Hy rek sy oë terwyl hy elke woord beklemtoon. “Dis ’n spóók-houthuis.”

      Giepie kyk geskok na Karel, maar voor hy iets kan sê, kry hy ’n skop op die skeen. Hy sluk hard en gluur Karel onderlangs aan.

      Wikus gaap Giepie oopmond aan. “Hoekom het jy dit nie gesê nie?”

      “Wel . . . ek . . . ek het gedink . . .” stamel Giepie en krap sy kop.

      “Los jou gedinkery en vertel hoekom die houthuis spook.”

      Giepie haal sy skouers op. Hy lyk moedeloos. “Weet nie.”

      “Die huis spook omdat hy spook,” antwoord Karel en klink soos iemand wat weet waarvan hy praat. “Veral dié tyd van die jaar.”

      Die geheimsinnige graf is skielik nie meer vir Wikus belangrik nie. Hy kan later uitvind wie onder die grond geklop en gemompel het. Dalk kry hy in elk geval die naweek kans om die boek klaar te lees. Hy kan dit mos saamvat.

      “Top!” roep Wikus opgewonde uit. “Ek kom saam – boots and all!”

      Karel glimlag triomfantelik vir Giepie.

      Wikus frons. “Maar Giepie,” sê hy afgemete, “ek verstaan nie lekker nie. Jy wat so bang is vir spoke; hoekom sien jy nou skielik kans om in ’n spookhuis te slaap?”

      “Eh . . . eh . . . uhmmm,” begin Giepie en trap ongemaklik rond. Hy gluur na Karel wat maak asof botter nie in sy mond kan smelt nie. “Dis eintlik . . . uhmm . . . Ek wil nie saam met die kleintjies in dieselfde tent slaap nie. En buitendien, as jy saamgaan, hoef ek mos nie te worry nie.”

      Giepie maak keel skoon. “Maar dis . . . uhmm . . . eintlik ’n anderse soort spookhuis. Partykeer spook dit daar en ander kere nie.”

      “Ja,” beaam Karel, wat Giepie se storie duidelik geniet. “Niemand weet regtig wat daar aangaan nie.”

      Wikus is nou so nuuskierig hy kan iets oorkom. “Daar’s natuurlik min sulke spookhuise,” sê hy en lek oor sy lippe. Hy maak sy oë toe en dink aan sy navorsingswerk oor afgestorwe geeste. “Dit kan óf ’n poltergees wees wat niemand by die houthuis toelaat nie, óf dit kan ’n baie ongelukkige dwaalgees wees . . .”

      Giepie hou sy kop laag en fluister. “Moet net nie dat oom Hans of tannie Letsie agterkom jy weet die houthuis spook nie.”

      Wikus kyk sy vriend agterdogtig aan. “Hoekom nie? Almal op Mosselbaai weet seker van die spookhuis, nes ons van die spook in die Kasteel en in Tuynhuis weet. Of van Brakfontein se spook met die rooiwarm handdruk en . . .”

      “Jy kan nie Mosselbaai se spookhuis met ander vergelyk nie,” knip Karel hom kort. “Daai spookhuis is iets heeltemal anders.”

      Giepie knik sy kop op en af soos hy elke woord beaam wat Karel sê.

      Wikus gaan staan voor sy boekrak. “As ek wil uitvind waarom die houthuis op Mosselbaai spook,” sê hy toe hy ’n donkerblou boek met ’n spookagtige kerkgebou en kerkhof op die voorblad uit die rak haal, “dan is Ghosts and how to see them deur Peter Underwood net die ding om saam te vat.”

      Hy maak die boek oop en vertel entoesiasties verder. “Peter Underwood is die lewenslange president en hoofnavorser van Brittanje se Spookklub. Hy reël lesings en spooktoere op al die hoofspookroetes. Kyk, hier’s ’n foto van die Biskasteel in Cornwell waar daar ’n meulenaar ronddwaal . . . en hier is die Glamiskasteel in Skotland waar twaalf geeste gereeld gesien én gehoor word.”

      Giepie sug en rol sy oë hemelwaarts.

      “Is dit nie dieselfde kasteel waar die Springbokke eenkeer was nie?” vra Karel en tuur aandagtig na die foto. “Ek het ’n artikel in ’n tydskrif daaroor gelees en daar was ’n foto van waar hulle voor die kasteel staan.”

      “Dis moontlik,” antwoord Wikus. “Heelwat Suid-Afrikaners was al op Peter Underwood se spooktoere.” Hy maak die boek toe en kry ’n veraf uitdrukking in sy oë. “Ek sal darem graag eendag Suid-Afrika se voorste spookkenner wil wees. Dan sal ek spooktoere reël soos wat daar in Kimberley en omgewing is.”

      “Ja,” sê Giepie, “dan sal ek kan spog ons twee was saam op skool.”

      Karel maak asof hy ’n omroeper is en praat met ’n diep stem. “Ons skakel nou oor na Miskruierfontein waar Wikus Jordaan,