Nelia Engelbrecht

Список книг автора Nelia Engelbrecht



    Die Poort 4: Krygers

    Nelia Engelbrecht

    “Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het, het ek mag oor jou.” Hy kyk minagtend na Leonardo. “Julle emosies is julle swakheid; julle ondergang.” Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. ’n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig. Ek knip my oë en die pers verdwyn. “Om vir mekaar om te gee, maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is nie ’n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry nie.”
    Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit ’n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewakerkring vir altyd kan vernietig.

    Die Poort 3: Helers

    Nelia Engelbrecht

    Dan glimlag Leonardo. “Nou ja, love and greetings. Soos ek gesê het, ek sal mooi na jou meisie kyk terwyl ons in Italië is.” Hy begin wegstap. “Kom jy, Kali?” roep hy oor sy skouer. “Ek dink nie ons sal mekaar weer sien voor ons lughawe toe ry nie.” Ek soen Zak sag op sy wang. “Ek mis jou al klaar.” Hy gryp my hand toe ek omdraai om weg te stap. “Kali, ek is lief vir jou en ek sal nie toelaat dat iets . . .” Hy bly vir ’n sekonde stil, sy oë op Leonardo se rug, “. . . of iemand tussen ons kom nie.” “Niks sal ooit tussen ons kom nie, Zak,” is my laaste woorde voor ek agter Leonardo aan drafstap. Die Nuwelinge word na Venesië ontbied om voor die Internasionale Raad van Bewakers te verskyn. Selfs in die Bewakersvesting op Poveglia is hulle uitgelewer aan die Ander en word Kali se Helerskrag, maar ook haar lojaliteit, tot die uiterste beproef.

    Die Poort 2: Reisigers

    Nelia Engelbrecht

    Die nuweling-Bewakers – Tara, Nomsa, Leonardo en Kali – se Kragte en Magte word sterker. Toe Tara se ma ontvoer word, oorreed Tara hulle om deur die Poort te gaan om na haar ma te gaan soek, al het die Raad van Bewakers dit streng verbied. Intussen word die band tussen Leonardo en Kali al hegter. Hoe lank sal sy nog vir Zak kan jok oor waarom sy en Leonardo so baie tyd saam deurbring? En sal die Nuwelinge se Kragte en Magte sterk genoeg wees om wat ook al hulle bedreig, te stuit?

    Die Poort 1: Bewakers

    Nelia Engelbrecht

    “Die poort is oop.” Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit. Ek sweer iemand het haar iewers in ’n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas. Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme. “Jy het haar ook gesien,” sê sy. “Hulle het haar kom haal.” Sy trek haar ogies nog kleiner. “Die stomme baba. Hy gaan nou sonder ’n ma grootword.” Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. ’n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie. “Ek weet nie wat Tannie . . .” “Jy wéét,” val sy my in die rede. “Jy sién. Nes ek.”

    Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe)

    Nelia Engelbrecht

    Dieter en Krynauw, twee graadneges, beland in die kloue van Madame Zenobia toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool – hulle is veral bekommerd oor hulle rugbybeker wat verdwyn het. Maar Zaanlie en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp. Uiteindelik slaag hulle tog daarin om die problem op te los, maar nie voordat hulle angswekkende oomblikke beleef en amper vir Sydney, Dieter se babaskilpadjie, moet opoffer nie. Lekker skerp dialoog, humor en spanning.
    Hierdie skooluitgawe van Dieter en Madame Zenobia is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.humanrousseau.com.

    Die vierletterwoord

    Nelia Engelbrecht

    Clarissa Mentz is ’n gr. 11-leerder aan ’n dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oënskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer.
    Die verhaal speel af in ’n kontemporêre Suid-Afrikaanse skoolopset. Dit maak die uitdagings waarmee karakters gekonfronteer word, soveel meer oortuigend, en hul reaksies daarop relevant. Die hoofkarakter word multidimensioneel uitgebeeld, met haar sterk en kwesbare eienskappe in balans.
    Keurders het hierdie boek aanbeveel vir die voorskryfmark: veral graad 10 tot 12 Addisionele Taal. In die algemene handel sal dit by meisies vanaf graad 7 byval vind.