Susan Coetzer

Список книг автора Susan Coetzer



    Koeke en terte

    Susan Coetzer

    Skoukoek, Tipsytert of Gevulde Pannekoek? Ons vroue is so verskillend en elkeen net so uniek soos die koeke en terte en wat nog als in 'n tuisnywerheid. Ons styl, persoonlikheid en kleur verskil; ons vorm, grootte en bestanddele verskil. Party is soeter, ander s(t)outer. Sommige is styf, ander meer plooibaar … Die geliefde skrywer Susan Coetzer moedig jou humoristies aan om uit te rys tot die beste weergawe van jouself – of jy nou koekerig of terterig of iets tussenin is. Nie een van ons is volmaak nie; daar is altyd ruimte vir groei. Veral in naasteliefde, deernis en aanvaarding.

    Bruistablette vir die lewe

    Susan Coetzer

    Die geliefde skrywer en motiveringspreker Susan Coetzer nooi jou saam op 'n jaar lange geselsreis na groter lewensvreugde, egtheid en diepte in jou lewe as kind van die Here. Met 'n kort boodskap vir elke dag, gebaseer op 'n teksvers en aangevul met 'n gebed, bied Bruistablette vir die lewe inspirasie en hoop aan die moderne vrou. Dit is geskryf met humor, insig en deernis, soos net Susan Coetzer kan. Dit is 'n aansporing om elke dag voluit te leef as gelowige te midde van die oppe en awwe van ons alledaagse werklikheid.

    Selma en Louise

    Susan Coetzer

    “Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre. “Waarnatoe?” vra hy en kyk op. “Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.” Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. Solank sy net daai stemmetjie binne haar kan ignoreer wat sê Alles is nie pluis nie…