Neels Jackson

Список книг автора Neels Jackson



    Jesus vir almal

    Neels Jackson

    Neels Jackson glo dat godsdiens grootliks gaan oor die navolging van Jesus. Vir hom het Jesus se liefde egter implikasies vir die gay debat. Jesus se liefde vir gay mense moet verstaan word in die lig van Jesus se liefde vir die randfigure van sy tyd. Die skrywer ontleed die sewe gay-tekste in die Bybel binne die konteks waarin dit geskryf is en vul sy argument aan met die behandeling van 'n misverstande en ander argumente wat gaywees veroordeel.

    Ek kies steeds die kerk

    Neels Jackson

    Dit het mode geword om die kerk te kritiseer. As ’n mens jou op van dié kritiek moet verlaat, het die kerk, in besonder die Afrikaanse kerke, geen geloofwaardigheid meer nie. En tog is daar steeds elke Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk . . . Neels Jackson, bekende godsdiensskrywer en redakteur van die Kerkbode, is een van dié mense, en in Ek kies steeds die kerk beskryf hy die vyf hoofredes waarom hy steeds in die kerk bly. Die boek bevat die beste van sy rubrieke wat verskyn het in Beeld, Rapport, By en e-Hervormer, en vier só 20 jaar se in-diepte verslaggewing oor kerksake en geloof. ’n Paar hoogtepunte is sy onderhoude met bekendes soos Bobby Fischer, Yolanda Dreyer, Hashim Amla, Isak Burger, biskop Desmond Tutu en Adriaan Vlok.