Adriana Faling

Список книг автора Adriana Faling



    Die seders van Libanon

    Adriana Faling

    Ilizabith, Pascale, Talitha en Yasmine: Vier vroue se paaie kruis; elkeen moet besluit of sy bereid is om te doen wat God van haar vra. Ilizabith vrees vir haar lewe. Die man wat haar ontvoer en sy vrou gemaak het is onvoorspelbaar en boos. Sy paai hom en bly onderdanig. Tot twee vroue eendag aan haar deur klop, twee onverskrokke vroue wat die verloop van haar lewe omverwerp. In Libanon probeer Pascale haar roeping uitleef soos sy dit verstaan, maar sal haar ouers dit kan insien? In Pretoria is Talitha en Yasmine saam op skool, maar hulle wêrelde verskil hemelsbreed. Talitha veg vreesloos vir wat reg is, terwyl Yasmine net probeer oorleef en nooit voel of sy behoort nie. Met hierdie boek neem aktrise en skrywer Adriana Faling ons op 'n ontdekkingsreis deur die werklikheid van die vervolgde kerk. Vlugtelingkampe en mensehandel maak deel uit van die ongenaakbare wêreld waarin vier vroue lewensbelangrike besluite moet neem.

    Rewolusie van die hart

    Adriana Faling

    Die Egiptiese vrou Saleh Samir se fanatiese Moslem-familie hou haar man, Ashraf, gevange ná hul bekering tot die Christendom. Sy is swanger met hul eerstelingseun en die familie dreig om die baba by haar af te neem, maar sy ontsnap. Saleh is nog jonk in die geloof en dit word ’n reis van vertroue in haar nuwe Verlosser. In dieselfde tyd is die Suid-Afrikaners Salomé Pretorius in ’n innerlike stryd gewikkel om vrede te maak met haar man, Petrus, se roeping om die vervolgde kerk in die Midde-Ooste en veral dan ook Egipte, te dien. Sy beroep veroorsaak dat Salomé dikwels op haar eie haar huishouding en beroep as musiekonderwyseres moet balanseer, terwyl sy haar man se roeping voortdurend moet verdedig. Gelukkig help haar vriend Dirk haar soms uit . . . Deur ’n goddelike sameloop van omstandighede kruis Saleh se pad met dié van Petrus Pretorius. Teen die spannende agtergrond van die rewolusie in Egipte van 2011 raak hul wêrelde met mekaar verweef. Dit is die verhaal van dramatiese hartsveranderinge terwyl die wêreld rondom die hoofkarakters op sy kop gekeer word.